Dik­ta­tuur al wat Mao na­laat

Beeld - - By -

Dit is nou net mooi 50 jaar ge­le­de dat een van die bloe­dig­ste en raai­sel­ag­tig­ste om­wen­te­lin­ge in C­hi­na be­gin het. Dit was Mao Ze­dong se Kul­tu­re­le Re­vo­lu­sie, wat dié land tot op die rand­jie van die af­grond ge­bring het. Le­o­pold S­choltz pro­beer sin maak van iets son­der sin.

Dit is 16 Mei 1966. Die Sen­tra­le Ko­mi­tee van die C­hi­ne­se Kom­mu­nis­tie­se Par­ty ver­ga­der in Bei­jing.

Die aan­we­si­ges is ge­span­ne. Dit is be­kend dat daar erns­ti­ge ru­sie is in die lei­ding van die par­ty. Trou­ens, die ver­ga­de­ring hou al 12 dae lank aan, en die mag­stryd na­der sy kli­maks.

Mao Ze­dong, lei­er van die par­ty, lees die teks voor van ’n com­mu­ni­qué wat eint­lik op ’n oor­logs­ver­kla­ring neer­kom. Hy het dit self se­we keer oor­ge­skryf:

“Hier­die ver­teen­woor­di­gers van die bour­geoi­sie wat ons par­ty ge­ïn­fil­treer het . . . is eint­lik ’n klomp teen­re­vo­lu­si­o­nê­re re­vi­si­o­nis­te. As die tyd ryp is, sal hul­le die mag pro­beer gryp, en die dik­ta­tuur van die pro­le­ta­ri­aat in ’n dik­ta­tuur van die ka­pi­ta­lis­tie­se klas om­skep. Som­mi­ge van hul­le is reeds deur ons aan die kaak ge­stel, som­mi­ge nie. Som­mi­ge word steeds deur ons ver­trou en word groot­ge­maak as ons op­vol­gers . . .”

Ter on­der­steu­ning van die ver­kla­ring steek Mao se lui­te­nant, Lin Bi­ao, sy vuis in die lug en skreeu dat e­nig­ie­mand wat téén Mao is, “dood­ge­maak moet word . . . die he­le land moet om hul bloed roep!” Vol­gens Lin is sul­ke men­se “kin­ders van hoe­re en te­we”.

Die voor­stel word tot stem­ming ge­bring en ’n roe­ring gaan deur die aan­we­si­ges. Dit word met ’n groot meer­der­heid goed­ge­keur.

Mao self is die groot oor­win­naar. Die Kul­tu­re­le Re­vo­lu­sie het be­gin.

Om te be­gryp wat hier ge­beur het, moet ’n mens die ag­ter­grond ver­staan.

Mao Ze­dong het in 1949 aan die be­wind ge­kom na­dat hy die Na­si­o­na­lis­tie­se re­ge­ring na die ei­land Tai­wan ver­dryf het. As jy Mao wil ver­staan, moet jy weet dat hy ’n in­te­res­san­te meng­sel was van fa­na­tie­ke i­de­o­lo­gie en mee­do­ën­lo­se mags­wel­lus – ’n ge­vaar­li­ke kom­bi­na­sie.

Mao was van me­ning dat sý be­grip van die Marx­is­ties-Le­ni­nis­tie­se i­de­o­lo­gie die e­nig­ste denk­ba­re kor­rek­te was, en dat al­mal wat án­ders ge­dink het, do­de­li­ke klas­se­vy­an­de was wat ge­na­de­loos uit die weg ge­ruim moes word.

Selfs die daag­lik­se werk­lik­heid moes by sý be­grip van die i­de­o­lo­gie aan­ge­pas word wan­neer die twee – soos on­her­roep­lik die ge­val was – ge­bots het.

Hy het self op ’n keer ge­sê: “Wan­neer ons ’n pro­bleem be­stu­deer, moet ons die fei­te on­der­werp deur ’n ge­sigs­punt te aan­vaar en die saak met po­li­tiek te ak­ti­veer.”

In die 1950’s wou Mao C­hi­na by­voor­beeld in een klap tot ’n in­dus­tri­ë­le su­per­moond­heid ont- wik­kel. Dus het hy klein­boe­re ver­plig om klein smel­ters­oon­de in hul ag­ter­pla­se te be­gin om C­hi­na se staal­pro­duk­sie bin­ne ’n paar maan­de te ver­dub­bel. Die pro­bleem is dat die boe­re toe nie meer voed­sel kon pro­du­seer nie, en die ge­volg was se­ker die erg­ste hon­ger­snood in die gan­se C­hi­ne­se ge­skie­de­nis.

Die Ne­der­lands ge­bo­re his­to­ri­kus Frank Dik­öt­ter, eer­ste a­ka­de­mi­kus wat toe­gang tot C­hi­ne­se ar­gie­we ge­kry het, meen “die Groot S­prong Voor­waarts”, soos Mao die pro­ses ge­noem het, het die dood van min­stens 45 mil­joen men­se ge­kos ( Mao’s G­re­at Fa­mi­ne: The His­to­ry of C­hi­na’s Most De­va­sta­ting Ca­ta­strop­he, 2011).

Dié ramp het Mao se greep op die mag ui­ter­aard aan­sien­lik ver­swak. Sy teen­stan­ders in die par­ty, ver­al Deng Xi­a­o­ping en Liu S­ha­o­qi, het die be­heer oor die e­ko­no­mie oor­ge­neem. Mao self het as staats­hoof be­dank, maar as lei­er van die Kom­mu­nis­tie­se Par­ty aan­ge­bly.

Teen 1966 was hy ge­reed om weer die mag te gryp. Die sen­tra­le ko­mi­tee se uit­ge­rek­te ver­ga­de­ring van Mei van daar­die jaar was die hoog­te­punt van ’n stra­te­gie wat hy sorg­vul­dig uit­ge­werk het.

Die ver­kla­ring van 16 Mei was in we­se ’n staats­greep teen die Kom­mu­nis­tie­se Par­ty. Reg­oor die land is ge­troue kom­mu­nis­te, ver­al on­der­wy­sers en do­sen­te, be­skul­dig van af­wy­ken­de den­ke.

Stu­den­te en s­kool­kin­ders, dik­wels slegs tie­ners, is op­ge­roep om vy­an­de in hul om­ge­wing uit te ruik (dik­wels selfs hul eie ou­ers) en aan die kaak te stel.

In ’n on­der­houd met The New York Ti­mes van­dees­maand het een van die slag­of­fers, C­hen Qi­gang, ver­tel:

“In daar­die tyd het nie­mand reg­tig ge­weet wie vir en wie teen die re­vo­lu­sie was nie. Dit was vol­ko­me bui­te be­heer. Die stu­den­te het be­jaar­des na die s­kool ge­bring en hul­le ge­slaan. Hul­le het hul on­der­wy­sers en skool­hoof­de aan­ge­rand. Daar was geen wet nie.

“Daar was ’n stu­dent wat twee of drie jaar ou­er as ek was. Hy het twee be­jaar­de men­se met sy kaal han­de dood­ge­slaan. Tot van­dag toe het nie­mand daar­oor ge­praat nie. Ons weet al­mal wie dit ge­doen het, maar dit is soos dit is. Nie­mand het dit ooit on­der­soek nie. Dié din­ge was te al­ge­meen.”

Vol­gens Dik­öt­ter (ver­le­de jaar het sy The Cul­tu­ral Re­vo­lu­ti­on: A Pe­op­le’s His­to­ry 1962-1976 ver­skyn) het tot 2 mil­joen men­se in dié el­len­de ge­sterf. Dit is na­tuur­lik aan­sien­lik min­der as die sterf­te­sy­fer van die Groot S­prong Voor­waarts, maar eint­lik was die uit­ein­de­li­ke ge­volg veel na­de­li­ger: In dié ge­val was dit hoof­saak­lik in­tel­lek­tu­e­le wat ge­sterf het. En dit het C­hi­na se on­der­wys – die fon­da­ment van al­le ont­wik­ke­ling in e­ni­ge land – dra­ma­ties ge­kort­wiek.

Deng was een van dié wat uit sy pos ver­wy­der en as ge­wo­ne wer­ker na ’n trek­ker­fa­briek op die plat­te­land ge­stuur is. Sy oud­ste seun is ver­lam na­dat hy by ’n ven­ster uit­ge­spring het (of dalk ge­stoot is). Mao was se­ë­vie­rend, sy al­mag to­taal.

Maar dit was net ty­de­lik. In 1976 is hy dood, en ’n nu­we mag­stryd het uit­ge­breek.

Mao se i­de­o­lo­gie­se op­vol­gers, be­kend as die “ben­de van vier” (on­der wie sy we­du­wee, Ji­ang Qing), het die mag pro­beer gryp. Maar Deng het dié keer ge­wen, die vier is in heg­te­nis ge­neem en is die dood­straf op­ge­lê.

Van­dag is C­hi­na ’n to­taal an­der land. Men­se wat plek­ke soos Bei­jing en S­jan­ghai be­soek, sien hi­per­mo­der­ne ste­de met to­ring­ge­boue, er­ge lug­be­soe­de­ling en stra­te wat to­taal ver­stop is van al die ver­keer.

Twee amp­te­li­ke C­hi­ne­se koe­ran­te het die Kul­tu­re­le Re­vo­lu­sie op sy 50ste her­den­king skerp ge­kri­ti­seer, on­ge­twy­feld met die se­ën van die hui­di­ge pre­si­dent, Xi Jin­ping (wie se pa self ’n des­tyd­se slag­of­fer was.) Mao se por­tret hang steeds bo­kant die in­gangs­poort na die Ver­bo­de Stad langs die P­lein van He­mel­se Vre­de in Bei­jing, maar sy er­fe­nis is op ster­we na dood.

Al wat oor­ge­bly het, is die dik­ta­tuur.

On­der Xi se voor­gan­gers het ’n ver­sig­ti­ge de­mo­kra­tie­se i­ni­si­a­tief op plaas­li­ke vlak be­gin op­bou, maar hy het weer weg­ge­doen daar­mee. C­hi­na is tans ’n ka­pi­ta­lis­tie­se dik­ta­tuur wat sy ge­wig wê­reld­wyd tot A­me­ri­ka se er­ger­nis be­gin rond­gooi.

’n Half­eeu ná die ver­kla­ring van 16 Mei 1966 is daar van die Kul­tu­re­le Re­vo­lu­sie slegs on­aan­ge­na­me her­in­ne­rin­ge oor.

Dit was hoof­saak­lik in­tel­lek­tu­e­le wat ge­sterf het. En dit het C­hi­na se on­der­wys dra­ma­ties ge­kort­wiek.

Fo­to: REU­TERS

Win­kel­pop­pe van die ja­re 1960’s en 1970’s word ver­toon in ’n mu­seum in An­ren in C­hi­na.

Fo­to: AP

Mao Ze­dong in 1966.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.