Whi­te wil ná se­ge net aan­hou wen

Die Fran­se klub Mont­pel­lier, met die voor­ma­li­ge S­pring­bok­af­rig­ter Ja­ke Whi­te aan die spits, het ver­le­de na­week die Eu­ro­pe­se Uit­daag­be­ker ge­wen. S­te­phen Nell het met Whi­te oor al­les en nog wat ge­sels.

Beeld - - Sport -

Jy het al baie be­reik, maar om Mont­pel­lier ’n eer­ste tro­fee in sy ge­skie­de­nis te gee, is se­ker ’n hoog­te­punt on­der hoog­te­pun­te.

Ja, Mont­pel­lier is op 26 jaar nog ’n jong klub ver­ge­le­ke met van die Fran­se reu­se. Jy wen nie mak­lik iets hier nie, want daar is groot klubs wat ge­reeld wel­slae be­haal. Dis vir ons ’n groot hup­stoot, ver­al om­dat ons as groep vir nog net agt maan­de saam was. Die Bok­span wat in 2007 on­der jou die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ge­wen het, was die pro­duk van vier jaar se werk. Hoe het jy Mont­pel­lier bin­ne jou eer­ste sei­soen in ’n wen­span om­vorm?

Jy copy en pas­te maar als wat vroe­ër in jou loop­baan ge­werk het – of dit nou by die S­pring­bok­ke, Brum­bies of selfs by Ho­ër­skool Jep­pe was. Daar is se­ke­re din­ge wat vir jou as af­rig­ter werk – die soort spe­ler wat jy soek, die din­ge wat jy sê en hoe jy af­rig. Wat ons bin­ne agt maan­de ver­mag het, was puik vir die groep en die klub. Het dit ge­help om so­veel SuidA­fri­kaan­se s­pe­lers te hê?

Ja, ek weet wat Suid-A­fri­kaan­se s­pe­lers mo­ti­veer en et­li­ke van hul­le hier het al groot tro­feë ge­wen. Daar­die ken­nis en er­va­ring word ook oor­ge­dra na die an­der ou­ens. El­ke klub mag 16 oor­se­se s­pe­lers kon­trak­teer en ek is ge­mak­lik met ou­ens wat ek ken. Ek het Nic Whi­te en Jes­se Mogg van die Brum­bies goed ge­ken en saam hier­heen ge­bring. Was dit moei­lik om sul­ke ver­an­de­rings by die klub te maak of was daar van meet af aan po­si­tie­we e­ner­gie? Daar is aan­vank­lik skep­ties

ge­staan teen­oor die ver­an­de­rings by die klub. Dis na­tuur­lik. Tot en met jy wen, moet jy jou­self be­wys. Men­se hou nie al­tyd van ver­an­de­ring nie, maar daar is nou baie po­si­tie­we e­ner­gie wat na die span oor­ge­spoel het. Die on­der­steu­ners het die si­tu­a­sie om­arm om­dat hul­le in die ge­not wil deel. Het jy baie in Frank­ryk ge­leer?

Ek was ge­luk­kig om in die loop van my loop­baan in SuidA­fri­ka, Aus­tra­lië, ’n bie­tjie in Ja­pan en nou hier te kan af­rig. Men­se be­skou jou dalk as ’n trek­vo­ël, maar vir ’n af­rig­ter is daar niks be­ter nie as om deur­lo­pend ge­sti­mu­leer te word en die heel­tyd te ver­be­ter. Daar is by my geen twy­fel nie dat ek nou ’n be­ter af­rig­ter as ooit te­vo­re is, want jy moet heel­tyd aan­pas. Daar is baie din­ge waar­van jy nooit moet af­wyk nie, maar jy moet die om­ge­wing waar­in jy werk in ge­dag­te hou. Hoe slaag jy daar­in om ’n ou soos Frans S­teyn te be­stuur so­dat hy al­tyd vir jou goed speel?

Ek ken hom se­dert sy jong dae en was nog al­tyd eer­lik met hom. Daar was nog nooit ’n ver­skuil­de a­gen­da nie, wat hy waar­deer. Hy’s ’n bie­tjie van ’n kuns­te­naar en daar is uit­een­lo­pen­de me­nings oor hom, maar teen­oor my was Frans nog al­tyd lo­jaal. Ek er­vaar hom as ’n hard­wer­ken­de ou wat nog al­tyd sy bes ge­le­wer het. Daar­voor is ek baie dank­baar. Ons het se­dert sy aan­koms by Mont­pel­lier nog nie ver­loor nie.

Pier­re S­pies is nóg ’n spe­ler uit wie jy die bes­te haal. In Suid-A­fri­ka heers ’n per­sep­sie dat hy nie fi­siek ge­noeg is nie.

Fi­siek is ’n re­la­tie­we kon­sep. Fi­siek ge­noeg in ter­me van wat? Hy het plof­krag, is sterk, hard­loop bo-oor s­pe­lers. Dit gaan oor hoe jy hom aan­wend. Nóg be­lang­ri­ker is saam met wie hy speel. Jy kies hom vir wat hy goed doen en vul hom aan met s­pe­lers met an­der sterk­pun­te. Is van die S­pring­bok­ke by Mont­pel­lier steeds goed ge­noeg vir toets­rug­by?

Hul­le is al­mal goed ge­noeg vir toets­rug­by, maar ek dink nie ie­mand wat oor­see speel moet bo ou­ens in Suid-A­fri­ka oor­weeg word nie. Dis bloot on­reg­ver­dig. Kan jy jou in­dink dat jy weer in Suid­A­fri­ka sal af­rig?

Ek wil nie sê dis bui­te die kwes­sie nie, maar ek het as af­rig­ter van die Haaie – toe ons die Suid-A­fri­kaan­se groep ge­wen en half­eind­ron­de van die Su­per-reeks ge­haal het – nooit die in­druk ge­kry dat ek na­der aan die Suid-A­fri­kaan­se stel­sel was as toe ek die Brum­bies in Aus­tra­lië af­ge­rig het nie. Ek kan nie sien dat ek ’n sy­waart­se stap sal neem nie. Ek is ge­luk­kig in Mont­pel­lier. Ek het al ge­noeg rond­ge­skuif, het dit ge­niet en langs die pad baie ge­leer, maar die vol­gen­de skuif wat ek maak, moet die reg­te een wees. Ek wil nie net skuif ter wil­le van skuif nie. Jy is se­ker bly vir Al­lis­ter Coet­zee se ont­hal­we dat hy die Bok­ke kan af­rig na­dat hy van 2004­’ 07 jou ag­ter­lyn­af­rig­ter was.

Ek is baie bly vir hom. Dis die eer­ste keer dat ’n Bok-hulp­af­rig­ter die hoof­af­rig­ter word, wat dui op ’n ma­te van kon­tinui­teit. Dit laat my trots voel. Ek het hom des­tyds oor­reed om eer­der af te rig as om ’n keur­der te wees. Het jy jou­self deeg­lik in Frank­ryk in­ge­bur­ger of staan jy met een voet in Suid­A­fri­ka?

My vrou is saam met my hier en ek woon ge­reeld Fran­se les­se by. Ek het die ge­leent­heid om hier te woon en af te rig om­hels. Om ’n voet in al­bei lan­de te hê werk nie.

Ek be­plan nie nou ’n va­kan­sie in Suid-A­fri­ka nie. Die Eu­ro­pe­se so­mers is fan­tas­ties. Die ge­leent­heid is ook daar om lan­de soos

I­ta­lië en S­pan­je te ver­ken. Hoe voel jy oor Mont­pel­lier se kan­se om op ver­le­de na­week se suk­ses voort te bou deur die Top14­li­ga te wen ?

Dit sal baie moei­lik wees. Al drie ons oor­bly­wen­de li­ga­wed­stry­de is teen van die voor­ste span­ne – Bor­deaux-Beg­les, Tou­lon en Ra­cing Me­tro. Om daar­na boon­op uit­speel­wed­stry­de te wen, sal moei­lik wees. Ons het pas ook in die Uit­daag­be­ker­eind­stryd teen die sterk span van Har­le­quins ge­speel. Ek sê nie dit kan nie ge­beur nie en ons sal baie hard pro­beer, maar dit sal ’n fe­no­me­na­le pres­ta­sie wees.

Mont­pel­lier sou dit met al­bei han­de aan­ge­gryp het as jy voor­af vir hul­le die Eu­ro­pe­se Uit­daag­be­ker én ’n plek on­der die voor­ste ses span­ne in die Fran­se li­ga, aan­ge­bied het. Tot wan­neer is jy by Mont­pel­lier ge­kon­trak­teer?

My kon­trak ver­stryk in Ju­nie aan­staan­de jaar. Ek’s nie se­ker wat die toe­koms vir my in­hou nie, want af­rig­ters kan nie te ver voor­uit be­plan nie! Soos sa­ke staan, is ek en die klub al­bei ge­luk­kig en is hier ’n goeie groep ou­ens. Ho­pe­lik kan ek hul­le kry om ’n ruk­kie saam te bly. Wat wil jy nog be­reik?

Ek wil net so­veel moont­lik wen. Ek voel weer soos toe ek des­tyds by Jep­pe af­ge­rig het. Ek is lief vir af­rig­ting, om ’n sweet­pak te dra, op die veld te wees en die he­le dag aan rug­by te dink.

By Jep­pe kon ek my nie in­dink dat ek op be­roeps­vlak sou af­rig en in die sui­de van Frank­ryk gaan woon nie.

Fo­to: GET­TY I­MA­GES

RUG­BY Wen­span! Mont­pel­lier se Jan­nie du P­les­sis, Ja­ke Whi­te (af­rig­ter), Be­noit Pail­lau­gue, Frans S­teyn en Bis­marck du P­les­sis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.