Sjef se sui­ker­soet uit­da­ging

Beeld - - Leefstyl - Aan­vaar ’n soet­ge­bak­uit­da­ging

Ons is tans be­sig met ’n reeks ru­brie­ke oor sjefs wat ons in­spi­reer, en dan deel ons na­tuur­lik ’n lek­ker re­sep wat ’n va­ri­a­sie is van een van die sjefs se ken­mer­ken­de ge­reg­te.

A­dri­a­no Zum­bo is van­dag in die kol­lig. Dié fyn­ge­bak­sjef is ’n mees­ter in wat hy doen, dus is dit nie ’n ver­ras­sing nie dat Se­li­ne hom so be­won­der.

Zum­bo is ’n Aus­tra­lie­se sjef wat al vir Pier­re Her­me, waar­skyn­lik die mees ge­re­spek­teer­de pa­tis­se­rie in Pa­rys, ge­werk het. Daar­na het hy te­rug­ge­trek na Aus­tra­lië waar hy sy eie pa­tis­se­rie in Bal­main oop­ge­maak het.

Hy is be­kend daar­voor dat hy bui­te die boks dink wan­neer dit kom by na­ge­reg­te en fyn­ge­bak – hy kan spog met ’n in­te­res­san­te ver­sa­me­ling geur­kom­bi­na­sies en in­ge­wik­kel­de teg­nie­ke.

Hy het in 2007 be­kend­heid ver­werf na­dat hy op Mas­terC­hef Aus­tra­lia ver­skyn het om vir die deel­ne­mers een van die taai­ste uit­da­gings in dié reeks se ge­skie­de­nis te gee – die cro­quem­bou­che. Dié ke­ël­vor­mi­ge to­ring van choux-pof­fer­tjies ge­vul met room, is be­rug daar­voor dat dit baie moei­lik is om reg te kry, en die a­ma­teur-sjefs het lie­der­lik mis­luk.

Zum­bo maak steeds in el­ke sei­soen van Mas­terC­hef Aus­tra­lia sy ver­sky­ning waar hy die as­pi­rant-sjefs (en ky­kers) in­spi­reer en in hul sok­kies laat be­we.

Dit is op dié pro­gram wat ons hom leer ken het en waar Se­li­ne ver­lief ge­raak het op sy be­na­de­ring tot soe­tig­heid.

Hy het ne­ge win­kels in Aus­tra­lië en drie van sy re­sep­te­boe­ke is top­ver­ko­pers.

In sy jong­ste boek, The Zum­bo Fi­les, fo­kus hy op geur­kom­bi­na­sies. Die soe­tig­heid waar­voor hy se­ker die mees­te be­kend­heid ver­werf het, is die “Gol­den Ma­ca- ron” – ’n a­man­del­be­der­fie met ’n wit­sjo­ko­la­de-vul­sel, ver­sier met eet­ba­re goud. Dit is ’n man­ji­fie­ke skep­ping, maar wys net ’n klein ge­deel­te van Zum­bo se ta­lent. Sy win­kels en “high tea”-eet­plek­ke is on­ge­loof­lik en ver­dien ’n plek op el­ke foodie se em­mer­skop­ly­sie.

Ter ere van Zum­bo se “Gol­den Ma­ca­ron” deel ons van­dag ’n re­sep vir ’n ma­krol­le­tjie met ’n Suid-A­fri­kaan­se kin­kel deur­dat ons Rooi­bos by die ro­me­ri­ge wit­sjo­ko­la­de-vul­sel ge­voeg het.

Ma­krol­le­tjies is “tem­pe­ra­men­teel” en dit is groot uit­da­ging om dit reg te kry. As jy eg­ter dié paar een­vou­di­ge re­ëls volg, be­hoort jy ook te kan spog met prag­ti­ge ma­krol­le­tjies:

) Weeg al jou be­stand­de­le, ver­al die ei­er­wit­te. Dit klink een­vou­dig, maar dit maak ’n groot ver­skil.

) Ge­bruik jel-voed­sel­kleur­sel – die wa­ter­ge­bas­seer­de kleur­sel sal die ver­hou­din­ge in die re­sep ver­steur. Voeg die kleur­sel by wan­neer jy die a­man­del­pas­ta maak.

) Moe­nie dat jou “be­slag” staan voor­dat jy dit op die bak­pla­te spuit nie. Die meng­sel sal skei en die ma­krol­le­tjies sal net een­vou­dig flop.

Ie­mand het een­keer vir ons ge­sê dat geen i­dee net aan een mens be­hoort nie – so­dra jy iets aan die wê­reld be­kend ge­stel het, be­hoort dit aan die wê­reld. Dié stel­ling is baie waar is.

So­dra jy iets daar­bui­te sit en dit is suk­ses­vol of be­gin ’n ten­dens, dan gaan mas­sas men­se be­gin om jou na te volg.

Die ge­heim is om kon­stant aan die voor­punt te bly van dit wat jy doen so­dat dit baie dui­de­lik is wie die uit­vin­der is en wie net be­sig is met na-a­pe­ry.

Dis hier­mee in ge­dag­te dat ons men­se aan­moe­dig om te eks­pe­ri­men­teer en pret te hê in die kom­buis.

Daar gaan al­tyd ie­mand wees wat iets eer­ste doen. Daar­om – al is re­ëls en ba­sie­se teg­nie­ke ’n be­lang­ri­ke ba­sis om van te werk – is dit nie die be­gin en die ein­de van al­les nie.

Dit is wat so fan­tas­ties is van A­dri­a­no Zum­bo: Hy is kon­stant be­sig om te in­no­veer en ter­self­der­tyd is hy ’n on­ge­loof­li­ke oop leer­mees­ter en ie­mand wat graag sy ken­nis en vaar­dig­he­de deel. Die wê­reld het meer sjefs soos hy no­dig.

Ons hoop van­dag se re­sep in­spi­reer jou om ’n uit­da­ging in die kom­buis aan te durf. Pro­beer iets nuuts en as dit mis­luk, dan mis­luk dit. Maar as dit werk? Sal dit nie won­der­lik wees nie!

Fo­to: SE­LI­NE VAN DER WAT

A­dri­a­no Zum­bo is ’n in­spi­ra­sie vir e­nig­ie­mand met ’n pas­sie vir soet­ge­bak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.