Hoe­wel hul­le ’n splin­ter­nu­we in­ter­na­si­o­na­le lug­ha­we in die land ge­bou het, dink ek steeds dis ’n be­ter roep om ’n pad­lang­se toer soon­toe te on­der­neem.

Beeld - - Leefstyl - Fiets­ry tus­sen die die­re Voel die hart­klop van A­fri­ka Steek ’n kers aan Ge­luk­kig had ons vir Lucky Coet­zee was ’n gas van die S­wa­zi­land Tou­rism Aut­ho­ri­ty.

As e­nig­ie­mand vir my vra wat my guns­te­ling­plek in S­wa­zi­land was, sal ek son­der om te skroom sê die M­lil­wa­ne Wild­li­fe Sanc­tu­a­ry. (En dis nie nét om­dat ek daar kon fiets­ry nie.)

Hier­die re­ser­vaat is soos ’n huts­pot prop­vol u­nie­ke be­stand­de­le – van die baie be­kos­tig­ba­re pry­se, die ho­pe wil­de die­re wat jy deu­ren­tyd sien, die be­son­der­se by­e­korf­hui­sies waar­in jy snags kan slaap, die tra­di­si­o­ne­le S­wa­zi-dan­se voor die groot vuur on­der die ster­re­he­mel tot die fiets­rit wat jy in die re­ser­vaat kan on­der­neem.

Die by­e­korf­gras­hui­sies was baie rui­mer bin­ne as wat dit van bui­te lyk en dis ’n heer­li­ke er­va­ring om in hier­die kraal te bly met die hui­sies wat in ’n sir­kel langs me­kaar staan.

Die aand het ons by die ge­meen­skap­li­ke bo­ma gaan aan­sit vir ’n heer­li­ke buf­fet-aand­e­te en die vol­gen­de og­gend, net ná ont­byt, het ons ’n ge­mak­li­ke fiets­rit in die re­ser­vaat on­der­neem. (Die feit dat daar or­dent­li­ke 29duim-berg­fiet­se was om op te ry, was vir my ’n groot ver­lig­ting!) Ons was maar lug­tig vir die kro­ko­dil wat ’n klip­gooi van ons af daar by die dam in die son­ne­tjie ge­lê het, maar ons gids het ons ver­se­ker ons vre­se was on­ge­grond.

Hier by die re­ser­vaat is ook ’n swem­bad en ’n lief­li­ke braai­a­rea waar ’n mens ure lank kan kui­er. Meer in­lig­ting is by big­ga­me­parks.org/m­lil­wa­ne. Een van die kleur­vol­ste ei­en­skap­pe van S­wa­zi­land, is die ryk S­wa­zi-ge­skie­de­nis en -kul­tuur.

O­ral waar jy kom, is te­kens van die eeu oue ko­nink­li­ke heer­skap­py. Om die ge­skie­de­nis en kul­tuur van die land be­ter te ver­staan, is ’n be­soek aan die Man­ten­ga Cul­tu­ral Vil­la­ge be­slis ’n moét.

Hier kan jy p­re­sies sien hoe die hi­ë­rar­gie werk en som­mer ook die ge­leent­heid kry om in ’n reg­te S­wa­zi-kraal te kui­er.

Die rit­mie­se dan­se van die ta­lent­vol­le tra­di­si­o­ne­le dan­sers pols be­hoor­lik deur jou he­le lyf en vir ’n oom­blik – as jy jou oë lank ge­noeg toe­maak – kan jy jou ver­beel dat jy deel is van hier­die oer­oue tra­di­sie en ge­skie­de­nis.

Ek was so mee­ge­voer dat die oom­blik toe een van die dan­sers my hand ge­vat het en saam in die groep in­ge­trek het, al my in­hi­bi­sies saam met die stof on­der As win­kel­tjies met al­ler­han­de hand­ge­maak­te A­fri­ka-snuis­te­rye jou ding is, kan jy be­slis ’n uur of twee op­sy­sit om S­wa­zi Cand­les te gaan be­soek.

Hier kan jy sien hoe kuns­te­naars al­ler­han­de dier­tjies en ob­jek­te uit kers­was kerf. Hier is let­ter­lik rak­ke en rak­ke vol ker­se in el­ke denk­ba­re ge­stal­te, vorm en kleur.

Die win­kel waar ek nie kon weg­kom nie, was die we­we­ry waar jy die mooi­ste hand­ge­weef­de ser­pe, doe­ke en kom­ber­se kon koop. Teen ’n taam­li­ke prys, na­tuur­lik.

Ons laas­te oor­nag­plek was die Moun­tain Inn Ho­tel in M­ba­ba­ne. Toe ek vroeg­og­gend my gor- dy­ne oop­trek, het die mooi­ste uit­sig oor die mis­ti­ge ber­ge my be­groet. Die per­fek­te prent­jie waar­mee ek af­skeid wou neem van hier­die won­der­li­ke land. Ons toer­gids ty­dens hier­die toer was ’n S­wa­zi-bur­ger ge­naamd Lucky Ma­vuso. Son­der hom sou S­wa­zi­land nie die­self­de ge­wees het nie. Hy het op ’n baie u­nie­ke ma­nier sy lief­de vir en ken­nis van die land met ons ge­deel en dit was ver­al Lucky se hu­mor en sy ma­nier van sto­ries ver­tel wat ’n mens by­bly.

Hy is be­skik­baar om toe­re te on­der­neem. Kon­tak hom by +268 76031260 of lu­cnhla@y­a­hoo.co.uk.

)

Be­leef die land uit ’n an­der hoek ter­wyl jy vin­nig met ’n ka­bel gly. Hier is Iga Motyl­ska op een van die Ma­lo­lot­ja Ca­nopy Tours.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.