VRA VIR ERNST

Beeld - - Leefstyl -

Ka­rin Con­ra­die skryf:

Ernst, ek wil graag weet of jy vir my dié plant­jie (fo­to) kan i­den­ti­fi­seer. Ek het dit in Sut­her­land ge­kry. Dit het ’n groot wit blom om­trent so groot soos ’n ou een­rand­stuk. Nie­mand kon my nog so­ver help nie.

Ant­woord:

Ka­rin, dit is die Sut­her­land­haas­kos ( A­na­camp­se­ros mar­lo­thii), ’n baie mooi soort en­de­mies tot die pla­to­rand daar. Dit be­hoort tot die por­tu­lak-fa­mi­lie ( Por­tu­la­ca­e­ae). Daar is se­ker on­ge­veer 25 haas­kos-soor­te wat wyd­ver­spreid in ons land voor­kom.

Die mees­te soor­te het sag­te, dik­wels ha­ri­ge bla­re. Hul­le het ge­woon­lik ’n vle­si­ge knol met vet blaar­tjies en pienk, pers tot wit blom­me­tjies. Die groot­ste soort is haas­kos ( A­na­camp­se­ros te­lephi­a­strum) en die klein­ste is A­na­camp­se­ros bay­e­r­a­na wat ’n on­der­grond­se knol­le­tjie en ’n piep­klein blaar­tjie op die grond het. Dit is se­ker een van die klein­ste vet­plant­soor­te in ons land. Die vrug­gies het ’n na­bly­wen­de mand­jie en die klein saad­jies is baie lig en word deur die wind uit­ge­waai en ver­sprei. Hul­le groei ge­woon­lik in ’n klip­pe­ri­ge om­ge­wing en die plant word deur gruis om­ring.

Ke­vin B­rett van Pauls­hof in Jo­han­nes­burg skryf:

Ernst, ek is lief vir tuin­maak en wil graag ’n na­tuur­li­ke, in­heem­se tuin ves­tig met bo­me, strui­ke en an­der plan­te. Ek het ’n nu­we wa­ter­val van om­trent 2 m hoog en 3 m wyd ge­ves­tig. Die wa­ter val in ’n dam­me­tjie. Kan jy my dalk help met die keu­se van die soort plan­te wat ek hier op die rots­lys­te kan ves­tig en ook waar ek dit in die han­de kan kry?

Ant­woord:

Ke­vin, ek hou van jou i­dee en daar is so­veel mooi in­heem­se plan­te wat jy kan ge­bruik.

Ek stel voor jy plant plant­soor­te wat van na­tu­re op rots­wan­de groei. Ek het baie ja­re met hier­die plan­te ge­werk, hul­le ver­sa­mel en ge­drag be­stu­deer wat ek in ’n boek gaan saam­vat. On­der die krans­be­wo­ner­plan­te groei som­mi­ge net op die koe­ler sui­de­li­ke han­ge en an­der weer in die meer son­bloot­ge­stel­de noor­de­li­ke han­ge. Die soor­te wat ek vir jou aan­be­veel is be­proef en be­hoort met die no­di­ge aan­dag baie goed by jou wa­ter­val te aard. Daar is twee groei­vorms: die wat van na­tu­re hang en die krans­klou­ers.

As daar ge­noeg plek vir ves­ti­ging is, stel ek die vol­gen­de plan­te voor: Die gras­kop-gras­aal­wyn ( Aloe nu­bi­ge­na) het han­gen­de bla­re en stin­gels en is ’n klein aal­wyn­soort met mooi o­ran­je-rooi blom­me. Die wolk­berg- krans­aal­wyn­tjie ( Aloe thompso­nii) is weer ’n klein pol­vor­men­de soort met soort­ge­ly­ke blom­me in die so­mer (krans­klou­er). Ek be­veel ook aan die juk­bol ( Or­nit­ho­ga­lum lon­gi­brac­te­a­tum) en hen-en-kui­kens ( Chlo­rop­hy­tum co­mo­sum), wit­poei­er­kwas ( Ha­e­mant­hus al­bif­los), krans-vuur­le­lie en ( Cyr­tant­hus mon­ta­nus, C. la­bi­a­tus). An­der klei­ner plak­kie­soor­te wat ge­skik is sluit in Cras­su­la ex­pan­sa sub­sp. fra­gi­lis, Cras­su­la pel­lu­ci­da sub­sp. mar­gi­na­lis, en in­ry­ger­tjie ( Cras­su­la per­fo­ra­ta). Se­ne­cio mui­rii is ook baie ge­skik en wor­sies ( Se­ne­cio ar­ti­cu­la­tes) be­hoort ook hier te aard.

Ernst van Jaars­veld

Ka­rin Con­ra­die se mooi Sut­her­land­haas­kos (A­na­camp­se­ros mar­lo­thii).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.