Moe­nie bang wees, hoor ge­tuie

Vrou wys 2 uit; het haar glo be­roof

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die twee mans wat van ’n reeks moor­de op hoe­wes by B­rits in 2014 be­skul­dig word, het glo ’n huis se deur oop­ge­skop toe die in­wo­ner ge­wei­er het om oop te maak.

Di­a­na Mo­di­mo­la het die twee – K­no­w­led­ge Pau­lus Mand­la­zi en John Mo­ses K­ho­za Ti­va­ne – gis­ter in die be­skul­dig­de­bank in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria uit­ge­wys as die mans wat haar be­roof het.

Reg­ter Bil­ly Mothle het her­haal­de­lik aan die skug­ter Mo­di­mo­la ge­sê sy “moe­nie bang wees” om te ge­tuig nie.

Sy het uit die ge­tui­e­bank ge­stap tot so­wat 2 m voor die twee be­skul­dig­des en met haar vin­ger na hul­le ge­wys.

Mand­la­zi en Ti­va­ne staan op 26 aan­klag­te te­reg, waar­on­der vyf van moord en vyf van po­ging tot moord.

Die ver­moor­des is Le­an­der Derck­sen, Da­nie Derck­sen, Lou­is van Wyk sr. en Jos­hua Jou­bert.

Die vyf­de oor­le­de­ne was hul ver­meen­de me­de­plig­ti­ge, Mat­ho­si Sit­ho­le, wat deur Van Wyk se seun dood­ge­skiet is ten ty­de van ’n aan­val op die Van Wyks se hoe­we.

Die be­skul­dig­des het glo die aand van 23 Mei 2014 ’n roof­tog op ’n Ka­ree­poort-hoe­we uit­ge­voer. Mo­di­mo­la, haar broer, T­ha­bang, en haar kê­rel, Mi­cha­el Ja­se, het daar ge­bly.

Mo­di­mo­la het ge­tuig drie mans het by die huis op­ge­daag met ’n “skool­sak” waar­in ’n mes en ’n vuur­wa­pen was. Die deur was ge­sluit.

“Ek het ge­vra: ‘Wie is jul­le?’ Hul­le het ge­sê: ‘As jy nie oop­maak nie, breek ons die deur.’ ”

Die mans het dit oop­ge­skop en T­ha­bang na die vloer ge­dwing.

Een van die mans wou T­ha­bang met ’n mes steek.

Ja­se het die mans ge­smeek om dit nie te doen nie.

Mo­di­mo­la het ge­tuig Mand­la­zi is die lang man en “nom­mer een” wat die “baas” was van die in­drin­gers.

Hy het die vuur­wa­pen ge­had. Ti­va­ne het die mes ge­had, het sy ge­tuig.

Hen­drik Bru­wer het gis­ter ge­tuig oor die be­skul­dig­des se be­weer­de aan­val op die Van Wyks se hoe­we op 24 Mei 2014.

Van Wyk sr. is in die kop en buik ge­skiet en is la­ter in die hos­pi­taal dood.

Bru­wer het dié aand by die Van Wyks in sy bak­kie op­ge­daag.

Hy het ge­tuig toe hy aan­ge­ry kom, het twee mans bui­te die Van Wyks se huis ge­staan.

Hy het uit­ge­klim en ’n skoot het na­by hom in ’n muur vas­ge­slaan. Sy bak­kie is ook ge­tref. Bru­wer was on­ge­deerd. Die be­skul­dig­des word van po­ging tot moord op hom aan­ge­kla.

Mand­la­zi het die vuur­wa­pen ge­had. Ti­va­ne het die mes ge­had.

Fo­to: LISA HNATOWICZ

K­no­w­led­ge Pau­lus Mand­la­zi en John Mo­ses K­ho­za Ti­va­ne vroe­ër in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.