Var­si­ty­be­ker­reeks: Puk­ke kán liga­pun­te ver­loor

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Kaap­stad. – Die Puk­ke sal liga­pun­te ver­loor as hul­le skul­dig be­vind word aan die on­reg­ma­ti­ge ge­bruik van ’n spe­ler in van­jaar se Var­si­ty­be­ker-reeks, maar die ge­vol­ge van dié straf is nog on­dui­de­lik.

’n Hoog­ge­plaas­te het Vry­dag ge­sê die reeks se uit­voe­ren­de raad wag eers vir Maan­dag se uit­spraak van die kam­pi­oen­span se tug­ver­hoor voor­dat daar be­sluit kan word oor ’n toe­pas­li­ke straf.

Die U­ni­ver­si­teit van K­waZu­luNa­tal (UKZN) het in A­pril ’n dis­puut teen Puk­ke ver­klaar om­dat hy be­weer het die Puk­ke het die reeks se re­ëls oor­tree.

Daar is aan­ge­voer dat Bart le Roux, die Puk­ke se vas­kop­stut, glo ’n twee­de keer as eer­ste­jaar aan die reeks deel­ge­neem het.

“As die Puk­ke skul­dig be­vind Die NWU­Puk­ke word ge­kroon as van­jaar se Var­si­ty­be­ker­kam­pi­oe­ne. Hul ti­tel is eg­ter in ge­drang ná hul­le daar­van be­skul­dig is dat een van hul s­pe­lers nie aan die reeks se re­ëls vol­doen nie. word, sal die liga­pun­te wat hul­le ver­dien het in die wed­stry­de waar­by Le Roux be­trok­ke was, af­ge­trek word,” is ge­sê.

“Al­mal is nog in die duis­ter oor die ge­vol­ge hier­van, maar die uit­voe­ren­de raad het só be­sluit om deur­sig­tig­heid te be­vor- der, om­dat UKZN van­jaar die­self­de straf op­ge­lê is.”

UKZN is 12 liga­pun­te be­boet om­dat hul­le Ker­ron van Vuur­en, ’n ha­ker, ge­kies het.

Hy was voor­heen by die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg in­ge­skryf.

Ge­volg­lik het die Im­pi sy kans om in die Var­si­tyskild-eind­stryd én pro­mo­sie/re­le­ga­sie-wed­stryd te speel, ver­beur.

Die Puk­ke se ver­hoor word van­dag her­vat na­dat dit deur adv. Rob S­tel­z­ner, voor­sit­ter van die tug­ko­mi­tee, uit­ge­stel is so­dat se­ke­re do­ku­men­ta­sie en ge­tui­e­nis deeg­lik on­der­soek kon word.

“Die op­stel van ’n uit­spraak sal ’n paar dae duur. Ons ver­wag dit sal Maan­dag plaas­vind. Dan eers sal die uit­voe­ren­de raad ’n moont­li­ke straf be­paal wat be­krag­tig moet word,” het die be­amp­te ge­sê.

Lui­dens die reeks se grond­wet het al­bei span­ne reg tot ap­pèl, wat dit nog ver­der kan uit­rek.

As die Puk­ke met pun­te be­boet word, sal hul­le te­o­re­ties nie meer on­der die voor­ste vier span­ne op 2016 se pun­te­lys tel nie en ook nie die uit­klop­ron­de ge­haal het nie.

Maar dit is on­waar­skyn­lik dat die reeks se uit­voe­ren­de raad sal be­sluit om die half­eind­ron­de oor te speel.

Die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria en die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat – span­ne wat in so ’n ge­val vir die uit­klop­ron­des sou kwa­li­fi­seer – het vroe­ër aan­ge­dui dit sou on­ge­rief­lik vir hul­le wees om weer te speel, aan­ge­sien die mees­te van hul staat­ma­kers nou in die Pro­vin­si­a­le Reeks vir hul on­der­skeie pro­vin­sies speel.

Daar word wel be­spie­gel dat die liga­pun­te in aan­staan­de jaar se veld­tog af­ge­trek kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.