Kor­rup­sie eet sy eie kin­ders op

Beeld - - By - Van der West­hui­zen se ter­myn van 12 jaar as reg­ter in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het van­jaar ver­stryk. Hy is tans die in­spek­te­ren­de reg­ter van ge­van­ge­nis­se. JO­HANN VAN DER WEST­HUI­ZEN

By die be­graf­nis van die skry­wer Jan Ra­bie het An­dré B­rink ge­sê Ra­bie het ei­e­han­dig die koers van die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de ver­lê.

Dit het hy ge­doen met sy bun­del van 21 aan­gry­pen­de, soms bi­sar­re kort­ver­ha­le, wat in die laat 1950’s ver­skyn het.

Een van Ra­bie se tref­fend­ste ver­ha­le is die skok­ken­de “Drie kaal­kop­pe eet te­sa­me”.

Drie kaal­kop­mans sit om ’n ta­fel en eet.

“Die lig­te van die re­stau­rant gloei me­taal­ag­tig op die kaal ge­po­leer­de kro­ne. Dit laat dink aan ei­er­dop­pe, oop­ge­kraak tot mon­ster­ag­ti­ge mis­ge­boor­tes van dril­len­de wan­ge en mon­de.”

Die ly­we is “e­norm en ge­swol­le bo die drie pa­re ver­dwerg­de been­tjies wat hon­ge­rig on­der die ta­fel trap­pel”.

Hul­le word be­dien deur ’n lang skraal kel­ner in ’n swart pak. Die kaal­kop­pe ver­or­ber al­les wat voor hul­le ge­plaas word op die walg­lik­ste wy­se. La­ter neem die kos mens­li­ke vorms aan, soos “arms, be­ne, bors­te van maag­de, en selfs ’n kin­der­ho­fie, ro­sig ge­kook”.

Na­dat die kaal­kop­pe ook die men­se by ta­fels om hul­le waan­sin­nig en kwy­lend ver­slind het, eet hul­le hul­self op deur hul eie vin­gers af te byt en stuk­ke uit me­kaar te skeur. Hul ly­we ver­dwyn in hul mon­de. Die kop­pe val stuip­trek­kend op die vloer tot­dat die kel­ner hul­le op­vee soos leë ei­er­dop­pe waar­op die dow­we lig­te wit glim, in ’n vul­lis­blik gooi waar hul­le soos vrot pam­poe­ne lyk, en die ta­fel vir die vol­gen­de dag se maal dek.

’n Let­ter­kun­di­ge het in my u­ni­ver­si­teits­ja­re die ver­haal as “’n al­le­go­rie van vraat­sug en wel­lus” be­skryf. Om­dat ek nie weet of dit bil­lik is om wel­lus in sul­ke sleg­te ge­sel­skap te plaas nie, sal ek dalk eer­der na “vraat­sug en gie­rig­heid” ver­wys.

Ek be­sef eg­ter dat laas­ge­noem­de twee baie oor­een­stem en dat die een dalk ’n vorm van die an­der is.

Baie van die mis­daad in ons sa­me­le­wing – soos dief­stal, roof en selfs moord – het veel met ar­moe­de en ’n ge­brek aan op­voe­ding te doen. Kor­rup­sie word eg- ter meest­al ge­dryf deur gie­rig­heid, of­te­wel dood­ge­wo­ne vraat­sug.

Ju­ri­dies gaan die mis­daad van kor­rup­sie ver­al oor om­ko­pe­ry, ver­al van ie­mand in ’n mags­po­si­sie. Die wy­er be­te­ke­nis van die be­grip sluit eg­ter in an­der vorms van on­eer­lik­heid wat wins voort­bring.

Die groot­ste ge­vaar is nie net werk­li­ke kor­rup­sie nie, maar die per­sep­sie daar­van in ’n sa­me­le­wing en die feit dat dit as ’n deel van die le­we aan­vaar word.

Met an­der mis­da­de sien ons dit ook. Aan­hou­den­de pu­bli­si­teit oor die hoë mis­daad­sy­fer en die on­be­kwaam­heid van die po­li­sie en ver­vol­gings­ge­sag (met be­rig­te van dos­sie­re wat ver­dwyn en so meer) skep ’n al­ge­me­ne in­druk dat mis­daad wyd voor­kom en meest­al straf­fe­loos bly.

Ie­mand wat van ’n eg­ge­noot ont­slae wil raak vir geld of ’n an­der ver­hou­ding, kry dan som­mer mak­lik moed om ’n tui­nier te be­taal om vrien­de op­drag te gee om die moord te pleeg, son­der veel aan­dag aan voor­sorg om nie ge­vang te word nie.

’n Reg­ter van Ke­nia het ver­tel hoe ’n pro­ku­reur en sy kli­ënt in ’n hof gaan sit en wan­neer die reg­ter in­stap, die pro­ku­reur aan die kli­ënt sê: “Met hier­die reg­ter kan ons die saak net op een ma­nier wen.”

Die kli­ënt vra hoe dit dan ge­doen moet word. Die pro­ku­reur sê dat hul­le die reg­ter moet om­koop, waar­op die kli­ënt sê “wel, dan moet ons dit maar doen” en die om­koop­geld aan die pro­ku­reur gee.

La­ter le­wer die reg­ter uit­spraak teen die ver­baas­de kli­ënt, wat dan vir die pro­ku­reur vra: “Hoe dan nou?”

Die pro­ku­reur se ant­woord is dat die an­der par­ty die reg­ter meer be­taal het.

Te mid­de van dit al­les is die reg­ter toe nooit eens om­ge­koop nie en is die uit­spraak eer­lik. Die pro­ku­reur het bloot munt ge­slaan uit die ge­mak­li­ke aan­vaar­ding dat selfs die reg­stel­sel kor­rup is.

Maar nie net die kaal­kop­pe on­der ons pleeg kor­rup­sie nie. Men­se met ha­re van al­le ti­pes en kleu­re doen dit ook. Re­ge­rings­amp­te­na­re het im­mers sa­ke­lui no­dig om hul­le om te koop.

’n Mens kan ook vra hoe­veel van ons vol­ko­me eer­lik is by die in­vul van be­las­ting­op­ga­wes, die in­dien van ei­se vir ki­lo­me­ters wat ge­ry is op die werk­ge­wer se re­ke­ning, die op­te­ke­ning van ure ge­werk vir ’n goeie pro­fes­si­o­ne­le ta­rief, on­der­han­de­lings met ver­keers­po­li­sie, en­so­voorts.

Ons vra mak­lik: Waar­om dan nie, as al­mal om ons dit in ie­der ge­val doen?

Soms maak ons of ons dink dit is mo­reel aan­vaar­baar om be­las­ting te ont­duik om­dat die re­ge­ring in ie­der ge­val ons be­las­ting­geld steel of mors.

’n Ge­meen­skap kan mak­lik deur gie­rig­heid, op­por­tu­nis­me, pap rug­gra­te en groot ga­pen­de vet­be­smeer­de mon­de sy kin­ders se toe­koms vraat­sig op­vreet.

)

‘n S­kerm­greep uit die vi­deo Drie Kaal­kop­pe van In­ge Prins.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.