‘Son­der Win­nie is ek niks’

Beeld - - Front Page - S­han­tel Mo­ses

Wel­ling­ton. – Win­nie Rust het tot en met haar dood ge­help om die kloof tus­sen ver­skeie ras­se en men­se van ver­skeie ag­ter­gron­de in Wel­ling­ton te ver­nou.

Dit was die woor­de van Eu­ge­nia Wig­gens, ’n vrien­din van Rust, in haar hul­de­blyk aan Rust gis­ter op die skry­wer se be­graf­nis­diens.

Rust (77) se lyk is ver­le­de Woens­dag in haar kom­buis ge­vind.

Sy is uit ’n stamp­vol NG Moe­der­ge­meen­te in Wel­ling­ton be­gra­we.

Haar man, dr. Ma­nie Rust, en hul kin­ders en klein­kin­ders het in die voor­ste ry ge­sit.

Ds. Let­tie Bu­ch­ner, le­raar van die kerk, het die fa­mi­lie uit­ge­nooi om die ker­se aan te steek.

“Win­nie het ge­hou van stil­te, klas­sie­ke mu­siek en lig. Uit haar le­we het net lig ge­kom,” het sy ge­sê.

Wig­gens het ge­sê die ge­meen­skap suk­kel nog om sin te maak van haar dood. “Jy het ’n hart vir Wel­ling­ton en al sy men­se. Jy het jou hand en hart oop­ge­maak vir die ge­meen­skap. Min men­se kon hul woor­de so kies soos jy.”

Ver­skeie be­graf­nis­gan­gers se tra­ne het ge­du­ren­de die hul­de­blyk vry­e­lik ge­vloei.

Chris van der Mer­we kon nie sy e­mo­sies be­teu­el toe hy van sy sus­ter se lief­de vir haar klein­kin­ders praat nie.

“Toe Em­ma se koms aan­ge­kon­dig is, het sy ge­sê sy weet nie of sy reg is om ’n ou­ma te wees nie. Maar Em­ma het haar ou­ma se le­we ge­word,” het hy snik­kend ge­sê.

Rust se fa­mi­lie het hul laas­te bood­skap­pe in ’n spe­si­a­le ge­denk­boe­kie laat druk wat by die kerk uit­ge­gee is.

Haar man, Ma­nie, het ge­skryf: “Jo­han Ra­bie het ge­sê: Son­der A­fri­kaans is ek niks. Son­der Win­nie Rust is ék niks.”

Een van haar dog­ters, He­le­na Reid, het ge­skryf: “Ek vat el­ke tou waar­mee hul­le jou ge­wurg het en gee jou ’n string pê­rels ge­maak van blink oë vol lief­de van al­mal wat vir jou om- Fo­to’s: NASIEF MA­NIE gee . . .

“Ek ruk die pleis­ter van jou mond en jy sing soet saam met kwik­kies en tink­tin­kies.”

Die Ho­ër­skool Hu­ge­no­te se skool­koor het ’n X­ho­sa-lied aan die skry­wer op­ge­dra. Rust was tot haar dood by die s­kool be­trok­ke waar sy ver­skeie leer­lin­ge gel­de­lik on­der­steun het.

Be­graf­nis­gan­gers het ’n e­re­wag ge­vorm en blom­bla­re oor haar kis ge­strooi.

) Ni­gel Plaat­jies (18), wat ook gel­de­lik deur Rust ge­help is, is in heg­te­nis weens Rust se moord. Hy en Jo­han­nes Plaat­jies (34), wat la­ter in heg­te­nis ge­neem is, ver­skyn Dins­dag weer in die land­dros­hof in Wel­ling­ton op aan­klag van moord.

Dr. Ma­nie Rust en sy klein­dog­ters, Em­ma (links) en He­le­na Reid, gis­ter by die be­graf­nis van sy ver­moor­de vrou, Win­nie, in Wel­ling­ton.

Die be­graf­nis­brief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.