El­ke s­port het sy be­se­rings

Beeld - - Leefstyl -

Berg­fiets­ry­ers kan in hoof­saak­lik twee ka­te­go­rieë ver­deel word: Dié wat reeds hárd ge­val het, en dié wat nog hard gáán val. En as dit by val kom, kry jy weer twee ver­skil­len­de ti­pes: Eer­stens is daar dié wat hul­le in ’n an­der bloed­groep of ge­loof in val, maar steeds dap­per op­spring, rond­kyk en hoop nie­mand het hul­le ge­sien nie en wan­neer hul­le ag­ter­kom ie­mand het wel ge­sien (ver­al mooi vroue of hul fiets­ry­vrien­de), maak hul­le on­mid­del­lik of dit glad nie seer was nie. Hul­le sal eer­der nog 20 km met ’n af rib, ’n ont­wrig­te skou­er of har­sing­skud­ding ry, as om e­nig­sins te er­ken die val het sleg­ter af­ge­loop as wat hul­le wou voor­gee.

Maar dan kry jy ook weer die aan­sit­ters en to­neel­spe­lers wat al­tyd op­tree as­of die val baie er­ger is as wat dit reg­tig was. Dis hul­le wat daar sal lê en steun en kreun en aan­dring dat jy ’n am­bu­lans of he­li­kop­ter ont­bied en selfs tus­sen­deur skimp vir mond-tot-mond-a­sem­ha­ling.

Ag­ter­na sal hul­le in die fyn­ste be­son­der­he­de ver­tel p­re­sies hoe­veel keer hul­le deur die lug ge­tol het (en ’n paar keer by jok) voor hul­le met moe­der aar­de ken­nis ge­maak het. Dis nog­al goeie ver­maak om na hier­die groep se kleur­ry­ke sto­ries te luis­ter.

Ge­luk­kig val ek in die eer­ste ka­te­go­rie wat reeds hard ge­val het. Maar nes groep twee, wei­er ek om in stil­te te suf­fer. Be­hal­we die keer toe ek ses we­ke voor die E­pic ge­val en my skou­er ge­breek het.

Ons was op ’n ge­wo­ne oe­fen­rit by die Braam­fon­tein-spruit toe my ys­ter­perd­jie my soos ’n steeks don­kie af­ge­smyt het. Die oom­blik toe my skou­er die har­de grond tref, het ek be­sef ek het moei­lik­heid. Die dooie steek­pyn en die feit dat ek nie my bo­arm kon roer nie, het dit be­ves­tig. Oom­blik­ke ná die val het ek erg naar ge­voel, maar om­dat ek toe al p­re­sies ’n jaar vir daar­die Ca­pe E­pic ge­oe­fen het, het ek my­self oor­tuig dat ek o­kei is.

Een van die eer­ste ou­ens wat ge­stop het om my te help, was ’n pa­ra­me­di­kus wat self fiets ge­ry het en na­dat hy so ’n bie­tjie aan my skou­er ge­voel en ge­vat het, het hy vir my ge­sê wat ek in daar­die sta­di­um baie graag wou hoor, dat dit nie so erg lyk nie. En dat ek naar sou ge­voel het as die skou­er ge­breek was. Ek het net daar vir my­self ge­sê die naar­heid van vroe­ër was net my ver­beel­ding.

By die hos­pi­taal was dit ’n an­der sto­rie, want ter­wyl ek be­sig was om al­mal om my (ver­al my man) te oor­tuig dat my skou­er nie so erg be­seer was nie, het die dok­ters aan­ge­dring op x-stra­le. Die moei­lik­heid was eg­ter dat ek daar­die dag my gun- ste­ling- pienk fiets­ry­hem­pie aan­ge­had het en fiets­ry­ers sal weet dat or­dent­li­ke fiets­ry­kle­re min of meer so duur is soos ’n uit­rus­ting vir die jaar­lik­se Dur­ban Ju­ly. Hoe meer die nur­sie daar­op aan­dring dat ek my hemp uit­trek, hoe min­der kon ek my lin­ker­arm roer om die hem­pie uit te kry.

Dit was toe sy met haar mas­sie­we skêr soos in ’n to­neel uit Ed­ward S­cis­sor­hands na my toe aan­ge­stap kom, dat ek dit heel­te­mal ver­loor het, want ek was eer­der be­reid om vir die vol­gen­de ses we­ke daar­die hem­pie te dra as dat sy hom met haar skêr ver­rin­ne­weer.

Ge­luk­kig het my vrien­din De­si­ree, wat self ’n ICU-sus­ter is, tot my red­ding ge­kom en my fiets­ry­hem­pie ge­red.

My skou­er was op drie plek­ke ge­breek en daar was geen ma­nier dat ek toe aan daar­die jaar se E­pic kon deel­neem nie.

Ek het hard en aan­hou­dend ge­ween en geen ge­heim van my ver­driet ge­maak nie.

Maar dié soort s­mart is tal­le at­le­te se lot – dis maar hoe s­port werk.

Ek weet van Com­ra­des-at­le­te wat ’n week voor die tyd do­de­lik siek ge­word het en selfs fiets­ry­ers wat bin­ne die eer­ste 20 km van ’n ma­ra­thon hul­self in die hos­pi­taal in ge­val het. Maan­de se oe­fe­ning in sy peet­jie. Want ja, el­ke s­port het maar sy be­se­rings . . .

Teré­sa Coet­zee ty­dens die joBerg2C.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.