Skaam jul­le, di­no­sou­rus­se van Mui­r­field!

Beeld - - Sport -

Nee vir vroue by Mui­r­field! Hul­le speel te sta­dig, hul­le is te an­ders, en hul­le sal al­les kom om­ver­werp.

Maak die hek­ke vir hul­le oop, en voor ons weet sal hul­le vrae vra oor die for­maat waar­in ons speel, die uit­da­gings van ons klub en ons mid­dag­e­te-re­ë­lings.

Maak hier­die kan wurms oop, en wie weet hoe­veel meer gaan volg? Nee vir vroue by Mui­r­field!

Oor die am­per­se his­te­rie waar­mee die nee-broers van die Mui­r­field-gholf­klub hul me­de-le­de pro­beer aan­moe­dig het om die klub se be­leid van Slegs Mans te be­hou, kan ’n mens maar net jou kop skud. Vroue, glo dié di­no­sou­rus­se, sal na hul klub toe kom en al­les van die gor­dy­ne tot die kom­pe­ti­sie-for­maat tot die kos by mid­dag­e­te tot die uit­leg van die set­per­ke ver­an­der.

Dit is ver­stom­mend dat daar in die jaar 2016 steeds plek­ke is waar mans dink hul­le hoort al­leen op die mis­hoop. By Mui­r­field is die be­leid so eng dis lag­wek­kend: dié klub is in die aan­loop tot die stem­ming be­skryf as “’n mans-klub waar gholf ge­speel word”.

Geen ge­wo­ne gholf­klub nie, dus.

Maar in hier­die dag en tyd sou dit nooit aan­vaar­baar wees nie, en dis on­ver­staan­baar dat die man­ne van Mui­r­field dit nie be­sef het nie.

Vol­pun­te dus vir die R&A, die groot­ba­se van die B­rit­se Ope, dat hul­le be­sluit het tot hier toe en nie ver­der nie. Die twee­der­de-meer­der­heid wat Mui­r­field no­dig ge­had het om sy ge­slags­be­leid te ver­an­der, het nie ge­re­a­li­seer nie (net 64% het ja ge­sê) – en dit het die klub ter­stond sy sta­tus as ’n B­rit­se Ope-gas­heer ge­kos.

Maar dit het ook ’n nu­we R&A-ring­kop ge­verg om tot dié stap oor te gaan. So on­langs as 2013 het die voor­ma­li­ge hoof, Pe­ter Daw­son, aan die Te­le­graph ge­sê: “As die R&A vir Mui­r­field sê hul­le’s die Ope kwyt as hul­le nie hul be­leid ver­an­der nie, sal dit blo­te boe­lie-tak­tiek wees. Dis nie ons rol om gholf­klubs aan te val wat heel­te­mal wet­tig op­tree nie.”

Drie jaar la­ter het Mar­tin Slum­bers dui­de­lik ’n nu­we per­spek­tief ge­bring – en hoe jy ook- al daar­na kyk, dis be­ter vir gholf.

Wie’s die boe­lies wan­neer ’n klub nie vroue wil toe­laat nie om­dat hul­le din­ge an­ders sal doen? Hoe help dit gholf as een van sy blink­ste ju­we­le hom­self swart smeer met dis­kri­mi­ne­ren­de be­leid?

Mui­r­field het nou net een pad vo­ren­toe: oop deu­re vir al­mal. En dis nie net Slum­bers of ’n paar groot­bek-fe­mi­nis­te wat daar­op aan­dring nie. Drie B­rit­se Ope-kam­pi­oe­ne – Ro­ry M­cIl­roy, Pa­draig Har­ring­ton en Paul La­wrie – het reeds ge­sê die R&A het reg op­ge­tree. Hul­le sal sweer­lik nie die laas­te wees nie.

Nou moet daar nog net plan ge­maak word by Roy­al Troon, van­jaar se Ope-gas­heer, wat ook nie vrou­li­ke le­de aan­vaar nie. Maar met die R&A se ys­ter­vuis die af­ge­lo­pe week be­hoor­lik ge­bal, is die wie­le by Troon waar­skyn­lik reeds aan die rol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.