Vier ken­ners kies vier net­bal­wen­ners

Beeld - - Sport - Ru­an Bru­wer

Bloem­fon­tein. – Twee uit­speel­wed­stry­de word van­dag in Dur­ban in die Bru­tal Fruit-p­re­mier­liga be­slis wat sal be­paal wie die Noord-Gau­teng­se Ja­guars en Noord­wes se Fla­mes Vry­dag in die half­eind­ron­de gaan ont­moet.

Die Sout­hern S­tings kom om 12:00 teen die K­waZu­lu-Na­tal King­dom S­tars te staan en om 16:00 is dit die Vry­staat-C­ri­nums en Gau­teng Gol­den-Fi­re­balls wat swaar­de kruis.

het by ’n ge­we­se spe­ler van al vier span­ne aan­ge­klop om hul me­nings te vra.

. Lie­zel Wi­um, ge­we­se sen­ter van die Wes-Kaap, Bo­land en Pro­te­as:

“Die S­tings neem ge­noeg bal­le af, maar om­skep dit nie ge­reeld ge­noeg in doe­le nie.

Vir af­wis­se­ling en om die teen­stan­ders aan die raai te hou, moet hul­le min­der van die voor­spel­ba­re doen.”

S­leu­tel­spe­ler(s): “Ek wil nie ie­mand uit­son­der nie. Die span is vir my as ge­heel ’n goeie ket­ting.”

Voor­spel­ling: “Die S­tings met 10 tot 12 doe­le.”

. Nom­bu­le­lo S­hong­we, ge­we­se verdediger van die King­dom S­tars:

“As die S­tars sa­ke op ver­de­di­ging kan dik­teer en meer as 80% van hul doe­le sink, kan hul­le wen.

“Die se­ni­or s­pe­lers moet op die voor­grond tree en by die wed­stryd­plan hou.”

S­leu­tel­spe­ler(s): “Bon­gi M­so­mi (aan­val­len­de vleu­el en sen­ter), P­hum­za Ma­we­ni (verdediger) en Za­ne­le Gu­me­de (doel).”

Voor­spel­ling: “Die S­tars met twee of drie doe­le.”

. A­man­da Myn­hardt, ge­we­se verdediger van die Fi­re­balls en Pro­te­as:

“Dit sal neer­kom op wat­ter span­ne die min­ste fou­te be­gaan.

“Ek dink die Fi­re­balls het ’n punt om te be­wys, want ek re- ken die span het nog nie tot sy reg ge­kom nie.”

S­leu­tel­spe­ler(s): “Mar­li­ze de Bruin (sen­ter) en De­anc­ke Ro­hde (doel): Ek hou van hoe Mar­ra speel en De­anc­ke het die er­va­ring en as sy op haar bes­te is kan die pop­pe dans.”

Voor­spel­ling: “Die Fi­re­balls met een of twee doe­le.”

. Yo­lan­di Brum­mer, ge­we­se doel van die Vry­staat:

“Die C­ri­nums sal ’n slag op die voor­voet moet be­gin en nie moet op­vang (soos dik­wels van­te­vo­re in die reeks nie). Met ’n goeie be­gin kan hul­le nie net on­no­di­ge druk ver­lig nie, maar ook die wind uit die Fi­re­balls se sei­le haal.”

S­leu­tel­spe­ler(s): “Ma­ry­ka Holtz­hau­sen en Kar­la Mos­tert. Ma­ry­ka het ’n kal­me­ren­de in­vloed op haar doel­maat, speel die sir­kel oop en het die X-fak­tor. Kar­la or­ga­ni­seer weer die ver­de­di­ging mees­ter­lik.”

Voor­spel­ling: “C­ri­nums met 13 doe­le!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.