U­ni­ted sal veg vir ti­tels – Ma­ta

Beeld - - Sport -

Lon­den. – Man­ches­ter U­ni­ted se sok­ker­span sal bin­ne­kort weer se­ges “in groot styl” be­haal dank­sy sy kan­nie­dood-be­na­de­ring op die veld.

Só het die Rooi Dui­wels se mid­del­veld­spe­ler Ju­an Ma­ta ge­sê voor van­dag se FA Cup-eind­stryd teen Cry­stal Pa­la­ce op Wem­b­ley.

Lou­is van Gaal se span, wat vyf­de in die En­gel­se P­re­mier­liga ge­ëin­dig het, het die twee­de keer in drie sei­soe­ne nie vir die Kam­pi­oe­ne­li­ga ge­kwa­li­fi­seer nie.

’n Se­ge oor Cry­stal Pa­la­ce sal trou­ens aan U­ni­ted sy eer­ste tro­fee be­sorg se­dert hy die Ge­meen­skap­skild in 2013 ver­o­wer het.

Die klub se drie ma­er ja­re het be­gin ná die uit­tre­de van sy su­per-suk­ses­vol­le af­rig­ter, A­lex Fer­gu­son, wat die span tot 13 P­re­mier­liga-ti­tels, ses oor­win­nings in FA Cup-eind­stry­de en twee Kam­pi­oe­ne­li­ga-ti­tels in sy 26 jaar aan die stuur ge­lei het.

“Ons sal veg vir ti­tels,” het Ma­ta aan die BBC ge­sê. “Dis net ’n kwes­sie van tyd voor­dat die ge­ty draai en die tro­feë na ons kant toe kom.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.