Brak ‘be­skryf’ ont­voer­der se huis

Kom­mu­ni­keer­der kry glo bood­skap­pe

Beeld - - Front Page - El­sje Wal­deck

Na­dat haar hond­jie in Ja­nu­a­rie weg­ge­raak het, is Do­reth le Roux van Bloem­fon­tein se­ker oor een ding: Lien­kie wil graag huis toe kom.

Die tyd daar­voor is nog net nie reg nie.

Le Roux het in A­pril ’n “die­re­kom­mu­ni­keer­der” op­ge­spoor om te pro­beer vas­stel waar Lien­kie, ’n yorks­hi­re­ter­ri­ër so groot soos ’n tee­kop­pie, is.

Sy glo ie­mand het Lien­kie by haar huis op­ge­laai en ge­steel.

“Ek en my man het al baie ge­huil oor haar, want sy is reg­tig soos een van ons kin­ders,” sê Le Roux.

“Ons het al óral ge­soek en pam­flet­te op­ge­plak en uit­ge­deel. Wan­neer jy des­pe­raat is, pro­beer jy e­nig­iets.”

Dis toe Le Roux vir Tam­my de O­li­vei­ra, ’n die­re­kom­mu­ni- keer­der van A­ni­mal-Ey­es, op­ge­spoor het.

De O­li­vei­ra het glo al twee keer met Lien­kie kon­tak ge­maak.

“Tam­my sê Lien­kie het vir haar ge­sê dat sy ou­kei is en dat sy ge­luk­kig is.

“Met die twee­de ses­sie het Lien­kie da­de­lik ge­vra hoe dit met my, haar men­se-ma, gaan. Sy’t ook ge­sê dat sy graag wil huis toe kom.”

De O­li­vei­ra het haar ge­vra of sy kan sê waar sy is.

Lien­kie het die huis toe glo be­skryf: ’n dub­bel­ver­die­ping­huis met glas­skuif­deu­re, ’n hoë wit muur met ’n ge­ë­lek­tri­fi­seer­de hei­ning bo-op en ’n gras­perk.

Die huis, op ’n heu­wel of kop­pie, het ook ’n goue nom­mer 13 aan die bui­te­kant en kyk uit oor ’n s­kool se sport­ter­rein.

“By die huis woon daar ’n man en ’n vrou en twee kin­ders. Lien­kie het ge­sê dat ek haar in die koe­rant moet sit, want die men­se lees el­ke dag die plaas­li­ke koe­rant.”

Die re­de waar­om Lien­kie by die men­se is, is om­dat sy “werk” het om daar te doen.

“Die fa­mi­lie weet ek is ver­mis en dat ek aan ie­mand an­ders be­hoort, maar die kin­ders is baie ge­heg aan my.

“Die vol­was­se­nes weet die reg­te ding is om jou te kon­tak, maar hul­le wil nie die kin­ders seer­maak nie,” was Lien­kie se bood­skap aan De O­li­vei­ra.

Al glo Le Roux hul­le gaan by­me­kaar uit­kom, is haar hart steeds in stuk­ke.

“Voel die men­se nie skul­dig nie? ’n Mens vat nie ie­mand an­ders se hond nie. Dis steel.”

Lien­kie wil baie graag huis toe kom, maar ’n “won­der­werk gaan bin­ne­kort ge­beur” en dan is hul­le weer by­me­kaar.

“Die tyd daar­voor is nog net nie reg nie,” sê Le Roux.

Lien­kie die ver­mis­te yor­kie wat so groot soos ’n tee­kop­pie is.

Fo­to: REU­TERS

C­her

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.