Bob­by reg vir gats­kop op ‘The Voi­ce’

Beeld - - Front Page - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Bob­by van Jaars­veld se se­nu­wees hang aan flen­ters soos Hil­da in 7de Laan s’n. Hy sê hy kan nie slaap nie. En hoe na­der Son­dag­aand kom, hoe meer stres hy.

Méér as sy twee fi­na­lis­te, wat Son­dag gaan pro­beer om The Voi­ce SA te wen, sê hy.

“Ek sê el­ke week vir hul­le: ‘Ont­span. Kry self­ver­troue en ont­span net,’ ” sê Van Jaars­veld.

Son­dag gaan hy die ver­hoog saam met Ver­non Bar­nard en Ga­vin Ed­wards be­styg om ’n lied­jie saam met hul­le te sing. “En toe ek net­nou saam met hul­le op die ver­hoog was, toe word ek som­mer ner­vous,” sê Van Jaars­veld lag­gend.

Die agt top­deel­ne­mers, twee in el­ke af­rig­ter se span, gaan Son­dag­aand tot vier ver­min­der word en daar­na moet die pu­bliek vir die wen­ner stem.

“Ek voel goed. Ek is ex­ci­ted oor wat kan ge­beur. Ek is ook ex­ci­ted vir Ga­vin, ek dink ons al­bei ver­dien om hier te wees. Kom ons hoop Te­am Bob­by kan dit vat,” sê Bar­nard.

“Ons is al baie meer ont­span­ne op die ver­hoog, maar baie op ons se­nu­wees,” sê Ed­wards.

Van Jaars­veld sê hy het by­na ver­geet The Voi­ce is ook ’n kom­pe­ti­sie vir die af­rig­ters (die an­der is Ka­ren Zoid, Li­ra en Kahn Mor­bee). “So nou is ek selfs meer

on fi­re om hul gat te skop! Maar dit is tough. Jy raak baie c­lo­se met men­se. En as al­les net ewe skie­lik ein­dig, is dit nog­al wei­rd.”

Ed­wards sê hul span is soos ’n fa­mi­lie en dit gaan moei­lik wees om te groet wan­neer die reeks tot ’n ein­de kom.

“Dit sou baie mak­li­ker ge­wees het om die pro­gram te ver­laat as jy al­mal ge­haat het,” sê hy.

Ed­wards en Bar­nard is dit eens dat hul­le baie by Van Jaars­veld ge­leer het.

“Sy hu­ma­ni­ty en ne­de­rig­heid is vir my baie in­spi­re­rend,” sê Bar­nard.

Ed­wards sê Van Jaars­veld het hom ge­help om hom­self te vind. “Hy het se­ker ge­maak ek vind daar­die self­ver­troue.”

Van Jaars­veld sê hy het self ook ge­leer. “Dit voel vir my ek wil gaan co­a­ching kry. Ek kan sien hoe baie help dit an­der men­se. Ek is spyt ek het nooit vo­cal co­a­ching ge­had nie en ek gaan nou daar­mee be­gin.”

Vol­gens Van Jaars­veld gaan al sy vrien­de en fa­mi­lie­le­de Son­dag­aand voor die te­le­vi­sie by­me­kaar kom om te stem vir wie ook al oor­bly in sy span.

“Ek het ’n vo­ting par­ty aan die gang vir wie ook al deur­gaan, want ons weet van die be­gin van die show (Son­dag­aand) af. Ons het ’n klomp par­ties aan die gang met lap­tops, so wie ook al deur­gaan, ons het baie men­se o­ral en hul­le gaan op daai re­ke­naars vo­te,” sê Van Jaars­veld.

Van Jaars­veld sê hy het by­na ver­geet The Voi­ce is ook ’n kom­pe­ti­sie vir die af­rig­ters. “So nou is ek selfs meer on fi­re om hul gat te skop!”

Fo­to: CORNÉL VAN HEER­DEN

Ver­non Bar­nard, Bob­by van Jaars­veld en Ga­vin Ed­wards sê hul­le is ge­reed om The Voi­ce te wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.