Grens ook nou in Bul­le se kraal

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

P­re­to­ria. – Die Grens is nou ook ’n lid van die Bul­le-fa­mi­lie.

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het gis­ter be­ves­tig die Grens is saam met Bo­land en die Pu­mas die Bul­le se nu­we Su­per­rug­by-ven­no­te.

Ba­rend van Graan, die BBM se uit­voe­ren­de hoof, is in sy skik met die nu­we wen­ding.

“Die Bul­le sien uit na die voor­de­le wat dit vir al die rol­spe­lers kan in­hou.

“Die stra­te­gie­se ven­noot­skap sal rug­by in die al­ge­meen ver­sterk en ons hoop dit sal uit­ein­de­lik weer­spie­ël word in die Bul­le se ver­to­nings in die Su­per­rug­by- en Cur­rie­be­ker-reek­se.”

Mon­de Ta­ba­ta, ad­mi­nis­tra­teur van die Grens-Rug­by­nie, meen die in­spui­ting is p­re­sies wat die Bul­hon­de no­dig het.

“Daar is baie ta­lent­vol­le s­pe­lers by ons en die nu­we ven­noot­skap sal hul­le in­spi­reer om nu­we hoog­tes te be­reik.

“Ek glo die Bul­le sal daar­die rol vir hul­le ver­vul.”

Ta­ba­ta sê die Bul­le het die af­rig­ting­struk­tu­re en ken­nis wat ’n groot aan­wins vir die Grens sal wees.

“Dit is een van ons groot be­hoef­tes. Die stra­te­gie se blou­druk moet ’n ven­noot­skap wees wat al die be­trok­ke­nes tot voor­deel sal wees. Dit bied die dui­sen­de plaas­li­ke rug­by­spe­lers die ge­leent­heid om ten vol­le te ont­wik­kel en hul po­ten­si­aal te ver­we­sen­lik.”

Ba­rend van Graan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.