Vrou tronk toe oor ba­ba in vries­kas

Beeld - - Nuus - – AFP

Car­cas­son­ne (Frank­ryk). – ’n Belg is hier se­we jaar tronkstraf op­ge­lê om­dat sy haar pas­ge­bo­re ba­ba ver­moor het.

Die kind se lyk is in 2011 in ’n vries­kas aan­ge­tref.

In Frank­ryk word lewenslange tronkstraf ge­woon­lik aan kin­der­moor­de­naars op­ge­lê, maar die ju­rie, al­mal vroue, het be­vind dat Nat­ha­lie de Mey (32) haar oor­deels­ver­moë ty­de­lik kwyt was.

Die hof het ge­hoor dat sy haar ty­dens haar swan­ger­skap ge­reeld aan drank ver­gryp het. Sy wou nie aan haar des­tyd­se le­wens­maat er­ken dat die jong­ste kind waar­skyn­lik nie sy­ne is nie. Kort na­dat die seun­tjie in ’n toi­let ge­bo­re is, het sy hom in ’n vries­kas ge­sit. Hy is drie maan­de la­ter daar ont­dek.

10 NUUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.