Kamp­va­kan­sies ver­ras al­tyd

Beeld - - Leefstyl -

Om saam met fa­mi­lie­le­de te kam­peer, kan nog­al ’n be­proe­wing wees. Tie­ners is nog er­ger, maar tie­ner­mei­sies . . . Vir hul ou­ers is daar ’n spe­si­a­le plek­kie in die he­mel ge­re­ser­veer.

In die De­sem­ber­va­kan­sie van 1999, kort voor die nu­we mil­len­ni­um, be­sluit my pa hy wil ’n wil­de perd op­saal en sy vrou en twee tie­ner­dog­ters op ’n kamp­va­kan­sie na die Se­ren­ge­ti neem.

Nou, am­per 20 jaar la­ter, is dit my i­dee van ’n droom­va­kan­sie. As jy eg­ter 16 jaar oud is en jou maat­jies gaan P­let­ten­berg­baai en Jef­freys toe en keer te­rug met sto­ries oor skelm sluk­kies per­ske-schnapps op die strand en va­kan­sie­ro­man­se met bruin­ge­bran­de bre­kers, dan is ’n maand in die boen­does nou nie eint­lik jou i­dee van ’n op­win­den­de va­kan­sie nie. Op 16 is ’n fo­to saam met ’n bruin­ge­bran­de bran­der­plank­ry­er baie koe­ler as ’n fo­to saam met ’n Ma­sai-kry­ger.

Ons ge­sin was nie die wê­reld se mees er­va­re kam­peer­ders nie, maar my pa het vroe­ër daar­die jaar vir hom ’n or­dent­li­ke 4x4 aan­ge­skaf (met dif­flock nog­al) en hy was lus vir ’n a­von­tuur. Hy het ’n bos­wa ge­koop met ’n tent wat in die ver­toon­ka­mer van ’n bui­te­lug­win­kel bin­ne vyf mi­nu­te op­ge­slaan kon word.

Die eer­ste paar dae was nie te sleg nie. Die a­blu­sie­blok­ke was net­jies, die son het ge­skyn en die ne­we-ef­fek­te van die La­ri­am-ta­blet­te wat ons vir ma­la­ria ge­drink het, het nog nie in­ge­skop nie.

Toe ons eg­ter by Zam­bië oor die grens is, toe be­gin die pro­ble­me – hoe meer noord ons ge­ry het, hoe meer suid­waarts het die va­kan­sie ge­keer.

Die tent, wat so mak­lik in daai ver­toon­ka­mer op­ge­pop het, het nou ’n mees­ter­graad in o­ri­ga­mi­vou­kuns no­dig ge­had om hom te­rug in sy sak te kry. Ver­by Lu­sa­ka het die he­me­le oop­ge­maak en oop­ge­bly.

Ek dink die erg­ste was eg­ter die ge­neu­le­ry van my en my sus­ter, wat van fyn por­se­lein on­der ons ag­ter­ste­we moes gra­du­eer na put­toi­let­te, koue stor­te, en som­tyds as die a­blu­sie­blok­ke werk­lik walg­lik was, vuil ha­re en hurk in die veld. Ons was hul­pe­loos as dit by kam­peer ge­kom het – ons kon skaars ’n tent­pen in­slaan. So ter­wyl my pa ge­woon­lik in die re­ën ge­spook het om ons tent op­ge­slaan te kry, het ons soos reg­te twee ma­dams in die kar ge­sit tot­dat daar ’n droë kol­le­tjie vir ons on­der die tent­seil was.

Ie­wers moes daar ’n breek­punt kom.

En so, op Kers­dag in ’n mod­de­ri­ge kam­peer­ter­rein net bui­te Dar es Sa­laam, met on­weers­wol­ke wat om my pa se kop draai, Me­flo­qui­ne (ma­la­ri­a­me­di­sy­ne) wat koor­sig deur sy are pols en mod­der met die­self­de teks­tuur as snot wat aan sy voe­te klou, was sy dik­bek dog­ter die laas­te strooi.

Ek het in die kar ge­sit en broei. Ons Ker­s­e­te was Top­pers en S­mash en die fa­mi­lie was koud, nat en gat­vol. My pa het my kom roep vir aand­e­te en ek kan nie ont­hou wat ek te­rug vir hom ge­tjirp het nie. Toe ek weer sien, toe tref ’n vi­de­o­ka­me­ra my teen die arm, bons op my knie, en in ’n plas­sie wa­ter. Ons al­twee het ver­slae na die ka­me­ra ge­kyk. My pa het hom nog net een keer te­vo­re so vir my ver­erg. Ek het op 11 ’n hel­se loe­sing ge­kry toe ek ge­wei­er het om ’n kin­der­buf­fet te eet en met ’n vloer­moer aan­ge­dring het om die vol­prys groot­mens­buf­fet te eet.

Van­dag lag ons oor die va­kan­sie. As ek te­rug­dink, dan sien ek Ki­li­man­dja­ro se ys­piek wat bo ’n wolk­kom­bers uit­loer en die oop vlak­tes van die Se­ren­ge­ti, waar wil­de­bees­te soos swart mier­tjies kri­oel. Ek moet mooi dink om die her­in­ne­rin­ge van ons ge­sin uit te gra­we, waar ons soos nat­ge­re­ën­de hoen­ders on­der ’n tent­seil­tjie om die Ca­dac-sto­fie bon­del.

Dis die won­der van ’n kam­p­a­von­tuur. Wan­neer die skerp ran­te van koue, on­ge­mak en hon­ger­te ’n bie­tjie sag­ter ge­maak word deur nos­tal­gie se warm gloed, be­sef jy eers hoe lek­ker dit was.

Fo­to: ISTOCK

Kamp is nie al­tyd ma­ne­skyn en ro­se nie, maar die her­in­ne­rin­ge bly ’n mens al­tyd by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.