R10 000 of tronk toe oor DA se plak­kaat

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Man van Lim­po­po is swaar ge­straf na­dat hy ’n ver­kie­sings­plak­kaat van die DA be­ska­dig het.

Se­ri­ous Ma­lu­le­ke van Ma­la­mu­le­le is van­dees­week in die plaas­li­ke land­dros­hof skul­dig be­vind aan die op­set­li­ke be­ska­di­ging van ’n DA-plak­kaat met ’n fo­to van M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, daar­op.

Hy is tot ses maan­de ge­van­ge­nis­straf of ’n boe­te van R10 000 ge­von­nis.

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er in Lim­po­po, het die von­nis ver­wel­kom. “Ons hoop die straf laat men­se be­sef die be­ska­di­ging van ver­kie­sings­plak­ka­te is on­aan­vaar­baar en sal nie ge­duld word nie.”

Ma­lu­le­ke het die plak­kaat ’n paar maan­de ge­le­de ver­nie­tig. DA-le­de het in­lig­ting ge­kry dat hy die skul­di­ge is en het die saak toe by die po­li­sie aan­ge­meld.

S­mal­le sê die be­ska­di­ging van po­li­tie­ke par­tye se ver­kie­sings­ma­te­ri­aal on­der­myn po­gings om te ver­se­ker dat die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing op 3 Au­gus­tus vry en reg­ver­dig sal wees.

“Al­le po­li­tie­ke par­tye het die reg om plak­ka­te op te sit.”

Die DA in Mo­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus) en Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) sê van hul ver­kie­sing­plak­ka­te is ook on­langs van lamp­pa­le af­ge­skeur.

Van­dees­week het 13 po­li­tie­ke par­tye ’n eed on­der­te­ken in­ge­vol­ge die Ver­kie­sings­wet waar­vol­gens dit on­wet­tig en straf­baar is om e­ni­ge po­li­tie­ke plak­kaat te ver­nie­tig, ver­wy­der of be­ska­dig.

Po­li­tie­ke par­tye mag ook nie taal ge­bruik wat ge­weld uit­lok nie.

Die in­ti­mi­da­sie van kan­di­da­te en die pu­bli­ka­sie van vals in­lig­ting oor par­tye en hul kan­di­da­te is ook stry­dig met die Ver­kie­sings­wet.

’n Ge­skeur­de DA­plak­kaat in Mo­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.