Skuif deu­re oop vir lek­ker ont­haal

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief

Hier­die ge­sel­li­ge, son­ni­ge huis is uit­ste­kend ge­leë in die rus­ti­ge voor­stad Qu­eens­wood in P­re­to­ria. Daar is vier ruim slaap­ka­mers waar­van drie noord front, en twee bad­ka­mers, waar­van een aan die hoof­slaap­ka­mer grens.

Die leef­a­re­as vloei uit die eet­ka­mer, TV-ka­mer en sit­ka­mer met skuif­deu­re wat uit­loop op ’n toe­ge­bou­de ont­haal­a­rea met ’n in­ge­bou­de braai. Die swem­bad en goed ver­sorg­de tuin, kom­pleet met ’n boor­gat, en die kom­buis met hout­af­wer­king, gra­niet­werk­op­per­vlak­ke en ’n gas­stoof, be­loof ver­de­re ont­haal­po­ten­si­aal.

Nog plus­pun­te is die af­son­der­li­ke woon­stel met twee slaap­ka­mers en een bad­ka­mer wat as ’n kan­toor of tuin­woon­stel ge­bruik kan word; puik par­keer­plek be­staan­de uit twee mo­tor­hui­se en ’n dub­bel­af­dak, as­ook uit­mun­ten­de se­ku­ri­teit, in­slui­tend ’n e­lek­trie­se mo­tor­hek, in­ter­kom­stel­sel, dief­we­ring en ’n a­larm­stel­sel.

Die on­der­da­kont­haal­a­rea loop uit op die swem­bad.

Hout en gra­niet pronk in die kom­buis.

Die leef­a­re­as vloei ge­mak­lik aan­een.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.