T­wit­ter stik aan ‘Fart Ha­re’

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

Dit is dalk net warm lug, maar aan­dag­ti­ge ky­kers van ANN7, het op so­si­a­le me­dia uit­ge­vaar toe die nuus­ka­naal die Fort Ha­re-U­ni­ver­si­teit se naam ver­keerd op die skerm ver­toon het.

Die woor­de “Fart Ha­re” in plaas van “Fort Ha­re” het op die skerm ge­wys ter­wyl die nuus­le­ser van die Gup­ta-fa­mi­lie se nuus­ka­naal die top­sto­ries van die dag uit­ge­lig het.

T­wiets oor die blaps het gis­ter­mid­dag in­ge­stroom.

Die ka­naal het Vry­dag­og­gend ver­slag ge­doen oor die eeu­fees­vie­rin­ge van die Oos-Kaap­se u­ni­ver­si­teit.

Die ge­leent­heid is by­ge­woon deur on­der meer pres. Ro­bert Mu­ga­be van Zim­bab­we, pres. Ja­cob Zu­ma en N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, voor­sit­ter van die A­fri­ka-U­nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.