Haaie moet vir bo­nus speel

Laas­te groot po­ging no­dig

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Dit sal die Haaie van­mid­dag in hul Su­per-wed­stryd op Kings­park in Dur­ban teen die Kings loon om te ont­hou dat daar ge­sê word die mak­ste don­kies skop die seer­ste.

Al die goeie werk van die se­ges oor die Hur­ri­ca­nes en ver­le­de week s’n oor die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res sal on­ge­daan ge­maak word as die Haaie van­mid­dag vas­val teen die King­se.

Daar is da­rem heel­te­mal te veel op die spel vir die Haaie om nou te ver­loor.

Trou­ens, hul­le gaan dit nie aan die wê­reld ver­kon­dig nie, maar daar ag­ter ge­slo­te deu­re in die kleed­ka­mer, sal Ga­ry Gold se bood­skap aan sy span wees dat niks min­der as vyf liga­pun­te van­dag goed ge­noeg sal wees nie.

Bo­nus­punt-drieë is vir die Dur­ba­nie­te om­trent so skaars soos bib­ber­weer­dae in hul ge­wes­te van die wê­reld. Van­dag is eg­ter ’n dag wan­neer ’n bo­nus­punt vir drieë feit­lik on­on­der­han­del­baar moet wees.

Ná ’n uit­mer­ge­len­de klom­pie we­ke waar hul­le rug­by op drie ver­skil­len­de vas­te­lan­de ge­speel het, is hier­die die Haaie se laas­te wed­stryd voor hul­le vir ses we­ke kan gaan uit­span.

Al is die pe­trol in die tenk aan die min kant, sal Gold vra vir een laas­te gróót po­ging voor die rus­kans.

Teen die Ja­gua­res moes die Haaie met die krum­mels klaar­kom om te se­ë­vier, maar van­dag be­hoort hul­le veel meer van die bal te sien en moet aan­vals­ge­leent­he­de ge­skep word.

Ver­le­de week was dit Pa­trick Lam­bie se skop­skoen wat hul­le laat se­ë­vier het.

Van­dag sal al­mal, Al­lis­ter Coet­zee in­ge­sluit, meer van Lam­bie se aan­val­len­de en skep­pen­de ver­mo­ëns wil sien met die bal in die hand. Wil­lie le Roux, JP Pie­ter­sen en L­wa­zi M­vo­vo moet kans kry om die lit­te te rek.

Die Kings be­hoort vir ’n ruk lank me­de­din­gend te wees, maar daar is ge­noeg be­wy­se dat hul stoom die een of an­der tyd op­raak en hul teen­stan­ders dan die kans kry om te bal­jaar.

Daar­om moet die Haaie net ge­dul­dig wees en soos die eer­tyd­se af­rig­ter Ian M­cIn­tosh al­tyd ge­sê het “eers die kolf­beurt bou voor daar skou­ers oop­ge­maak word.”

Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Wil­lie le Roux, heel­ag­ter van die Haaie, sal teen die Kings wil wys die Bok­keur­ders moet nie van hom ver­geet nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.