Da­wie gee Ja­mes en Eli kans teen SWD

Beeld - - Sport -

Kaap­stad. – Die Ju­ni­or S­pring­bok-af­rig­ter, Da­wie T­heron, het Vry­dag se­we ver­an­de­rin­ge aan sy span aan­ge­bring wat teen die Ma­ties ge­speel het, vir van­dag se oe­fen­wed­stryd teen die Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te (SWD) in Oudts­hoorn.

Dit is die Bok­kies se laas­te op­warm­wed­stryd voor­dat die Wê­reld­be­ker­toer­nooi vir o.20span­ne wat van 7 tot 25 Ju­nie in Man­ches­ter, En­ge­land, be­slis word.

In Sa­ter­dag se krag­me­ting met die SWD sal die Blou Bul­slot Eli Sny­man en die Sout­hern Kings-skrum­ska­kel Ja­mes Hall die eer­ste keer in die Bok­kies se be­gin­span wees.

Die an­der ver­an­de­rin­ge is in die voor­ry, waar die stut­te K­wen­zo B­lo­se en Car­lü Sa­die on­der­skei­de­lik vir Fran­co van den Berg en Ja­co Holtz­hau- sen ver­vang. In ’n po­si­si­o­ne­le skuif ag­ter­langs sal Manie Lib­bok in die nr.10-trui op­draf. Cur­win Bosch skuif uit na die laas­te ves­ting. T­heron het nie ge­tor­ring aan sy doel­tref­fen­de los­trio van Zain Da­vids, Ernst van R­hyn en Ju­ni­or Po­ko­me­la nie en die vleu­els Mo­sol­wa Ma­fu­ma en S’bu­si­so N­ko­si kry ook weer speel­kans. T­heron sê die ver­an­de­rin­ge bied hom die ge­leent­heid om kom­bi­na­sies op die proef te stel voor die WB-toer­nooi. “Ja­mes Hall ver­toon puik vir die Sout­hern Kings en het (in die op­warm­wed­stryd) teen die Ma­ties in­druk ge­maak, so ek wil hom teen die SWD in ak­sie sien. Ek is bly Eli is te­rug ná sy be­se­ring. Die an­der ver­an­de­rin­ge is ’n ge­leent­heid om ’n paar kom­bi­na­sies op die proef te stel.”

Die Ju­ni­or Bok­ke speel in die groep­fa­se teen Ja­pan, Ar­gen­ti­nië en Frank­ryk. Die groep ver­trek op 2 Ju­nie na B­rit­tan­je.

Eli Sny­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.