Ta­nia Ha­ne­kom moes op 20 tus­sen bal­let en in­ge­ni­eurs­we­se kies. Sy re­ken dis daai dan­ser­dis­si­pli­ne wat haar as be­kroon­de do­sent in in­ge­ni­eurs­we­se aan Tuk­kies, en as at­leet en ma deur­dra.

Beeld - - By -

Op 44 neem sy nog op die hoog­ste vlak aan at­le­tiek deel, haar man is haar na­vor­sings­ven­noot op die ge­bied van ko­g­le­ê­re in­plan­tings en hul­le het drie ta­lent­vol­le kin­ders wat groot­ge­maak word son­der ’n huis­hulp óf mi­kro­gol­fe­tes.

“So twin­tig oor vyf sog­gens be­gin ek kos­blik­ke pak en die mees­te dae vat ek self ná s­kool die kin­ders Voor­trek­kers, hok­kie en at­le­tiek toe. As ek saans klaar ge­kook het en die kin­ders is in die bed, spring ek weer voor my re­ke­naar in. Ek gaan slaap maar min voor mid­der­nag,” sê Ta­nie Ha­ne­kom.

By die werk het sy daar­in ge­slaag om ’n nag­mer­rie­vak vir der­de­jaar-in­ge­ni­eur­stu­den­te by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria só lek­ker te maak dat le­ke selfs na haar stu­den­te se prak­tie­se ek­sa­men, ’n re­sies­dag, gaan kyk.

Span­ne van vier stu­den­te elk moet el­ke jaar saam, tus­sen Fe­bru­a­rie en Mei, aan kar­re­tjies bou wat son­der af­stand­be­heer op ’n baan kan ry. Die mo­tor­tjies moet ly­ne op die grond kan volg.

“Die eer­ste jaar het ek en my la­bo­ra­to­ri­um-in­struk­teur, Wil­lem van Jaars­veld, toe­stem­ming ge­vra so­dat ons die vloer wit kon verf en met i­so­la­sie­band het ons die stre­pe ge­maak. Ek en hy het let­ter­lik op die vloe­re rond­ge­kruip, bor­de op­ge­plak en ta­fels aan­ge­dra!”

Hul­le het nie ’n be­gro­ting ge­had vir ’n groot ge­leent­heid nie, maar ge­son­de kom­pe­ti­sie ver­rig won­de­re.

“Die stu­den­te was mál daar­oor. Daar is nou hier­die pret­fak­tor én daar is pry­se op die spel.”

Haar vak, mi­kro­ver­wer­kers, is ’n der­de­jaar­mo­du­le wat e­lek­trie­se-, e­lek­tro­nie­se- en re­ke­naar­in­ge­ni­eurs­we­se-stu­den­te sla­pe­lo­se nag­te gee.

“Ek is dik­wels in die moei­lik­heid by die an­der vak­ke, want die stu­den­te werk net aan die kar­re.” Sy glim­lag in­ge­no­me en haar oë blink.

2016 se re­sies­dag, 30 Mei, gaan in Tuk­kies se ou­di­to­ri­um aan­ge­bied word om­dat die kom­pe­ti­sie ver­le­de jaar die in­ge­ni­eurs­we­se­ge­bou ont­groei het.

Ter­wyl ter­si­ê­re on­der­wys stei­er on­der toe­ne­men­de druk, flo­reer Ha­ne­kom. Hoe fel­ler die uit­da­ging, hoe krag­ti­ger haar in­no­ve­ring, maar dít be­te­ken nie al­mal kom eens­klaps deur nie.

“Dis ’n báie ge­wil­de vak, ’n klomp stu­den­te doen hom som­mer ’n paar keer,” maak sy droog­weg ’n grap­pie oor die stu­den­te wat nie mi­kro­ver­wer­kers EMK310 die eer­ste keer slaag nie.

A­ka­de­mi­ci be­han­del on­der­rig dik­wels stief, aan­ge­sien dit eer­der na­vor­sing is wat jou kan­se op be­vor­de­ring ver­be­ter. Vir haar in­no­ve­ren­de be­na­de­ring tot die leer­pro­ses is Ha­ne­kom eg­ter in 2015 met drie toe­ken­nings be­loon.

Een van haar fa­kul­teit, een van Tuk­kies en ook ’n na­si­o­na­le prys vir uit­ne­mend­heid in on­der­rig van die Ver­e­ni­ging vir Ho­ër On­der­wys Leer en On­der­rig van Suid-A­fri­ka. ))) Sy skud haar kop so hard dat haar bos krul­le rond­om­ta­lie swaai. “Dis glád nie ’n vak wat ek self sou kies nie.”

”Ek het sélf daar­mee ge­suk­kel toe ek ’n stu­dent was. Ek het al­tyd ge­sê as hul­le vir my dié vak gee om te do­seer, be­dank ek.”

Toe die dag aan­breek, het sy die teen­oor­ge­stel­de ge­doen.

“Ek ’t ge­voel ons moet dit meer prak­ties maak, jy moet reg­tig iets kan dóén as jy hier uit­stap.”

“Mi­kro­ver­wer­kers is die klein re­ke­naar­tjies wat in jou sel­foon sit. Daar is am­per niks meer wat dees­dae nié op ’n soort mi­kro­ver­wer­ker­stel­sel loop nie. Ver­keers­lig­te, ys­kas­te, skot­tel­goed­was­sers, kar­re – ál­les het dit in.”

“Toe dink ek ’n paar jaar ge­le­de aan die kar­re­tjies, om dit vir die stu­den­te lek­ker te maak.”

Sy leun vo­ren­toe, kyk of haar kan­toor­deur toe is en fluis­ter ag­ter haar hand: “’n Stu­dent is mos maar nog steeds ’n kind, hul­le hou van speel.”

Sy sit reg­op en sê: “Ons in­ge­ni­eurs werk te hard en speel te min. Ek wil nie hê hul­le moet vir toet­se en ek­sa­mens leer nie. Ek wil hê hul­le moet die kar­re bou en daar­deur wil ek hê hul­le moet al­les leer wat hul­le no­dig het. Ek sê dit ook vir hul­le. Dat in­ge­ni­eurs­we­se ’n kre­a­tie­we be­roep vir die toe­koms is, be­twy­fel sy nie vir ’n oom­blik nie. “In­ge­ni­eurs­we­se on­der­steun reg­tig al die as­pek­te van ons sa­me­le­wing: die teg­no­lo­gie in me­di­sy­ne, jou sel­foon, jou kar en al jou huis­hou­de­li­ke toe­stel­le. Daar is niks meer wat on­af­hank­lik van in­ge­ni­eurs­we­se ge­beur nie.”

Sy lag lek­ker wan­neer sy ver­tel hoe kar­re­tjies soms “met P­restik aan­me­kaar­ge­sit is”. Dan kom re­sies­dag, die kar­re­tjie word warm, die gom smelt en die wie­le kom let­ter­lik én fi­guur­lik af.

“Die an­der ding is dat hul­le ’n baie lae vlak pro­gram­me­rings­taal moet ge­bruik. Hul­le kan daar­om nie voor­beel­de op die in­ter­net kry nie. Hul­le moet dit sélf skryf.” Sy knik in­ge­no­me. “Ons het ’n groot pro­bleem dat stu­den­te al­les wil goo­gle. As dit nie op die in­ter­net is nie, dink hul­le dit be­staan nie. Ek dink dis in e­ni­ge on­der­rig ’n uit­da­ging om stu­den­te so­ver te kry om self te dínk. Om hul­le nuus­kie­rig te maak.

“Ons wil hê hul­le moet hul­self vra: Hoe moet ek maak om my kar te laat ry? Eer­der as: Wat moet ek weet om die ek­sa­men deur te kom?” ))) Wan­neer Ha­ne­kom snags voor haar re­ke­naar in­skuif, is dit op die oom­blik om ’n spe­si­fie­ke jong mei­sie te help. Dié pa­si­ënt se ko­g­le­ê­re in­plan­ting help haar om te hoor, maar dit laat on­ge­luk­kig ook haar ge­sig­spie­re ver­trek.

“Wat hul­le in­tus­sen doen, is om Bo­tox vir haar in te spuit, maar dan is haar ge­sig na­tuur­lik ver­lam. Ons (Ta­nia en haar man, Jo­han) pro­beer die in­plan­ting só aan­pas dat dit die la­ding van haar ge­sig­spie­re af weg­lei. Dit is u­niek in die wê­reld en ons móét daai werk doen. Dis be­lang­rik.”

Wens sy sy kon twee men­se ge­wees het?

“Drie! Want ek het drie kin­ders. Hul­le is in gr. 9, gr. 6 en gr. 2. Dis nog­al ’n uit­da­ging – al die kin­ders doen s­port.

“Laas jaar was daar 20 at­le­tiek­by­een­koms­te, 34 hok­kie­wed­stry­de en ek het net en­ke­les ge­mis.”

Jo­han se kan­toor is twee deu­re ver­der af in die gang. “Ek het hom in my twee­de jaar ont­moet. Hy is ses jaar ou­er as ek en was des­tyds die twee­de­jaar­voog­do­sent. Ek was die twee­de­jaars se klas­ver­teen­woor­di­ger . . .” Sy glim­lag breed.

“Ek het aan­vank­lik my mees­ters­graad on­der hom ge­doen, tot die u­ni­ver­si­teit ge­sê het ek moet óf ’n an­der kê­rel of ’n an­der stu­die­lei­er kry. Toe kry ek ’n an­der stu­die­lei­er.”

Hy’s nou die fi­na­le­jaar-pro­jek­do­sent. “Die stu­den­te lag lek­ker, want hul­le sê in die der-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.