Kry ‘Trots A­fri­kaans’ én help kin­der­fonds

Beeld - - Nuus -

Jy kan na jou guns­te­lingA­fri­kaan­se san­gers luis­ter en ter­self­der­tyd ’n ver­skil in ’n min­der­be­voor­reg­te kind se le­we maak.

Vir el­ke Trots A­fri­kaans 2016- CD wat in die k­lein­han­del ver­koop word, gaan ’n deel van die prys na die Beeld-Kin­der­fonds dank­sy A­fri­kaans is Groot en Co­les­ke Ar­tis­ts.

Die CD be­vat snit­te van die be­kend­ste na­me in die A­fri­kaan­se mu­siek­be­dryf, on­der an­de­re Ju­a­ni­ta du P­les­sis, Bob­by van Jaars­veld, El­vis Blue, De­wald Wasser­fall, Kar­lien van Jaars­veld en Die Heu­wels Fan­tas­ties.

Ka­ren Zoid se “As mu­siek be­gin speel” en Lau­ri­ka Rauch se “Bly nog so bie­tjie (Ek mis jou)” is maar net van die hoog­te­pun­te.

Die Beeld-Kin­der­fonds is van­jaar 40 jaar oud. Die fonds sa­mel geld in en skenk dit jaar­liks aan or­ga­ni­sa­sies in Beeld se ver­sprei­dings­ge­bied wat die wê­reld vir kin­ders ’n be­ter plek maak.

Le­sers kan sken­kings in Beeld-Kin­der­fonds se Ab­sa-re­ke­ning be­taal by re­ke­ning­nom­mer 2840157329, tak­ko­de 632005. Ge­bruik jou naam, van en sel­foon­nom­mer as ver­wy­sing.

Vir na­vrae, stuur e-pos na in­fo@beeld­kin­der­fonds.co.za of ska­kel 011 976 2273.

) Tien Beeld­le­sers kan elk ’n ek­sem­plaar van Trots A­fri­kaans 2016 wen. SMS jou naam en van na 41511. SMS’e kos R30, waar­van die groot­ste deel na die fonds gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.