Cru­sa­ders klop Wa­ra­tahs in re­ën

Beeld - - Sport -

Chris­t­church. – Die Cru­sa­ders het die Wa­ra­tahs Vry­dag hier met 29-10 ge­klop in ’n slor­di­ge Su­per­rug­by-wed­stryd wat weens gie­ten­de re­ën aan die ein­de uit­ge­ra­fel het.

Die tuis­span het nog­maals be­wys dat die Ki­wi’s stra­te be­ter is as hul teen­stan­ders uit Aus­tra­lië en Suid-A­fri­ka, maar het die pad in die twee­de helf­te ef­fe bys­ter ge­raak na­dat hul­le rus­tyd met 22-5 voor­ge­loop het.

Dit was die Cru­sa­ders, wat ver­le­de week teen die High­lan­ders in Du­ne­din die knie moes buig, se eer­ste oor­win­ning oor die Wa­ra­tahs se­dert 2013.

Die Wa­ra­tahs het se­dert­dien al­bei wed­stry­de voor Vry­dag se krag­me­ting ge­wen, in­slui­ten­de die eind­stryd in 2014 toe Ber­nard Fo­ley ’n straf­doel in die dood­snik­ke oor­ge­klits het. . Pun­te­ma­kers: Cru­sa­ders 29: Drieë: John­ny M­cNi­choll, Is­rael Dagg, Ri­chie Mo’un­ga, Jor­dan Tau­fua. Doel­skop­pe: Mo’un­ga (3).

Straf­doel: Mo’un­ga. Wa­ra­tahs 10: Drieë: Is­rael Fo­lau, Zac, Guild­ford. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.