Af­tre­de: Moe­nie wag om daar­voor te be­plan

Hoe gou­er jy spaar, hoe gou­er kry jy ge­moeds­rus

Beeld - - Sake - VI­DA BOOY­SEN

Ons al­mal droom van ’n lui­lek­ker af­tre­de in ’n af­be­taal­de huis met ’n vier­trek­voer­tuig in die mo­tor­huis waar­mee ons die land plat­ry om­dat daar uit­ein­de­lik tyd daar­voor is.

Die har­de werk­lik­heid is dat hier­die droom heel­te­mal te min pen­si­oen­trek­kers be­sko­re is om­dat ons te min spaar, ver­al ter­wyl ons jonk is.

Daar­by is ons ook on­ge­ërg oor die geld wat ons wél spaar, en be­lê dit nie op­ti­maal nie.

Dit is die twee groot­ste pro­ble­me wat on­langs op Volks­blad, Jen­wil Blou­ster Fi­nan­si­ë­le Ad­vies­diens­te en San­lam se aftreekon­gres in Bloem­fon­tein uit­ge­lig is as re­des waar­om so­veel men­se nie met ge­moeds­rus af­tree nie. Na­tuur­lik is daar ook fak­to­re bui­te ons be­heer, soos inflasie of die e­ko­no­mie se trae groei wat ons af­tree­plan­ne deur­me­kaar­krap.

Maar voor­dat ’n mens moed ver­loor oor jou af­tree­be­plan­ning, is daar steeds heel­wat wat jy self kan doen om jou kans op af­trees­uk­ses te ver­be­ter. Hier is ’n paar wen­ke wat aftreek­en­ners op die kon­gres ge­gee het.

Tyds­be­re­ke­ning van jou af­tre­de

Hier­die is ’n kri­tie­ke fak­tor en jy het in ’n groot ma­te be­heer daar­oor, sê dr. Ja­co Fou­ché, ven­noot van Jen­wil Blou­ster.

’n Mens kan vir jou­self ’n bie­tjie tyd koop deur jou af­tre­de so lank as moont­lik uit te stel. Die nood­saak­lik­heid hier­van word dui­de­li­ker as ’n mens daar­aan dink dat mans wat op 65 af­tree, selfs tot 85 kan leef, en vroue selfs tot 93.

“As ’n man op 35-ja­ri­ge ou­der­dom be­gin spaar het vir af­tre­de, het hy dus met af­tre­de 30 jaar se spaar­geld by­me­kaar ge­maak wat hom nog 30 jaar lank in sy af­tre­de moet on­der­hou.

“As hy op 55 af­ge­tree het, dan is die re­a­li­teit dat die af­tree­geld kan op­raak voor­dat hy 85 jaar oud word.”

Be­plan­ning is die wag­woord

Gaan sit saam met ’n fi­nan­si­ë­le ad­vi­seur om te be­paal hoe­veel jy moet spaar en hoe jy dit gaan reg­kry.

In hier­die be­plan­ning neem jy jou af­tree­doel­wit­te in ag en stel in­dien no­dig ’n aan­ge­pas­te be- gro­ting op om die doel­wit­te te kan be­reik.

’n Deel van jou be­plan­ning is ook om jou ri­si­ko­p­ro­fiel te be­paal. Hier­voor moet jy die ver­band tus­sen ri­si­ko en op­brengs ver­staan. Hoe ho­ër die ri­si­ko wat jy loop, hoe gro­ter is die op­brengs op jou be­leg­ging.

Maar dit be­te­ken nie jy moet na e­ni­ge strooi­halm gryp wat lyk of dit ’n hoë op­brengs be­lo­we nie.

Wat is ’n re­a­lis­tie­se op­brengs in die hui­di­ge e­ko­no­mie­se om­ge­wing?

As jy ’n kon­ser­wa­tie­we be­leg­ger is wat min ri­si­ko wil loop, is dit 2% bo­kant die in­fla­sie­koers, ter­wyl ’n ma­ti­ge ri­si­ko jou ’n op­brengs van 5% bo­kant inflasie be­hoort te bied.

As jy ag­gres­sie­we groei be­no­dig, is die koers 7% bo­kant inflasie.

“Die JSE het oor die af­ge­lo­pe 114 jaar ’n ge­mid­del­de van inflasie + 7% be­haal – dit wil sê ’n to­ta­le ge­mid­del­de op­brengs van 13% op jou lang­ter­myn­be­leg­ging is die norm. Daar­om moet jy da­de­lik op jou hoe­de wees as ’n pro­duk bui­ten­ge­wo­ne op­brengs­te be­loof. Dit is nie re­a­lis­ties nie en die vraag is: Waar­uit word daar­die op­brengs be­taal?”

Dit is deur­slag­ge­wend dat ’n mens nie ’n ka­pi­taal­ver­lies ly wan­neer jy geld vir af­tre­de be­lê nie. As jy 25% van jou ka­pi­taal ver­loor, het jy in werk­lik­heid 50% no­dig net om te­rug te kom waar jy was, waar­sku Fou­ché.

Wat van my kin­ders?

Ver­skeie spre­kers op die kon­gres het be­na­druk dat af­ge­tre­de­nes nie ruim­te het om hul kin­ders gel­de­lik te help nie om­dat dit ten kos­te van hul eie le­wens­be­staan sal wees.

“Jou kin­ders moet weet jou af­tree­geld is daar vir jou om van te leef en nie vir hul­le om te erf nie,” sê Roc­co Carr, sa­ke­ont­wik­ke­lings­be­stuur­der van Gla­cier van San­lam.

Hy waar­sku ook dat ou­ers nie hul af­tree­geld in hul kin­ders se sa­ke­on­der­ne­mings moet be­lê of dit ge­bruik om hul kin­ders se huis­ver­ban­de af te be­taal in ruil daar­voor dat hul­le gra­tis ver­blyf by die kin­ders kry nie. Dit is een­vou­dig te ris­kant.

Dit is eg­ter wel no­dig dat jy be­hoor­li­ke boe­del­be­plan­ning doen en sorg dat jou tes­ta­ment ge­reeld by­ge­werk word. Jy moet ook weet dat jou we­der­helf en kin­ders ver­sorg sal wees as jy te ster­we kom voor­dat jy af­tree.

Moets en moe­nies by af­tre­de Moets

) Be­waar jou ka­pi­taal. ) Dink mooi oor die ge­bruik van die be­drag wat jy kon­tant mag neem (mak­si­mum ’n der­de van jou pen­si­oen). As jy dit in kon­tant neem, ver­min­der jy jou pen­si­oen met tot ’n der­de weens be­las­ting. ) Bly in die mark so­dat jy voor­deel uit op­swaaie kan trek. ) Di­ver­si­fi­seer jou ba­te­klas­se.

Moe­nies

) Moe­nie nu­we skuld aan­gaan nie. ) Moe­nie te kon­ser­wa­tief wees nie – inflasie kan jou ka­pi­taal op­vreet as jy dit net in die bank bê­re. ) Moe­nie be­leg­gings­be­slui­te om die braai­vleis­vuur be­spreek nie. ) Moe­nie te lank wag voor­dat jy be­gin be­plan vir jou af­tre­de nie.

Gra­fi­ka: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.