Ma­le­ma se kri­tiek oor Ma­ri­ka­na ‘gel­dig’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Po­li­tie­ke par­tye se reg om “ro­buus­te kri­tiek” teen die re­ge­ring in die par­le­ment te le­wer, het ’n oor­win­ning in die ap­pèl­hof be­haal.

Dié hof het gis­ter ’n be­slis­sing van die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad be­krag­tig dat Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, se op­mer­king oor Ma­ri­ka­na nie on­par­le­men­têr was nie.

Ma­le­ma het in Ju­nie 2014 in die de­bat oor pres. Ja­cob Zu­ma se staats­re­de ge­sê die ANC-re­ge­ring is vir die men­se­slag­ting by Ma­ri­ka­na ver­ant­woor­de­lik. T­han­di Mo­di­se, voor­sit­ter van Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies, het be­slis die op­mer­king is on­par­le­men­têr, waar­na Ma­le­ma hom tot die hof ge­wend het.

Die ap­pèl­hof het be­vind die op­mer­king kom neer op gel­di­ge kri­tiek op die po­li­sie se op­tre­de by Ma­ri­ka­na. Ma­le­ma se woor­de was “ro­buus­te kri­tiek” op die re­ge­ring se op­tre­de en val in die “hart­land van po­li­tie­ke spraak” wat deur die Grond­wet be­skerm word.

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF­woord­voer­der, het aan EWN ge­sê die par­ty ver­wel­kom dit as ’n be­lang­ri­ke uit­spraak wat be­tref be­sker­ming van vry­heid van spraak in die Huis.

Vol­gens hom het Mo­di­se haar tyd en die par­le­ment se geld ge­mors om teen die hoog­ge­regs­hof­uit­spraak te ap­pel­leer.

Prof. So­ma­do­da Fi­ke­ni, po­li­tie­ke ken­ner ver­bon­de aan U­ni­sa, sê die ANC moet be­kom­merd wees oor die o­pen­ba­re per­sep­sie dat op­po­si­sie­par­tye so ge­reeld hof­sa­ke wen.

“Dit is ’n te­ken aan die re­ge­ring, en­ti­tei­te en die ANC in die par­le­ment om baie ver­sig­ti­ger te wees wan­neer hul­le be­slui­te neem, om­dat die ho­we dalk be­vin­dings daar­teen kan maak.”

Prof. Ma­ri­nus Wie­chers, Grond­wet­ken­ner, sê hy vind dit baie po­si­tief dat die EFF hom op die ho­we be­roep en dié in­stel­ling eer­bie­dig.

“As ons nie ro­buus­te kri­tiek in die po­li­tie­ke a­re­na toe­laat nie, ver­nie­tig ons die grond­slag van veel­par­ty­de­mo­kra­sie.”

Lui­dens die ap­pèl­hof se uit­spraak het Ma­le­ma ’n “bran­den­de kwes­sie van groot o­pen­ba­re be­lang” aan­ge­roer. “Die Grond­wet waak oor die par­le­ment se rol as ’n broei­kas van po­li­tie­ke spraak. Daar is niks on­par­le­men­têr aan ro­buus­te, e­mo­si­o­ne­le taal nie.”

Die par­le­ment sê Mo­di­se neem ken­nis van die be­slis­sing en be­stu­deer dit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.