Die man wat Jo­de werf vir VF+

Hy wil veg vir al­le SA min­der­heids­groe­pe

Beeld - - Front Page - Clau­di Mai­lo­vich

Jo­de moet wak­ker skrik en be­sef hul­le is ook ’n min­der­heids­groep, meen die VF Plus se Jood­se kandidaat.

Sid­ney A­no­lik (68) se hoof­wyk is wyk 99 (Lin­den) in Jo­han­nes­burg, maar hy is ook VF Plus-kandidaat in me­ren­deels Jood­se ge­bie­de, soos Kil­lar­ney, Houg­h­ton en Nor­wood.

A­no­lik was vroe­ër ’n in­ge- skre­we lid van die DA en het on­langs uit Co­pe be­dank.

“Daar is on­ge­veer 60 000 van ons (Jo­de) en dit is nie baie nie. Ons word al hoe meer deur die re­ge­ren­de par­ty aan­ge­val en ek voor­sien die­self­de met die DA,” sê A­no­lik, wat ook ’n ver­teen­woor­di­ger van die pro-Is­rael­se groep Li­kud in Suid-A­fri­ka is.

Hoe­wel die mees­te men­se met wie hy ge­praat het po­si­tief is oor sy sprong van Co­pe na die VF Plus, is hy ook al ’n “man­tel­draai­er” en “ver­raai­er” ge­noem.

Vir A­no­lik is dit ’n skok dat men­se wat oor die ja­re heen na hom as ’n li­be­ra­lis ver­wys het, hom ’n “reg­se ras­sis” noem ná sy be­sluit om hom by die VF Plus aan te sluit.

Sy fa­mi­lie het des­tyds vir He­len Suz­man se Pro­gres­sie­we Fe­de­ra­le Par­ty ge­stem.

Hy het be­sluit om vir die VF Plus in stoe­re En­gels­ta­li­ge Jood­se wy­ke van Jo­han­nes­burg te staan om­dat hy dit vir “sy men­se”, die Jo­de, wil doen.

Hy was aan­vank­lik skep­ties oor die VF Plus, maar het ge- luis­ter en ge­lees waar­voor die par­ty staan.

“Ek het be­sluit ek is dit as Jood aan my men­se en die an­der min­der­heids­groe­pe in die land ver­skul­dig. Ons min­der­he­de het ook reg­te.”

Hy dink sy waar­des stem met die VF Plus s’n oor­een en meen die par­ty tree met waar­dig­heid in die par­le­ment op.

Dit is ve­ral be­lang­rik dat die par­ty Is­rael as ’n on­af­hank­li­ke staat be­skou met Je­ru­sa­lem as die on­ver­deel­de hoof­stad van Is­rael.

A­no­lik be­sef dat dit nie mak­lik sal wees om sy me­de-Jo­de oor te haal om vir die VF Plus te stem nie.

“Die Jo­de het die DA be­gin, hul­le het die DP be­gin, hul­le het die PP be­gin. Dis be­gin met Jood­se geld en Jood­se stem­me. Maar laat ons ons nie bluf nie – die DA het ons ver­saak.”

Hy hoop hy kan daar­die bood­skap aan die Jood­se ge­meen­skap oor­dra en meen an­der min­der­heids­groe­pe moet die­self­de pad volg.

Oor die ge­bruik van A­fri­kaans is hy nie te be­kom­merd nie. “Ek is am­per twee­ta­lig,” sê hy skert­send. En as hy nie al­les ver­staan nie, is daar da­rem oor­een­ge­kom dat die de­le van die VF Plus se ver­ga­de­rings wat in A­fri­kaans plaas­vind, aan hom ge­tolk sal word.

Fo­to: CORNÉL VAN HEERDEN

Sid­ney A­no­lik, die VF+ se Jood­se kandidaat in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.