Sok­ker­spe­ler vind uit hy het ’n ge­was ná toets

Beeld - - Kuns - – bbc.com

Lon­den. – ’n Ge­was is by Mar­co Russ, kap­tein van Frank­furt se sok­ker­span, ge­vind na­dat hy ’n toets vir ver­bo­de mid­dels ge­faal het.

Die 30­ja­ri­ge ver­de­di­ger het weens die ge­was po­si­tief ge­toets vir hoë vlak­ke van die groei­hor­moon HCG.

Frank­furt het gis­ter­aand teen Neu­ren­berg ge­speel in ’n wed­stryd om pro­mo­sie­re­le­ga­sie. Russ het be­sluit om wel te speel.

Hy het aan­ge­dui hy is oor­ge­haal om te speel, on­danks die skok­ken­de nuus wat hy ge­kry het, het dié klub in ’n me­di­a­ver­kla­ring ge­sê.

Frank­furt het nie ge­sê waar pre­sies die ge­was is nie. Russ is ’n ja­re­lan­ge staat­ma­ker vir dié klub.

Frank­furt het 16de ge­ëin­dig in die Duit­se Bun­des­liga en gis­ter­aand se ont­moe­ting teen Neu­ren­berg was die eer­ste van twee wed­stry­de om te be­paal wie aan­staan­de sei­soen in dié li­ga sal mee­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.