Kon­sta­bel borg­tog ge­wei­er

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Pot­chef­stroom. – ’n Po­li­sie­kon­sta­bel wat na be­we­ring deel is van ’n roof­ben­de is gis­ter hier in die land­dros­hof borg­tog ge­wei­er.

Land­dros Da­vid Post­ma het be­slis Pu­le Ma­boke (36) en drie van sy me­de­be­skul­dig­des kon nie bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de be­wys wat borg­tog reg­ver­dig nie.

Hul­le word van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en po­ging tot moord – ske­du­le 6-mis­dry­we – aan­ge­kla. Die wet ver­eis bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de moet be­wys word vir die toe­staan van borg­tog.

Ma­boke, Da­vid M­ba­ta, Pau­lo Mo­fe­re­fe­re, S­te­ven Le­be­pe en Lu­cas Sit­ho­le het ’n sje­bie­n­ei­e­naar glo op 3 A­pril in sy huis in die Ik­ageng-towns­hip in­ge­wag en van R225 000 be­roof.

Hy is in ’n stru­we­ling met die ro­wers in die bo­lyf ge­wond.

Hy het Ma­boke en van sy me­de­be­skul­dig­des in ’n uit­ken­nings­pa­ra­de ge­ï­den­ti­fi­seer.

Sit­ho­le het vol­gens die po­li­sie reeds uit­wy­sings ge­doen wat die an­der be­skul­dig­des by die mis­dryf be­trek. Hy sal na ver­wag­ting af­son­der­lik ver­hoor word.

Post­ma het die ver­de­di­ging se ar­gu­men­te ver­werp dat die staat ’n swak saak het om­dat hy slegs steun op Sit­ho­le se ge­tui­e­nis en die uit­ken­nings­pa­ra­de. Post­ma het gis­ter be­vind die staat het reeds ’n pri­ma fa­cie-saak, wat be­te­ken daar is op die oog af vol­doen­de be­wy­se.

Ma­boke, M­ba­ta, Mo­fe­re­fe­re en Le­be­pe word ook aan­ge­kla van sa­me­swe­ring tot moord en dwars­bo­ming van die ge­reg.

Dít is om­dat hul­le na be­we­ring die vo­ri­ge on- der­soek­be­amp­te in die saak van huis­roof­tog wou laat ver­moor. Dié vier het glo ook ge­kon­kel om hul me­de­be­skul­dig­de, Sit­ho­le, te laat ver­moor weens hul ver­moe­de dat hy in­lig­ting aan die po­li­sie ge­gee het oor hul be­weer­de be­trok­ken­heid by die Ik­agengén an­der roof­tog­te. Hul­le het glo ook be­wy­se in die saak pro­beer ver­nie­tig.

Hul moont­li­ke be­trok­ken­heid by an­der huis­roof­tog­te in die om­ge­wing van K­lerks­dorp, Vil­joens­kroon en Pot­chef­stroom word nog on­der­soek.

Ma­boke is voor­heen skul­dig be­vind aan aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer en die be­sit van dag­ga.

Hy is al tien jaar in diens van die po­li­sie, maar is in­tus­sen ge­skors han­gen­de die uit­koms van die Ik­ageng-saak.

Die saak is tot 31 Mei vir ver­de­re on­der­soek uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.