MA­KROL­LE­TJIES MET ROOI­BOS­GANACHE

Beeld - - Leefstyl - Jy be­no­dig: Vir die ma­krol­le­tjies: Vir die ganache: Só maak ’n mens:

135 g fyn a­man­dels 135 g ver­sier­sui­ker 95 g ei­er­wit­te 40 ml wa­ter 125 g strooi­sui­ker 130 ml vars room 4 Rooi­bos­tee­sak­kies 220 g wit­sjo­ko­la­de, fyn­ge­kap 60 g ge­sou­te bot­ter eet­ba­re goue poei­er (op­si­o­neel) 1. Vir die ganache: Ver­hit die room tot kook­punt, plaas drie van die tee­sak­kies in die room en laat ’n mi­nuut of twee trek (die vier­de sak­kie is vir ver­sie­ring). 2. Skep die tee­sak­kies uit en giet die warm room­meng­sel oor die fyn­ge­kap­te sjo­ko­la­de en laat ’n paar mi­nu­te staan om sag te word. As die sjo­ko­la­de nie be­hoor­lik smelt nie, plaas die bak so­wat 30 se­kon­des in die mi­kro­golf­oond. Roer deeg­lik om ’n sy­glad­de meng­sel te vorm. Laat af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur. Plaas dan in die ys­kas. 3. Om die ma­krol­le­tjies te maak: Druk die a­man­dels deur ’n sif. Dit klink dalk soos moei­te, maar dit sal vir ’n be­ter eind­pro­duk sorg. 4. Meng die a­man­dels en die ver­sier­sui­ker en voeg 45 g van die ei­er­wit­te by en meng. Voeg ook nou ’n drup­pel of twee kleur­sel by as jy ge­kleur­de ma­krol­le­tjies wil hê (ons s’n is nie ge­kleur nie). 5. Gooi die res van die ei­er­wit­te in ’n skoon meng­bak en ge­bruik jou e­lek­trie­se klit­ser. Giet die wa­ter in ’n klein ka­strol, voeg die sui­ker by en roer lig­gies. Plaas die ka­strol op die stoof en ge­bruik ’n ter­mo­me­ter om se­ker te maak dit ver­hit tot 110 °C (moe­nie van die hit­te ver­wy­der nie). Wan­neer die stroop dié tem­pe­ra­tuur be­reik, be­gin die ei­er­wit­te teen ’n ma­ti­ge spoed klits. So­dra die stroop 118 °C be­reik, giet dit sta­dig in langs die kant van die meng­bak (dus, in die ei­er­wit­te in en nie op die klit­ser nie) en klits so­wat 5 mi­nu­te teen ’n ma­ti­ge spoed wan­neer ’n blink me­rin­gue be­hoort te vorm. 6. Vou die me­rin­gue ver­sig­tig by die a­man­del­meng­sel. Maak se­ker jy meng dit nie té veel nie – jy wil nie die lug uit die ei­er­wit­te roer nie. Ons meng ge­woon­lik die helf­te van die me­rin­gue eers by die a­man­dels (om dit lig­ter te maak) en vou dan die res baie ver­sig­tig in. 7. Plaas ’n ver­sier­spuit van 1 cm bin­ne ’n ver­sier­sak ( Maak die sak­kie half­vol en druk goed af so­dat daar geen lug­bor­rels is nie. Voer ’n bak­plaat met bak­pa­pier uit. 8. Spuit die deeg om ma­krol­le­tjies te maak wat so­wat 5 cm in deur­snee is (hou die sak en tuit teen 90 ° met die ta­fel, spuit dus di­rek af­waarts). Jy kan die ma­krol­le­tjies e­ni­ge groot­te maak, so­lank dit net al­mal min of meer ewe groot is so­dat twee­twee net­jies op me­kaar sal pas. Ons draai die tuit na­dat ons ’n ma­krol­le­tjie ge­spuit het om te keer dat e­ni­ge pun­te vorm – druk die meng­sel uit en wan­neer jy klaar is (son­der om e­ni­ge druk toe te pas), ge­bruik die ver­sier­spuit om ’n sir­kel in die lug te maak ter­wyl jy dit weg­be­weeg van die ma­krol­le­tjie wat jy ge­spuit het. 9. Wan­neer jy al die ma­krol­le­tjies klaar op die bak­plaat ge­spa­si­eer het, lig die bak­plaat so­wat 15 cm in die lug op en laat dit op jou kom­buis­toon­bank val. Her­haal ’n paar keer (dit is om lug­bor­rels in die deeg te laat ont­snap). Weer­staan die ver­soe­king om e­ni­ge punt­jies op die ma­krol­le­tjies plat te druk en moet on­der geen om­stan­dig­he­de jou vin­ger nat maak en die punt­jies pro­beer plat­druk nie. 10. Voor­ver­hit die oond tot 135 °C (115 °C in ’n oond met ’n waai­er). Laat die bak­plaat met die ma­krol­le­tjies eg­ter eers 30 mi­nu­te by ka­mer­tem­pe­ra­tuur staan tot ’n vel­le­tjie bo­op die ma­krol­le­tjies vorm. So­dra dit droog voel as jy lig­gies daar­aan raak, plaas die bak­plaat in die oond en bak 15 mi­nu­te lank. Haal dit uit die oond en laat dit af­koel. 11. Plaas die ma­krol­le­tjies twee­twee by­me­kaar. Haal die ganache uit die ys­kas en skep in ’n ver­sier­sak met die­self­de ver­sier­spuit wat jy ge­bruik het vir die ma­krol­le­tjies. Spuit ’n bal­le­tjie ganache op een van die dop­pies. Plak die an­der dop­pie ver­sig­tig op die eer­ste een (druk dit baie lig­gies om die ganache plat te druk – wees net ver­sig­tig dat dit nie breek nie!) 12. As jy swie­rig wil wees, meng ’n drup­pel wa­ter by eet­ba­re goue poei­er. Ge­bruik ’n klein kwas­sie en verf ’n spat­sel goud op die boon­ste dop­pie van el­ke ma­krol­le­tjie. S­prin­kel ’n bie­tjie Rooi­bos­tee­bla­re oor ter­wyl die “verf” nog nat is. Sit da­de­lik voor of be­dek die ma­krol­le­tjies met kleef­plas­tiek en laat dit in die ys­kas oor­nag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.