Na­dal en D­jo­ko­vic het ap­pel­tjie te skil

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok Ra­fa vlieg weer – maar is hy nog Su­per­man? Se­re­na bly die vrou om te klop

’n Be­ken­de ge­sig . . . Se­re­na Wil­li­ams ver­le­de jaar voor die Eif­fel­to­ring na­dat sy die Fran­se Ope vir die der­de keer ge­wen het. Van­jaar is sy ou­der­ge­woon­te weer die guns­te­ling om dié ti­tel te wen.

Op Ra­fa­el Na­dal se wens­lys: sy bou­de te­rug op ten­nis se klei-troon. Op No­vak D­jo­ko­vic s’n: die loop­baan-Grand Slam.

An­dy Mur­ray hoop hier­die is die maand waar­in hy uit­ein­de­lik sy vin­ger­af­druk­ke op die Mus­ke­tier­stro­fee kry, en Se­re­na Wil­li­ams het die kans om te wys haar sko­k­ne­der­laag in ver­le­de jaar se A­me­ri­kaan­se Ope het glad nie haar mo­men­tum ge­breek nie.

Vir die eer­ste keer se­dert die A­me­ri­kaan­se Ope van 1999 sal Ro­ger Fe­de­rer nie in ’n Grand Slam-toer­nooi in ak­sie wees nie, maar wan­neer die ver­naam­ste po­ten­si­ë­le sto­rie­ly­ne van Ro­land Gar­ros 2016 ge­lys word, tel die im­pak van Fe­de­rer se af­we­sig­heid nie daar­on­der nie.

Vir die Pa­ry­se­naars wat van Son­dag af na die Fran­se Ope wil op­ruk, is daar steeds meer as ge­noeg re­des om hul sak­ke te skud. )

’n De­ka­de lank was daar geen twy­fel nie dat Na­dal die wê­reld se on­be­twis­te klei­ko­ning was. Met ne­ge Mus­ke­tier­stro­feë tus­sen 2005 en 2014 en meer Mees­ters­ti­tels (20) op klei as e­nig­ie­mand an­ders was dít bo ver­den­king.

Ná ’n 2015 waar­in sy lyf nie wou saam­speel nie, en Na­dal in die kwart­eind­ron­de van die Fran­se Ope deur D­jo­ko­vic uit­ge­boen­der is, was sy au­ra van on­oor­win­lik­heid op klei daar­mee heen. Maar hy het dit van­jaar be­gin her­win met klei-se­ges in Bar­ce­lo­na en Mon­te Car­lo in ag­ter­een­vol­gen­de we­ke.

As al­les goed gaan, sal Na­dal en D­jo­ko­vic me­kaar van­jaar in die half­eind­ron­de pak – en met Na­dal se self­ver­troue dui­de­lik te­rug, kan dit die wed­stryd van die toer­nooi wees én bo­ge­noem­de vraag be­ant­woord. ) Wan­neer die vroue-kom­pe­ti­sie van e­ni­ge Grand Slam-toer­nooi voor­af be­spreek word, is die fo­kus al­tyd die­self­de: Wie kan Se­re­na klop?

Van­jaar is geen uit­son­de­ring nie – en soos ge­woon­lik is die ant­woord: net sy­self.

Wil­li­ams se kri­ti­ci sal daar­op wys dat sy van­jaar nog net in drie toer­nooie ge­speel het, en skyn­baar min ge­spin was oor voor­be­rei­ding vir die Fran­se Slam. Maar ver­le­de week in Ro­me het sy die wê­reld her­in­ner dat sy nie week in en week uit hóéf te speel om die res voor haar weg te vee nie, en ge­meet aan haar ver­to­nings­lys van die af­ge­lo­pe drie jaar sal die 14 dae in Pa­rys nie an­ders wees nie.

Fo­to: GET­TY I­MA­GES

TEN­NIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.