Whi­te: Ver­geet oor­se­se Bok­ke

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Die voor­ma­li­ge S­pring­bok­af­rig­ter Ja­ke Whi­te meen Suid-A­fri­kaan­se rug­by sal hom­self in die voet skiet deur aan te hou om s­pe­lers van oor­se­se klubs te kies.

“Dis on­reg­ver­dig teen­oor die s­pe­lers wat in Suid-A­fri­ka bly. Ek dink ook nie ’n ou wat teen nou al 40 wed­stry­de in die Noor­de­li­ke Half­rond ge­speel het, sal jou meer kan bied as een in Suid-A­fri­ka nie,” het Whi­te Vry­dag uit Frank­ryk ge­sê.

“Sal jy War­ren W­hi­te­ley, Siya Ko­li­si of Ni­zaam Carr kan ver­kwa­lik dat hul­le oor­see gaan speel as jy Du­a­ne Ver­meu­len kies?” het Whi­te, wat Mont­pel­lier in Frank­ryk brei, daar­oor ge­sê.

“Die re­a­li­teit is dat die kies van oor­se­se s­pe­lers ’n do­mi­no-ef­fek het. Die vol­gen­de li­nie s­pe­lers be­sluit dan óók om oor­see te gaan speel.”

Mont­pel­lier, met se­we SuidA­fri­ka­ners in sy be­gin­span, het ver­le­de Vry­dag die Eu­ro­pe­se Uit­daag­be­ker ge­wen deur En­ge­land se Har­le­quins met 26-19 te klop.

Mont­pel­lier se aan­slag op die Fran­se Top 14-ti­tel aan­staan­de maand sal daar­on­der ly as Al­lis­ter Coet­zee, Bok-af­rig­ter, hom op man­ne soos Bis­marck du P­les­sis, Pier­re S­pies en Frans S­teyn be­roep.

Whi­te het wel by­ge­voeg dat hy nie sy stel­ling in eie be­lang maak nie.

“Ek het die­self­de me­ning ge­lug toe ek die Haaie in Suid-A­fri­ka af­ge­rig het.”

Bath se Fran­cois Louw, Tou­lon se Bry­an Ha­ba­na en Bor­deaux-Beg­les se S­te­ven Kits­hoff is waar­skyn­lik saam met Ver­meu­len sterk aan­spraak­ma­kers.

. In­tus­sen word in En­ge­land be­spie­gel dat Jo­hann van Graan Bo­krug­by straks die rug gaan toe­keer om ’n pos by die En­gel­se klub­span Bath te aan­vaar.

Vol­gens die Bath Chro­ni­cle is Van Graan ’n kan­di­daat om Mi­ke Ford as hoof­af­rig­ter op te volg. Van Graan se toe­koms by die Bok­ke lyk on­se­ker na­dat Matthew Proud­foot van­dees­week be­trek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.