Kerk­straat se bom: ‘Ver­tel die he­le sto­rie’

Beeld - - Front Page - bl. 6

‘Suid-A­fri­ka se ge­skie­de­nis word tans slegs uit die oog­punt van die ANC ver­tel en is ’n een­sy­di­ge ver­draai­ing daar­van. Al wat ons vra, is dat die ge­skie­de­nis in sy ge­heel ver­tel moet word.”

So het Ernst Roets, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­friForum, gis­ter in P­re­to­ria ge­sê met die her­den­king van die Kerk­straat-bom­aan­val 33 jaar ge­le­de.

19 men­se, on­der wie die twee bom­plan­ters, is dood en meer as 200 be­seer toe die bom op ’n Vry­dag 16:00 voor die Ned­bank-ge­bou in die des­tyd­se Kerk­straat, dees­dae S­tan­za Bo­pa­pe-straat, ont­plof het.

Roets het ge­re­a­geer op ’n aan­val van die ver­e­ni­ging van Umk­hon­to we Si­z­we-ve­te­ra­ne (MKVA) eer­gis­ter dat A­friForum met die her­den­king eint­lik “die dood van a­part­heid” ge­denk, al­dus ’n be­rig in The New Age.

Keb­by Map­hat­soe, voor­sit­ter van die MKVA, was lui­dens die be­rig ver­al ont­steld oor die uit­no­di­ging aan genl. Jo­han van der Mer­we, voor­ma­li­ge hoof van die po­li­sie en in die tyd van die ont­plof­fing ver­bon­de aan die po­li­sie se vei­lig­heids­hoof­kwar­tier, om Die Nu­we Kon­ser­wa­tie­we Par­ty het dié ge­denk­steen met die na­me van die 17 Kerk­straat­bom­slag­of­fers daar­op gis­ter op die sy­paad­jie by die plek van die ont­plof­fing aan­ge­bring. Wil­lie Cloe­te, par­ty­lei­er, het ge­sê hy hoop die o­wer­he­de be­sluit nie om die steen te ver­wy­der nie om­dat dit so goed sal wees as “’n twee­de moord op die slag­of­fers”. by die ge­leent­heid te praat.

S­dumo Dla­mi­ni, Co­sa­tu se pre­si­dent, het A­friForum ook ge­ros­kam oor die fliek Tain­ted He­roes, waar­aan die or­ga­ni­sa­sie die af­ge­lo­pe drie jaar ge­werk het en waar­in on­der meer vi­de­o­ma­te­ri­aal oor die bom­ont­plof­fing ge­bruik is.

Dla­mi­ni sê die fliek, wat bin­ne­kort amp­te­lik uit­ge­reik word, is uit­lok­kend en hy be­skul­dig A­fri- Forum daar­van dat hy daar­mee ou won­de wil oop­krap.

Roets sê die ou won­de word so­ge­naamd oop­ge­krap om­dat die ou won­de nooit kans ge­gee is om ge­sond te word nie.

A­friForum wil nie span­ning skep nie, sê hy.

“Ons sê net dat die ma­nier waar­op die ge­skie­de­nis her­denk word, nie kor­rek is nie, want dees­dae is al­le ANC-le­de skie­lik hel­de en ons aan die an­der kant al­mal boe­we.

“Die ge­skie­de­nis be­hoort in ge­heel be­kyk te word.”

Van der Mer­we sê hy on­der­steun A­friForum se stand­punt dat die ge­skie­de­nis waar­heids­ge­trou oor­ver­tel moet word.

“Pro­pa­gan­da ver­draai al­les, dit ver­steur ver­hou­din­ge en dit skep net ver­deeld­heid. Dit kan nooit by­dra tot ver­soe­ning of e­ni­ge ge­son­de ver­hou­ding bin­ne e­ni­ge staats­be­de­ling nie.”

Hoe­wel die bom­ont­plof­fing voor­ge­hou is as ’n daad om a­part­heid mee te be­stry, “het dit in we­se geen by­drae ge­le­wer tot die op­los­sing wat uit­ein­de­lik be­ding is nie”, sê hy.

Dr. Ant­hea Jef­fe­ry, hoof van be­leids­na­vor­sing aan die In­s­ti­tuut vir Ras­se­ver­hou­din­ge, sê die on­sta­bi­li­teit wat Suid-A­fri­ka er­vaar, is bloot die ge­volg van ge­weld wat die ANC voor 1994 in ge­meen­skap­pe aan­ge­moe­dig het en wat nie “soos ’n kraan net toe­ge­draai kan word nie”.

“Dit is waar­om daar nou 24 sko­le in Vu­wa­ni af­ge­brand is. Dit gaan vir hul­le oor die gro­ter saak waar­voor hul­le ba­klei. Die feit dat hul­le nou nie meer sko­le het nie, maak nie saak nie, so­lank hul­le hul eind­doel be­reik, wat dit ook al mag wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.