‘De Kock hét ge­boet’

Beeld - - Front Page - Deon Maas

Die Fransch­hoek­se let­ter­kun­de­fees bied jaar­liks meer ver­maak as ’n te­le­vi­sies­e­pie. ’n Mens moet dit se­ker ver­wag as ’n klomp e­go­ïs­tie­se men­se met te min geld – en te veel woor­de – by­me­kaar­kom.

Van­jaar is die dra­ma op die fees ver­oor­saak deur Eu­ge­ne de Kock, hoe­wel hy dit nie be­plan het nie.

Eint­lik is dit ’n ver­keer­de stel­ling: Die dra­ma op die fees is ver­oor­saak deur die skry­wer Lau­ren Beu­kes weens Eu­ge­ne de Kock.

Beu­kes was op ’n ge­sel­lig­heid ont­steld oor al die on­der­druk­te swart skry­wers om haar wat ont­steld was om­dat De Kock daar was. Toe be­sluit sy om al hier­die ar­me, on­der­druk­te men­se se las lig­ter te maak deur vir De Kock te sê hy moet loop.

Ons eie per­soon­li­ke red­der van na­sies.

Eu­ge­ne, soos ’n gent­le­man, het da­de­lik ge­waai.

Nie veel van die ont­stel­de skry­wers het e­ni­ge di­rek­te ver­bin­te­nis met De Kock ge­had nie. Dit is net sy teen­woor­dig­heid wat hul­le ont­stel het.

Dit is na­tuur­lik nou waar die PC­po­li­sie in­skop, want men­se mag mos nie ont­steld wees nie.

“The i­dea that you ha­ve to be pro- tected from any kind of un­com­for­ta­ble e­mo­ti­on is one that I ab­so­lu­te­ly do not subscri­be to,” het die ak­teur John C­leese op ’n keer ge­sê.

Beu­kes het haar ge­drag pro­beer reg­ver­dig deur op haar blog te ver­tel dat sy die si­tu­a­sie sag­gies en re­spek­vol han­teer het.

Ek het nog nie ge­hoor dat Ro­bert M­cB­ri­de, die Ma­goo’s Bar-bom­plan­ter, ge­vra is om ’n ge­sel­lig­heid te ver­laat nie (hy word ge­woon­lik ge­vra om sy werk te ver­laat, maar dis ’n an­der sto­rie).

Die vier A­pla-man­ne, wat die men­se in die St. Ja­mes-kerk af­ge­maai het, en Ba­rend S­try­dom, die S­tri­j­dom­plein-moor­de­naar, het am­nes­tie ge­kry.

Dis­count-mar­te­laars.

De Kock is die e­nig­ste een wat vol­prys be­taal het.

Hy het na­mens baie men­se en na­mens die stel­sel die prys be­taal, ’n stel­sel wat hom ge­los het om in sy eie vet te braai.

Hy is ’n son­de­bok ge­maak en aan die kruis van o­pen­ba­re me­ning op­ge­hang so­dat al­mal op hom kan spoeg. Hy is deur die me­dia “P­ri­me E­vil” ge­doop en moes die skuld vir al a­part­heid se son­des dra. De Kock is ’n moor­de­naar, ja. Daar­voor is hy skul­dig be­vind en tronk toe ge­stuur.

As jy tronk toe ge­stuur word, is dit so­dat jy jou skuld aan die sa­me­le­wing kan te­rug­be­taal. Eu­ge­ne het dit ge­doen.

Maar hy doen meer as dit. Hy werk vry­wil­lig saam met or­ga­ni­sa­sies wat ver­dwe­ne ak­ti­vis­te pro­beer op­spoor.

Die e­nig­ste vin­ger wat na hom ge­wys kan word, is dat hy nie die dooi­es kan te­rug­bring nie.

So, hoe­kom mag hy nie ’n ge­sel­lig­heid by­woon waar sy bi­o­gra­fie op die kort­lys is nie?

E­mo­sies oor De Kock gaan al­tyd hoog loop. Suid-A­fri­ka­ners is nie ge­mak­lik met die kon­sep van ver­ge­we en ver­geet nie, be­hal­we as daar­die per­soon jou i­de­o­lo­gie ver­teen­woor­dig.

Beu­kes het “haar wit baas­skap” be­ves­tig. Sy het, on­ge­vraag, na­mens ’n groep men­se op­ge­tree om­dat sy ge­re­ken het hul­le kan nie na hul­self om­sien nie. So­dat hul­le beter kan voel. So­doen­de het sy ons ge­wys hoe na­by li­be­ra­le hu­ma­nis­me aan a­part­heid is. ) Maas is ’n skry­wer en do­ku­men­tê­re­rol­prent­ma­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.