Be­spaar so wan­neer jy reis

Beeld - - Sake -

Om dees­dae oor­see te reis, is ’n duur spe­le­tjie, maar as jy so ge­luk­kig is om wel van­jaar te gaan kyk hoe dit ie­wers an­ders in die wê­reld lyk, kan jy so geld be­spaar:

1 Maak ge­bruik van o­pen­ba­re ver­voer soos trei­ne, trem­me, bus­se en selfs fiet­se. Die ti­pe in­fra­struk­tuur is baie goed ont­wik­kel in ver­al Eu­ro­pa, A­me­ri­ka en die Oos­te. Dit is aan­sien­lik goed­ko­per as huur­mo­tors en jy be­hoort glad nie eens ’n mo­tor te mis nie. 2 Vind uit waar die plaas­li­ke su­per­mark is. Brood, koue vleis of selfs ge­reg­te wat by die de­li­toon­bank aan­ge­bied word, is baie goed­ko­per en ge­son­der as die mees­te re­stau­ran­te. In klei­ner dor­pe is die plaas­li­ke mark ’n moet. Be­taal gro­ter aan­ko­pe 3 eer­der met ’n kre­diet­kaart. Hoe­wel jy steeds duur gaan be­taal in geld­een­he­de soos pond, eu­ro of dol­lar, gaan jy ten min­ste nie die bank­kos­tes be­taal wat jy sou moes as jy in ’n bank kon­tant wis­sel nie. 4 Be­sluit voor die tyd wat­ter be­siens­waar­dig­he­de jy reg­tig wil sien en vind uit wat die toe­gang is deur web­wer­we aan­lyn te be­soek. Jy kan dan baie be­ter be­groot en as jy geld spaar, kan jy ’n ek­stra aan­den­king be­kos­tig. 5 As jy vir ’n ruk­kie oor­see is en in ’n groep is, is dit die moei­te werd om ’n plaas­li­ke sel­foon­kaart te koop. Jy be­taal dan nie in­ter­na­si­o­na­le te­le­foon­kos­tes nie soos wat jy sou doen as jy die heel­tyd jou Suid­A­fri­kaan­se kaart ge­bruik nie.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.