Piet koes­ter daai berg op sy kop

Beeld - - Front Page -

Daar kom ’n dag wan­neer ’n man ge­bles word.

Dié ti­pe bles­sing wat g’n tes­tos­te­roon-ei­e­naar wil hê nie.

Die He­re gee en daar kom ’n tyd dat Hy ook neem. Dan sit ’n man nou son­der ha­re of met ’n C-vor­mi­ge haar­styl – die laas­te bie­tjie haar­tjies wat met hoop aan­hou klou en hun­ker na die dae toe die fa­mi­lie nog heel was.

Die dag wan­neer na­tuur sy snoei­skêr ont­dek en nie skroom om dit te ge­bruik nie.

Die ha­re e­mi­greer en maak som­mer se­ker hul na­ge­slag­te trek saam – dit los ’n ge­deel­te van die hoof blink­leeg; dit lyk skoon soos ’n skaats­baan.

Die jeug het die groe­ner wei­vel­de kom steel, soos ’n mi­nis­ter.

Nou moet per­soon­lik­heid vo­ren­toe tree, want dit wat die kop in­te­res­sant ge­maak het, is een vir een af­ge­rok­kel.

Ek het my nag­rus ge­niet tot­dat ’n droom van my bles­wor­ding daar­in ge­sluip het. Vir ’n kits­oom­blik was ek ver­in­ne­weer.

Ek weet nie hoe­kom nie, want ek is nie ge­woond daar­aan om ha­re op my kop te hê nie.

My lui­heid het die oor­tui­gings­ver­moë van ’n dik­ta­tor en het al­tyd toe­ge­sien dat ek my on­ge­kam­de-goo­gle-maps-kroe­se af­skeer, want om dié net­jies te kry, was ’n moei­sa­me taak.

Eers la­ter het ek be­sluit om ’n po­ging aan te wend en ’n bos­ge­doen­te op my sjo­ko­la­de­hoof te groei. Dit het tyd en ge­duld ge­vat tot ek dit by­na reg­ge­kry het om ’n ge­bran­de Ta­fel­berg op my kop te kry.

Dit was moei­te om sog­gens die ta­fel op te hys. Ek moes dié in ’n blok in neuk en hoop dit gaan bly staan – ge­luk­kig is my ha­re ge­hoor­saam en ge­dis­si­pli­neerd.

Dit roer nie eens as die wind sê spring nie. Na­dat die Ta­fel­ber­gie op was, moes ek koes en keer vir die­ge­ne wat niks ge­woond is nie wat daar­aan wou vat.

A nee a, ’n mens voel nie net som­mer aan e­nig­een se ha­re nie.

Voel met jou oë. Dit gaan mos nie aan­ge­naam wees as ek aan jou bol­la ruk en pluk net om­dat dit my fas­si­neer nie.

Dit is die eer­ste keer dat ek werk­lik ge­voel het hoe dit is om ’n ver­sie­ring op die hoof te hê. Ek het daar­van ge­hou, maar het dit met­ter­tyd plat­ge­slaan, want die moei­te was te veel.

Hoe­wel ek lui­heid ge­reeld vry, wil ek steeds die op­sie hê om ’n Ta­fel­berg te groei. As ek ge­bles gaan word, gaan daai voor­reg van my weg­ge­pluk word en gaan my kroe­sies ei­e­naar­loos wees.

My lie­we tes­tos­ter­oon­dra­ers, ons het baie om voor dank­baar te wees, ek weet.

Ons moet maar ons lot aan­vaar. Ons ha­re koes­ter en dit lief­hê, dit be­derf met duur sjam­poe, dit groei – dit moet aan ons klou soos maan­ha­re.

Ha­re is vir ’n tyd ons gri­me­ring. Ons is na­tuur­lik daar­mee ge­ti­ti­va­te. Maar ná ’n goeie par­ty­tjie smelt gri­me­ring af.

’n Bles­sing is soos e-tol, my broers. Ons sal dit nie kan ver­my nie.

Die He­re gee, die He­re neem . . . skaaf dus so­lank aan daar­die per­soon­lik­heid, A­dam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.