Mid­de ANC­hon­de­ge­veg bring dié da­de hoop

Beeld - - Nuus - Bar­nard Beuk­man @bar­nard­beuk­man1 bar­nard.beuk­man@beeld.com Beuk­man is re­dak­teur van Beeld.

Waar be­gin mens oor die af­ge­lo­pe week se nuus? Nes jy be­gin dink het die in­ter­ne hon­de­ge­veg in die ANC kan nie ab­sur­der raak nie, doen die mi­nis­ter van fi­nan­sies, Pra­vin Gord­han, ’n be­roep op die land se men­se om hom te be­skerm teen die staat se ver­vol­gers. Tus­sen­deur ly die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg ’n ver­lies van R100 mil­joen met die af­brand van ’n ou­di­to­ri­um en ge­paard­gaan­de re­ke­naar­ska­de.

Boon­op word ’n on­der­wy­ser, van al­le men­se, in heg­te­nis ge­neem oor die af­brand van som­mi­ge van die sko­le in Lim­po­po.

In die par­le­ment is die so­veel­ste EFF-uit­gooi­e­ry met selfs wa­ter­bot­tels wat deur die lug trek.

En gis­ter wen die om­stre­de Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, Pa­ny­a­za Le­su­fi, die saak in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof, oor die reg om leer­lin­ge in sko­le na goed­dun­ke te plaas.

Maar ook dié week is daar die nuus­sto­rie van ’n Jo­han­nes­bur­ger, OB Seu­ta­ne, wat by ’n win­kel­sen­trum sien dat ’n vrou, Ni­co­le Mor­gan, erns­tig on­ge­steld is ná ’n by­steek. Hy jaag met haar en haar jong seun­tjie hos­pi­taal toe en bly daar tot­dat hy se­ker is sy is sta­biel.

Ook die sto­rie van ’n boer in die V­re­de­fort-dis­trik, S­tof­fel Bos­hoff, wat sy le­we waag om vir Te­fo Le­nyo­ra, ’n E­s­kom-wer­ker, uit ’n bran­den­de bak­kie te red.

Gis­ter op Beeld se brie­we­blad ver­skyn ’n plei­dooi deur Fa­na Z­wa­ne, ’n jong fi­si­o­te­ra­peut van P­re­to­ria. Hoe­wel Zoe­loe sy moe­der­taal is, was hy in ’n A­fri­kaan­se la­er­skool. Sy be­toog is teen ras­sis­me en vra dat wit men­se op­hou om swart men­se te ste­re­o­ti­peer. Maar dat swart men­se op­hou met om­ge­keer­de ras­sis­me en om a­part­heid te bla­meer.

“Aan al­bei kan­te is daar dié van ons wat oor die weg pro­beer kom en pro­beer wys dat die land be­hoort aan al­mal wat daar­in woon,” skryf hy.

Op al drie die bo­ge­noem­de ge­beu­re is daar ’n oor­wel­di­gen­de po­si­tie­we re­ak­sie van le­sers.

Die vak­bond So­li­da­ri­teit kon­dig ’n po­si­tie­we veld­tog, #On­sBou, aan. Die kern­te­ma is – as jy twy­fel oor die toe­koms, bou dit self. En “ons laat nie toe dat die toe­koms met ons ge­beur nie; ons bou ’n toe­koms”, al­dus vak­bond­hoof Dirk Her­mann.

Dié vak­bond val nie nood­wen­dig in al­le le­sers se smaak nie, maar wil graag só sy be­kom­mer­de le­de nu­we moed in­praat vir die toe­koms.

En 40 jaar ná die 1976-stu­den­te­pro­tes in So­we­to – waar­van A­fri­kaans ’n snel­ler was – hou die ATKV en die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg ’n meer­ta­lig­heids­na­week by die Hec­tor Pie­ter­son­mu­seum waar a­ka­de­mi­ci en rol­spe­lers oor die kleur­grens heen pleit om meer­ta­lig­heid en die krag van moe­der­taal­on­der­rig.

In ve­le op­sig­te is ons land en na­sie op ’n mes­punt en van die uit­da­gings is oor­wel­di­gend. Maar dalk is daar tog hoop dat van dié da­de op grond­vlak ons uit­ein­de­lik gaan help deur­trek.

)

Maar dalk is daar tog hoop dat van dié da­de op grond­vlak ons uit­ein­de­lik gaan help deur­trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.