Ge­bruik die na­tuur om sla­pe­loos­heid te oor­win

As jy al by­na al­les pro­beer het om snags na droom­land te ver­trek, oor­weeg een van dié plan­te in jou ka­mer. Dit kan dalk net help om Klaas Va­kie tuis te laat voel.

Beeld - - Leefstyl -

Sla­pe­loos­heid is geen ple­sier nie. Na­vor­sing toon dat ’n mens ná 24 uur se slaap­ver­lies ge­span­ne en angs­tig sal be­gin voel.

As jy ge­reeld aan sla­pe­loos­heid ly, is die kan­se goed dat jy al die ge­wo­ne mid­dels al pro­beer het en dalk al hon­der­de ran­de by die ap­teek be­stee het om ’n op­los­sing te vind.

In­dien al die an­der pil­le­tjies en plan­ne nie werk nie, kan jy dit ge­rus oor­weeg om plan­te in jou ka­mer aan te hou.

Tuin­bou­kun­di­ges by S­to­dels­kwe­ke­ry noem vier plan­te wat die lug sui­wer, help teen be­soe­de­ling sleg­te reu­ke be­stry so­dat jy saans mak­li­ker kan a­sem­haal.

Die plan­te lyk nie net mooi nie, dit skep ook kalm­te en dra by tot ’n be­ter nag­rus.

S­koon­ma­se­tong

Hier­die plant word in be­son­der aan­be­veel om die lug bin­nens­huis te sui­wer. Die plant is ook lek­ker ge­hard en dit is mak­lik om die plant te on­der­hou. S­koon­ma-se-tong stel suur­stof in die nag vry en ab­sor­beer kool­stof­di­ok­sied. Die kool­stof­di­ok­sied wat ons uit­a­sem, word dus deur die plant op­ge­neem en die ge­hal­te van die lug in die ver­trek ver­be­ter.

S­koon­ma-se-tong fil­treer ook an­der al­ge­me­ne huis­hou­de­li­ke gif­stow­we soos for­mal­de­hied en ben­sien uit die lug.

V­re­des­le­lie

Hier­die ge­wil­de huis­plant fil­treer ska­de­li­ke lug­dra­en­de gif- stow­we en bring snags vre­de in die huis. Die vog wat deur die blom­me vry­ge­stel word, kan ’n ver­trek se vog­tig­heid met tot 5% ver­hoog en so mi­kro­bes in die lug wat tot al­ler­gieë kan lei, on­der­druk. Die v­re­des­le­lie ver­kies ’n koel­te­kol­le­tjie bui­te be­reik van kin­ders en troe­tel­die­re en moet week­liks wa­ter kry.

Dié le­lie is baie mooi en is be­slis baie goed­ko­per as slaap­pil­le!

Bam­boe­spalm

Dié plant, ook be­kend as die riet­palm, is ’n fan­tas­tie­se lug­fil- treer­der. Gooi weg jou che­mie­se lug­ver­fris­sers en kry ’n paar van hier­die mooi palms om op ’n na­tuur­li­ke ma­nier ont­slae te raak van reu­ke en gif­stow­we.

La­ven­tel

La­ven­tel met sy prag­ti­ge pers blom­me­tjies help jou nie net om aan die slaap te raak nie, dit help jou om be­ter te slaap en in die og­gend ver­fris wak­ker te word.

Dit is een van die ge­wild­ste en tra­di­si­o­ne­le a­ro­ma­te­ra­pie­mid­dels en daar is ge­noeg na­vor­sing ge­doen om dit te on­der­steun. Een stu­die het be­vind dat la­ven­tel ’n mens meer e­ner­giek en ver­fris laat voel – ’n paar drup­pels la­ven­tel­o­lie op jou kus­sing sal jou rus­tig aan die slaap laat raak en angs­tig­heid ver­min­der.

Hou be­slis ’n paar van dié won­der­li­ke plan­te in jou huis en ka­mer en laat die na­tuur jou help om rus­tig te slaap.

Fo­to’s: STODELS

Die v­re­des­le­lie.

La­ven­tel.

S­koon­ma­se­tong.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.