Groen­tjies elk op eie Leeu­pad Ma­hu­za kry gou sy kans

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Lou­rens Eras­mus en Syl­vi­an Ma­hu­za se in­slui­ting in die Leeus se wed­stryd­groep vir Sa­ter­dag se krag­me­ting teen die Ja­gua­res is ’n in­te­res­san­te ge­val­le­stu­die oor die be­stuur van jong s­pe­lers.

Die ma­nier waar­op dié twee 22-ja­ri­ge s­pe­lers se loop­ba­ne tot dus­ver ver­loop het, is uit­een­lo­pend.

Eras­mus was ’n ster in ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ker­reeks, maar is – on­danks hoë ver­wag­tin­ge – in van­jaar se Su­per­reeks min op die proef ge­stel.

Daar­teen­oor het Ma­hu­za eers op 20 A­pril by die u­nie aan­ge­sluit, twee wed­stry­de in die Pro­vin­si­a­le Reeks ge­speel en ge­noeg ge­doen om sum­mier ’n plek in die Su­per­rug­by­groep los te slaan.

Geen groen­tjie word in Doorn­fon­tein oor die­self­de kam ge­skeer nie.

“Lou­rens word van­dees­week ’n gul­de ge­leent­heid ge­bied, om­dat daar ’n deur vir hom oop­ge­gaan het,” sê Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus se af­rig­ter.

“Ons be­leid bly eint­lik voort­du­rend die­self­de. ’n Spe­ler moet sy kans af­wag. Par­ty­keer kom dit vin­ni­ger as an­der ke­re.”

Eras­mus se kan­se voel in dié ge­val as­of dit baie drups­ge­wys ge­kom het, maar Ac­ker­mann

maak geen ver­sko­nings daar­voor nie. Boon­op moet on­der­steu­ners nie ver­ras wees as die ste­wi­ge slot slegs vir die wed­stryd teen die Ar­gen­ty­ne ge­kies word nie.

“Lou­rens kom te staan teen ’n span wat uit­ste­kend met lyn­sta­ne is. Dit sal ’n groot uit­da­ging vir hom wees,” het Ac­ker­mann ge­sê.

“Soms leer ’n jong spe­ler baie meer deur slegs een groot wed­stryd te speel. Ver­le­de jaar moes (die ha­ker) Mal­colm Marx ’n taai les teen die Haaie in een van sy min Su­per­wed­stry­de leer, maar van­jaar is hy een van ons voor­ste s­pe­lers.”

Na­tuur­lik is daar ’n ver­soe­king om die Leeus se brein­trust te wys op Ma­hu­za se be­trek­lik spoe­di­ge be­vor­de­ring en Ac­ker­mann gee ’n breë glim­lag as hy dié vraag ge­vra word.

Ou­der­ge­woon­te is hy ge­reed daar­voor.

“Syl­vi­an het uit die staan­spoor ge­weet hy sou hard moes werk om sy plek te ver­dien,” het Ac­ker­mann ge­sê.

“No­de­loos om te sê, het Syl­vi­an da­de­lik be­ïn­druk.”

Ma­hu­za het in­der­daad reeds ’n blik ge­gee op die vaar­dig­he­de wat sy af­rig­ters dui­de­lik hoog ag.

Hy het ver­le­de week ’n hand in Li­o­nel Ma­poe se der­de drie teen die Blu­es ge­had en ’n skou­spel­ag­ti­ge, bril­jan­te in­di­vi­du­e­le drie vir die Goue Leeus teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ge­druk.

“Ons werk eint­lik ’n ge­rui­me tyd al met hom. Hy pas goed in by die ma­nier waar­op ons wil speel. Syl­vi­an het ook eint­lik sy tyd af­ge­wag. Ons het ná An­dries Coet­zee se be­se­ring eers vir JW Bell ’n kans ge­gee en nou is dit Syl­vi­an se tyd,” het Ac­ker­mann ge­sê.

Beeld Fo­to: GAL­LO I­MA­GES Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Syl­vi­an Ma­hu­za Lou­rens Eras­mus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.