‘Ge­skie­de­nis sal dié oor­deel wat af­brand’

Po­li­sie, be­to­gers by Fort Ha­re­eeu­fees­vie­ring

Beeld - - Nuus - Ros­lyn Baat­jies en Tem­bi­le Sg­qo­la­na

Stu­den­te moet be­sin oor wie se be­lan­ge hul­le dien wan­neer hul­le ei­en­dom ver­nie­tig. Só het pres. Ja­cob Zu­ma gis­ter by die Fort Ha­re-U­ni­ver­si­teit se eeu­fees­vie­ring ge­sê.

Die vie­ring is ge­hou te mid­de van ’n sterk po­li­sie­teen­woor­dig­heid en be­to­gen­de stu­den­te wat van vroeg af reeds bui­te die u­ni­ver­si­teit se A­li­ce-kam­pus by­een­ge­kom het

Zu­ma het ver­wys na die on­lang­se ver­nie­ti­ging van o­pen­ba­re ba­tes wat met be­to­gings in ge­meen­skap­pe en u­ni­ver­si­tei­te ge­paard­gaan.

“Stu­den­te moet be­sin en diep dink oor wie se be­lan­ge hul­le dien wan­neer hul­le vol­uit gaan om die toe­koms van hul land te ver­nie­tig.”

Zu­ma het ge­sê bran­den­de s­kool-, bi­bli­o­teek- en u­ni­ver­si­teits­ge­boue kom op die uit­brand van die toe­koms neer. Die ge­skie­de­nis sal die skul­di­ges ver­oor­deel.

“Daar is ’n paar wat be­weer dat ge­weld­da­di­ge pro­tes die taal is wat die re­ge­ring ver­staan. So ’n sie­ning sal Suid-A­fri­ka nie die toe­koms in­neem nie.

“Die vol­hou­ba­re ont­wik­ke­ling van ons land, ons vas­te­land en ons wê­reld hang baie af van hoe die hui­di­ge stu­den­te van Fort Ha­re, en die jeug in die al­ge­meen, die uit­da­ging aan­gryp wat die ge­skie­de­nis voor hul­le ge­plaas het.

“Ken­nis wat deur on­der­wys op­ge­doen is, kan ge­bruik word vir goed en sleg. Dit kan ge­bruik word om te bou of te ver­nie­tig.

“Na ons me­ning moet on­der­wys ge­bruik word om die sa­me­le­wing te bou en te trans­for­meer, ver­al in ’n land wat ge­bo­re is uit in­sti­tu­si­o­ne­le ras­se-on­der­druk­king soos ons s’n.”

Die pre­si­dent het ge­sê ’n be­vry­de ver­stand het dit moont­lik ge- maak vir baie ge­ne­ra­sies van ge­gra­du­eer­des aan ho­ëron­der­wys­in­stel­lings om ko­lo­ni­a­lis­me en a­part­heid te be­veg.

Zu­ma het Fort Ha­re ge­prys as een van die be­lang­rik­ste er­fe­ni­sin­stel­lings in Suid-A­fri­ka en A­fri­ka.

“Dit was van­af die be­gin dui­de­lik dat Fort Ha­re ’n bui­ten­ge­wo­ne in­stel­ling vir die s­tryd vir on­der­wys en vir vry­heid sou wees.

“Hier­die in­stel­ling het vyf staats­hoof­de op­ge­le­wer – ’n seld­sa­me pres­ta­sie in die ge­skie­de­nis van die mens­dom.”

) Die u­ni­ver­si­teits­be­stuur het Don­der­dag ge­sê dat die vie­rin­ge voort­gaan, of­skoon stu­den­te Woens­dag­aand bui­te­ban­de ge­brand en ’n tent wat vir die eeu­fees­vie­ring ge­huur is, aan die brand ge­steek het.

Dié stu­den­te eis glo ant­woor­de oor be­weer­de wan­be­stuur van u­ni­ver­si­teits­geld.

Fo­to: DE­PAR­TE­MENT VAN KOM­MU­NI­KA­SIE

Pres. Ja­cob Zu­ma en pres. Ro­bert Mu­ga­be van Zim­bab­we kom gis­ter hand­aan­hand aan by die Fort Ha­re­eeu­fees­vie­rin­ge in A­li­ce waar Zu­ma die gas­spre­ker was.

Fo­to: TEM­BI­LE SG­QO­LA­NA

Stu­den­te aan die Fort Ha­re­U­ni­ver­si­teit het vroe­ër van­dees­week ’n lang lys grie­we aan die u­ni­ver­si­teits­be­stuur oor­han­dig. Hul­le het tot laat gis­ter­mid­dag be­toog om­dat hul­le meen hul­le word ge­ïg­no­reer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.