8 be­seer toe eet­plek se dak in­stort

8 be­seer, 50 kin­ders pas weg

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

’NGroep van so­wat 50 kin­ders het gis­ter die S­teers-re­stau­rant booor die N1-snel­weg by die To­tal Pe­tro­port noord van P­re­to­ria ver­laat en­ke­le mi­nu­te voor­dat die dak be­gin in­een­stort het.

“Daar was ge­lui­de in die dak bo die kom­buis. Men­se het be­gin uit­be­weeg.

“En toe klink dit as­of ’n bom ont­plof. Te­ëls, pla­fon, al­les bin­nein die dak het soos ’n sneeu­stor­ting neer­ge­kom,” het ’n oog­ge­tuie ge­sê.

’n An­der het ge­sê sy vriend het blit­sig on­der ’n ta­fel in­ge­duik.

“Maar toe hy be­sef goed tref hom steeds, het hy na die uit­gang ge­hard­loop.”

Die man was op pad om sy vriend by S­teers vir ete te ont­moet toe dié hom bel en ver­tel wat ge­beur het.

“Ek het hom hier bui­te op die trap­pe ge­kry, bloed aan sy been en sy kop. Ek dink sy arm is dalk ge­breek. Hy is nou met die am­bu­lans hos­pi­taal toe.”

Die S­teers-re­stau­rant is op die Pa­no­ra­ma-brug. Klan­te kyk uit oor die N1-snel­weg tus­sen die Pu­mu­la­ni- en Ca­rou­sel-tol­hek.

Jo­han Pie­ter­se, woord­voer­der van die Tshwa­ne-nood­diens­te, sê die een helf­te van die eet­plek se dak het net ná 11:30 in­ge­stort.

“Agt men­se is lig be­seer. Hul­le is na ver­skil­len­de hos­pi­ta­le ge­neem.

“Dit kon baie er­ger ge­wees het as die eet­plek vol was,” sê hy.

Se­we van die be­seer­des is S­teers-werk­ne­mers en die agt­ste die klant wat on­der die ta­fel in­ge­duik het.

’n Wa­ter­pyp in die dak het ge­bars wat die struk­tuur laat mee­gee het.

Kort voor lank was die re­stau­rant se vloer et­li­ke sen­ti­me­ter on­der wa­ter. Na­der­hand het die wa­ter na die pad toe ge­stroom.

Met ver­skeie am­bu­lans­diens­te, die brand­weer, me­tro­po­li­sie en po­li­sie op die to­neel, is die eet­plek af­ge­sper en die wa­ter­toe­voer af­ge­sluit.

In die ge­deel­te bo-oor die noor­de­li­ke ba­ne van die snel­weg het bor­de kos en eet­ge­rei tus­sen rooi­bruin te­ëls en dak­rom­mel ge­lê.

Die na­week­ver­keer het kort ná die voor­val be­gin op­hoop om­dat die snel­weg in al­bei rig­tings ge­sluit is.

“Dit is om vei­lig­heids­re­des ge­doen. Daar word ge­wag tot­dat in­ge­ni­eurs be­ves­tig dat die brug oor die pad vei­lig is,” het Pie­ter­se ge­sê.

Ver­keer is deur die twee pe­trol­sta­sies weers­kan­te van die snel­weg her­lei.

Pan­sy Me­kwa van To­talSA sê ’n ver­teen­woor­di­ger van To­tal het saam met van die be­seer­des hos­pi­taal toe ge­gaan.

Struk­tu­re­le in­ge­ni­eurs is op die to­neel en die voor­val word on­der­soek, sê sy.

Toe klink dit as­of ’n bom ont­plof. Te­ëls, pla­fon, al­les bin­ne­in die dak het soos ’n sneeu­stor­ting neer­ge­kom.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

’n Nood­diens­wer­ker be­kyk die ska­de in die S­teers­eet­plek op die Pa­no­ra­ma­brug wat oor die N1­snel­weg strek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.