Guns­te­lin­ge

Beeld - - By - Flieks: Lees­stof: Mu­siek: Kos:

Oor haar suk­ses­vol­le re­sies­dag ver­tel Ha­ne­kom dat stu­den­te selfs her­win­de pro­duk­te mag ge­bruik om hul kar­re­tjies mee te bou. “Ons het al po­lis­ti­reen­bak­kies ge­had wat al ge­ry het. Die de­par­te­ment het ook ’n 3D­druk­ker ge­koop. As die stu­den­te self die on­der­de­le ont­werp, mag hul­le dit ver­niet druk, dan koop ek die ma­te­ri­aal vir hul­le. Ons pro­beer hul­le rég­tig so­ver kry om te dink en te speel.” Fo­to’s: THEANA BREUGEM de jaar laat die een Ha­ne­kom jou slaap ver­loor en in die vier­de jaar is dit die an­der een!”

Sy het “so vyf jaar ge­le­de” saam met haar kin­ders by hul­le af­rig­ter at­le­tiek be­gin oe­fen “vir oor­le­wing”.

“Ek het een­dag hier by die de­par­te­ment se se­kre­ta­res­se se kan­toor in­ge­stap en sy het ge­sê ek lyk soos ’n wan­de­len­de lyk. ’n Ou móét ’n bie­tjie ba­lans hand­haaf.”

Sy laat val ter­loops dat sy haar at­le­tiek­kle­re in die kar het, want sy gaan nog van­mid­dag “gou” by die Suid-A­fri­kaan­se Mees­ters­at­le­tiek­kam­pi­oen­skap die 200 m hard­loop.

“Ek kan rê­rig nie aan die kar­re­tjies of ons na­vor­sing dink ter­wyl ek be­sig is om weg te spring nie. So dit maak dit eint­lik baie lek­ker.” ))) Sy het al in die vroeë 1990’s ’n in­ge­ni­eur ge­word, maar mei­sies in in­ge­ni­eurs­klas­se is nog

Ek het om­trent ál die Dis­ney­flieks stuk­stuk ge­sien. Ran­go is my guns­te­ling­te­ken­prent. Jis, dis prag­tig! Ek hou van mooi sto­ries. Die fliek A.I. Ar­ti­fi­ci­al In­tel­li­gen­ce het my vir ’n week laat huil. Dis een van die bes­te flieks wat ek al ooit ge­sien het, maar ek wil dit nooit weer kyk nie.

Ui­ter­aard we­ten­skap­fik­sie. Ek hou van die tyd­skrif Po­pu­lar Me­cha­ni­cs. Ek hou ook van gods­diens­ti­ge boe­ke. Dit is vir my be­lang­rik om die lie­we Heer se steeds skaars en dit pla haar.

“Ek sê al­tyd vir mei­sies: Die e­nig­ste ding wat jy no­dig het om ’n in­ge­ni­eur te word is ’n brein. Nie ’n baard nie.

“My ma, Bar­ba­ra, het ook nooit be­per­kings ge­plaas op ons nie. Ek wou as kind eers in ’n sta­di­um ’n ver­pleeg­ster word, toe vra sy hoe­kom dan nie som­mer ’n dok­ter nie?

“Ek het ’n seuns­maat­jie ge­had, Nick de V­ries, wat al van la­er­skool af met sul­ke e­lek­tro­nie­se goed­jies ge­speel het. Hy het al­tyd ge­sê hy gaan ’n in­ge­ni­eur word. La­ter was dit vir my ’n keu­se tus­sen ma­ri­ne­bi­o­loog, veg­vlie­ë­nier óf in­ge­ni­eurs­we­se.

“Ek wou een­keer ’n klomp mei­sies op ’n dag­uit­stap­pie neem na ’n uit­stal­ling hier oor pa­pier- en mo­del­vlieg­tui­gies, toe sê die ma’s vir my: ‘Is dit nie eer­der ’n seun­tjie-ding nie?’ ” Sy sug, skou­ers swaar. “Toe dink ek, ag, jy weet, dáár het ons dit klaar ver­loor. As die ma’s hul­le dog­ters só groot­maak, gaan hul­le mos nie in­ge­ni­eurs­we­se stu­deer nie?

“Dis eint­lik ’n ge­wel­dig kre­a­tie­we veld! Jy het ook nie no­dig om 200 kg te weeg en nét sul­ke been­ha­re te hê om ’n in­ge­ni­eur te wees nie. Ons is ook maar net mam­mas.

“In­ge­ni­eurs­we­se skep ook die pro­duk­te wat ver­koop. Dis waar die geld van­daan kom wat re­ken­mees­ters rond­skuif.

“Ons stu­den­te gaan ook nie be­ter on­der­rig in A­me­ri­ka kry as wat ons hul­le hier gee nie. Die pro­bleem kom net as ons klas­se vir ’n week ont­wrig word, soos vroe­ër van­jaar.

“Daar was ’n re­ke­naar­toets wat die stu­den­te in daai sta­di­um van die jaar móés skryf. Toe be­sef ons hoe­veel stu­den­te nie re­ke­naars by die huis het nie.

“10% van my der­de­jaar­klas het nie re­ke­naar­toe­gang tuis nie en 20% het nie in­ter­net nie. skep­pings uit ’n we­ten­skap­li­ke oog­punt te ver­staan.

Klas­sie­ke mu­siek. Nic­colò Pa­ga­ni­ni en Bach is guns­te­lin­ge. Ek luis­ter as my dog­ter vir my van die nu­we mu­siek speel, maar ek kan nie sê dat dit my aan­gryp nie.

Beeld BY

Ek is nie ’n ge­wel­dig gees­drif­ti­ge kok nie. My men­se kry maar groen­te en vleis, nou en dan sal ek sous by­sit. Ons gaan baie min uit. As ons gaan, is dit maar S­pur toe met die kin­ders! Hul­le moes by vrien­de of in­ter­net­ka­fees aan­klop.

“As die u­ni­ver­si­teit ont­wrig word, word dáái stu­dent die mees­te be­na­deel.” Sy frons, diep be­kom­merd. Tog lyk dit as­of daar nie ’n uit­da­ging be­staan waar­voor sy nie ’n “plan­ne­tjie” maak nie.

Toe die re­ke­naar­lo­ka­le in 2015 te klein ge­word het om haar 280 stu­den­te te ak­kom­mo­deer het sy en Wil­lem kop­pe by­me­kaar­ge­sit. “Nou Sky­pe ek te­ge­lyk na vier la­bo­ra­to­ri­ums toe.”

Een van haar stu­den­te het ge­kla dat sy dié mo­du­le mak­li­ker sou kon deur­kom as Ha­ne­kom dit net in Noord-Sotho kon aan­bied.

“Toe sê ek vir haar as ek dit in Noord-Sotho aan­ge­bied het, sou sy dit noóit deur­ge­kom het nie, want ek kan nie Noord-Sotho praat nie!”

Ta­nia maak nou vir dié stu­den­te vi­deo-le­sings, “som­mer met my re­ke­naar se we­bcam, dan re­di­geer ek dit self”. Die teks ver­werk sy in on­der­skrif­te wat die u­ni­ver­si­teit se taal­sen­trum dan in Noord-Sotho ver­taal. “Nou moet my Noord-Sotho-stu­den­te net help kyk of dit sin maak.”

Toe sy laat in 2014 hand­boe­ke moes voor­skryf vir 2015, was die boek wat sy wou kies te duur.

“Toe sê die uit­ge­wer as ek die hand­boek ’n bie­tjie uit­me­kaar haal en an­der goed by­sit, kan hul­le ’n cu­s­tom print doen. Dit kos toe die helf­te van die prys.”

Sy wat Ta­nia is, moes net nag­te om­werk om dit be­tyds klaar te kry.

“As ons op­gee, wie gaan die in­ge­ni­eurs op­lei vir die toe­koms? El­ke lie­we stu­dent wat in jou klas in­kom, het dro­me. Dis jou plek om vir ’n stu­dent te wys wat in­te­gri­teit en ver­ant­woor­de­lik­heid be­te­ken.”

In­ge­ni­eurs is ook nie net bleek­sie­le voor boe­ke nie, bor­rel sy op­ge­won­de.

“Twee van my na­graad­se stu­den­te sing in die Tuk­kie-koor, een stu­dent is ’n at­leet wat pro­beer kwa­li­fi­seer vir die O­lim­pie­se S­pe­le en daar is min­stens drie van ons wat bal­le­ri­nas was of is by dié de­par­te­ment.

“As jy ’n in­ge­ni­eur is en jy kan nie werk kry of skep nie, is daar iets fout met jou. Daar ís nie ’n ver­sko­ning nie. Dis ’n be­roep wat jou toe­rus met al die vaar­dig­he­de in jou han­de. Ek sê nie dis mak­lik nie, maar dis moont­lik. Ek dink ’n mens moet net ’n bie­tjie meer waag.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.