C­hi­bok: Mei­sie glo nie op lys van ver­mis­tes

Beeld - - Nuus - – AFP

A­bu­ja. – Ter­wyl die Ni­ge­rie­se re­ge­ring met trots aan­ge­kon­dig het dat nóg ’n ont­voer­de mei­sie van C­hi­bok ge­vind is, is daar nou twy­fel oor die i­den­ti­teit van die twee­de mei­sie.

Kol. Sa­ni Us­man, weer­mag­woord­voer­der, het ge­sê die mei­sie was on­der die 97 vroue en kin­ders wat Don­der­dag deur sol­da­te en bur­ger­li­ke vi­gi­lan­tes in die Dam­boa­ge­bied in die staat Bor­no be­vry is. “Ons is bly om te sê dat een van die men­se wat ge- red is ver­moe­de­lik een van die mei­sies is wat op 14 A­pril 2014 deur Bo­ko Ha­ram ont­voer is,” het hy ge­sê.

“Haar naam is Se­rah Lu­ka.”

EWN het la­ter be­rig die or­ga­ni­sa­sie wat die soek­tog na die ver­mis­te mei­sies lei, het ge­twiet dat Se­rah se naam nie op die lys van die ont­voer­des ver­skyn nie.

Die Ni­ge­rie­se re­ge­ring het nog nie ge­re­a­geer nie.

Een van die ont­voer­de mei­sies, A­mi­na Ali N­ke­ki (19), is vroe­ër die week op die grens met Ka­me­roen ge­vind.

Sy is blyk­baar ge­ï­den­ti­fi­seer deur ’n bur­ger­li­ke veg­ter wat haar her­ken het.

Dié man be­hoort aan die bur­ger­li­ke ge­sa­ment­li­ke taak- mag – ’n vi­gi­lan­te­groep wat in die le­we ge­roep is om teen Bo­ko Ha­ram te veg.

Sy, haar ba­ba, ma en broer het pres. Mu­ha­ma­du Bu­ha­ri Don­der­dag in die pre­si­dents­wo­ning be­soek. In­ge­lig­tes het aan die BBC ge­sê A­mi­na kom van die dorp M­ba­la­la, suid van C­hi­bok, die tuis­dorp van 25 van die ont­voer­de mei­sies.

A­mi­na het ge­sê ses van die ont­voer­de mei­sies is dood. Die res word al­mal nog aan­ge­hou.

Fo­to: REU­TERS

Se­rah Lu­ka

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.