Daar is goeie re­des vir die per­ke op UA’s Dit help jou om jou af­tree­geld vir jou af­tre­de te be­waar

Beeld - - Sake - C­HAR­NÉ VAN DER WALT

On­danks voort­du­ren­de kri­tiek op uit­tree­an­nu­ï­tei­te (UA’s), soos dat jy nie toe­gang het tot jou geld voor 55 jaar nie of dat Re­gu­la­sie 28 die groei op jou be­leg­ging be­perk, glo ek on­om­won­de dat ’n UA steeds ’n be­lang­ri­ke deel vorm van e­ni­ge in­di­vi­du se af­tree­plan.

Van Maart 2016 af het jy boon­op ’n ver­hoog­de be­las­ting­voor­deel. Van al­le by­dra­es aan al­le af­tree­fond­se, UA’s in­ge­sluit, mag jy (per be­las­ting­jaar) 27,5% van jou to­ta­le ver­goe­ding (of jou be­las­ba­re in­kom­ste, wat ook al die groot­ste is) as af­trek­king teen jou in­kom­ste eis voor­dat jou be­las­ting be­re­ken word.

Oo­g­lo­pen­de voor­de­le van ’n UA is dat die groei bin­ne die po­lis be­las­ting­vry is en dat die geld wat jy só spaar, deur wet­ge­wing be­skerm word teen jou skuld­ei­sers.

Maar, kri­tiek is daar ook. Hier is die mees al­ge­me­ne klag­tes wat ek hoor en my kom­men­taar op elk­een.

“Ek het nie toe­gang tot my geld voor ek 55 is nie en dan net tot ’n der­de van die geld.”

Mis­kien is dit goed dat jy nie toe­gang het nie (nie nou nie en ook nie tot al die geld as jy af­tree nie).

Te veel af­ge­tre­de­nes leen geld aan kin­ders met be­lof­tes van te­rug­be­ta­ling wat nie re­a­li­seer nie of be­gin ’n on­der­ne­ming son­der kun­dig­heid en on­der­vin­ding en staan die kans om al­les te ver­loor.

Die feit dat jy net een der­de kan kry as jy af­tree en die res móét aan­wend vir ’n in­kom­ste, be­skerm jou. Dit dwing jou ook om die geld net vir af­tre­de te ge­bruik. Jy ont­vang ook R500 000 van die eer­ste der­de (wat jy in kon­tant mag neem), heel­te­mal be­las­ting­vry.

“Die groei is nie waf­fers nie. Ek kon die geld eer­der in my huis­ver­band be­taal het.”

Die groei word (on­der meer) be­paal deur fonds­keu­ses (ge­kies vol­gens jou ri­si­ko­p­ro­fiel en on­der­he­wig aan Re­gu­la­sie 28), kos­tes (die maat­skap­py wat die be­leg­ging ad­mi­nis­treer, fonds­be­stuur­ders en/of die ma­ke­laar), inflasie en markwis­se­lings.

’n Paar ma­nie­re om groei te be­ïn­vloed, is:

) P­re­mies moet ver­kies­lik teen 10% of meer per jaar groei en nie net met die in­fla­sie­koers nie (dit sal kon­stan­te be­gro­tings­aan­pas­sings ver­eis as jou sa­la­ris of in­kom­ste nie teen 10% groei nie).

) Kies fond­se met ef­fens meer ri­si­ko, ver­al as jy ’n lan­ger ter­myn tot jou be­skik­king het.

) Kry meer as een kwo­ta­sie en ver­ge­lyk kos­te. Ad­vies­geld per uur wat die ma­ke­laar vra, te­sa­me met la­er kom­mis­sie­ver­dien­ste be­voor­deel ook jou be­leg­gings­op­brengs.

) Be­gin spaar as jy geld be­gin ver­dien.

Om jou woon­huis vroe­ër af te be­taal, is nooit ’n sleg­te i­dee nie. Ek sien eg­ter min kli­ën­te wat daar­na hul vol­le ver­band­paai­e­ment spaar. Nu­we uit­ga­wes soos kin­ders se u­ni­ver­si­teits­gel­de of ’n meer ge­mak­li­ke leef­styl ge­niet ge­woon­lik voor­keur.

Ver­sprei eer­der spaar­geld tus­sen jou huis­ver­band en af­tre­de so­dat jy nie in ’n baie kort tyd­perk moet “in­haal” met ’n af­ge­skeep­te af­tree­plan nie.

“Wat help dit ek kry nou ’n be­las­ting­voor­deel as ek la­ter be­las­ting gaan be­taal op my maan­de­lik­se in­kom­ste?”

Jy gaan op die mees­te in­kom­ste by jou af­tre­de be­las­ting be­taal. Dit sal af­hang van jou af­tree­plan en hoe jy jou be­leg­gings ge­di­ver­si­fi­seer het. Met ’n goeie af­tree­plan sal jy ver­skeie soor­te in­kom­ste (met ver­skeie be­las- ting­voor­de­le) ge­niet.

’n UA hoef nie die e­nig­ste ma­nier te wees waar­op jy spaar nie. Moet ook jou­self nie so blind­staar teen be­las­ting dat jy sleg­te be­leg­gings­be­slui­te neem nie.

As jou werk­ge­wer nie groep­voor­de­le bied nie en jy neem ’n UA in jou per­soon­li­ke naam uit, het jy die keu­se of jou werk­ge­wer (al is hy nie be­trok­ke by jou po­lis nie) reeds hier­die by­drae in ag kan neem by die be­re­ke­ning van jou maan­de­lik­se be­las­ting. My raad is om nie hier­die voor­deel te ge­bruik nie en eer­der ’n gro­ter be­las­ting­te­rug­be­ta­ling te kry, wat jy dan te­rug­ploeg in jou af­tree­be­leg­gings en nie be­stee aan luuks­he­de of le­wens­kos­tes nie.

“As ek weens om­stan­dig­he­de vroe­ër op­hou p­re­mies be­taal of die po­lis se pre­mie ver­min­der, staan ek die kans om van my geld te ver­loor.”

Nie nood­wen­dig nie. Dit hang af van die maat­skap­py waar jy jou geld be­lê se be­leid ten op­sig­te van ver­min­de­rings of kan­sel­la­sies.

Som­mi­ge maat­skap­pye het geen kos­te nie en an­der s’n val weg as jy ’n mi­ni­mum tyd­perk in die be­leg­ging is. Daar is soms ’n klein ad­mi­nis­tra­sie­kos­te vir kon­trak­wy­si­gings.

Dit is be­lang­rik om hier­oor se­ker te maak voor­dat jy die be­leg­ging uit­neem so­dat jy on­der moei­li­ke om­stan­dig­he­de nie geld ver­loor nie.

Moet eg­ter nie die op­sie van aan­pas­baar­heid van die pro­duk be­skou as ’n uit­no­di­ging om af te wyk van jou af­tree­plan nie.

“Ek is mil­joe­ne be­lo­we toe ek die po­lis uit­ge­neem het en kan nou skaars be­kos­tig om af te tree.”

Die pro­jek­sies word ge­maak teen ’n ge­skat­te waar­de in die toe­koms en moet te­rug­ge­werk teen inflasie om te sien wat dit werd is soos jy van­dag geld ken. ’n Af­tree­plan sal hier­die sy­fers in per­spek­tief plaas.

As jy spaar van die eer­ste sa­la­ris­tjek wat jy ont­vang, sal jy kan af­tree as jy 10% tot 15% spaar en nooit e­ni­ge ont­trek­kings maak van jou af­tree­geld as jy van werk ver­wis­sel nie.

Hoe min­der jy spaar, hoe lan­ger moet jy bly werk voor­dat jy kan af­tree. As jy meer wil ver­dien by jou af­tre­de as nou, as jy vroe­ër wil af­tree of as jy laat in jou le­we be­gin spaar het, moet jy meer spaar – in som­mi­ge ge­val­le tot ’n der­de van jou sa­la­ris!

“Met ’n UA is ek ge­bind aan Re­gu­la­sie 28 en dit be­perk die groei.”

Dit is nooit lek­ker om te voel jy word “be­perk” nie, maar Re­gu­la­sie 28 se hoof­doel­wit is om jou af­tree­geld te be­skerm teen te hoë ri­si­ko’s. Dit is ’n wet­li­ke be­pa­ling wat die mak­si­mum bloot­stel­ling van jou be­leg­ging aan se­ke­re ba­tes be­paal. Jy mag by­voor­beeld nie meer as 75% bloot­stel­ling hê aan aan­de­le nie, nie meer as 25% bui­te­land­se bloot­stel­ling nie en ook nie meer as 25% bloot­stel­ling aan ei­en­dom nie.

Ek stem saam, die uit­wer­king van die re­gu­la­sie is nie al­tyd po­si­tief nie. Met die ver­swak­king van die rand kan be­leg­gers gou­er ver­by die li­miet vir bui­te­land­se be­leg­gings gaan, wat ’n kuns­ma­ti­ge reg­stel­ling van die fond­se nood­saak wat nie nood­wen­dig tot voor­deel is van die groei van die be­leg­ging nie.

Trus­tees in be­heer van af­tree­fond­se mag eg­ter spe­si­fiek aan­soek doen dat die fonds wat hul­le be­stuur, uit­ge­sluit word van die re­gu­la­sie se be­per­kin­ge. Die wag­woord met Re­gu­la­sie 28 is eg­ter “be­sker­ming”. Ons wil al­mal ná die mark­te goed ge­doen het in ho­ë­ri­si­ko­be­leg­gings en is dan skie­lik on­ge­dul­dig met ons “vei­li­ge” be­leg­gings. Neem ’n be­sluit om hier­die be­sker­ming te waar­deer en dat dit ’n plek het in jou af­tree­plan.

’n Goeie af­tree­plan gaan on­der meer help:

) Dat jou be­leg­gings­por­te­feul­je iets van al­les be­vat (dit dui op di­ver­si­fi­ka­sie);

) Dat jy deur­gaans her­in­ner word dat af­tre­de ’n lang­ter­myn­pro­ses is (dit dui op dis­si­pli­ne, ge­duld en deur­set­tings­ver­moë);

) Dat jy nug­ter be­slui­te neem (teen­oor ’n e­mo­si­o­ne­le re­ak­sie op e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de);

) Dat jy ge­reeld die aan­na­mes (soos jaar­lik­se inflasie en groei­koers van be­leg­ging) her­sien en so­doen­de jou ver­wag­tin­ge oor jou af­tre­de re­a­lis­ties hou; en

) Dat jy voor­be­reid is daar­op om lan­ger te werk, sou ’n vroe­ër af­tre­de nie haal­baar wees nie.

) ’n Af­tree­plan hou jou fo­kus op die reg­te plek: jou af­tre­de. Jy kan mis­kien nie al­tyd met al die voor­stel­le aan­gaan nie, maar dit spoor jou aan om aan­hou­dend ver­an­de­rings te maak in jou leef­styl en be­gro­ting.

Ek glo daar is bin­ne hier­die af­tree­plan nog plek vir ’n UA. En as jy nie met my saam­stem nie, spaar jy da­rem op an­der ma­nie­re? ) C­har­né van der Walt is ’n fi­nan­si­ë­le raad­ge­wer en be­las­ting­prak­ti­syn. Die ar­ti­kel is in le­ke­taal ge­skryf en be­vat nie spe­si­fie­ke of per­soon­li­ke ad­vies nie. Sy skryf twee­week­liks vir

Gra­fi­ka: ISTOCK EN GRAFIKA24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.