Nam­po . . . waar die boe­re in­spi­ra­sie kry

Beeld - - Front Page - Pie­ter S­teyn

‘Ons is ons eie mu­ni­si­pa­li­teit: wa­ter, e­lek­tri­si­teit, ri­ool, paaie en vul­lis­ver­wy­de­ring, dié doen ons als self.”

Jo­han Lox­ton, die af­ge­lo­pe 20 jaar die or­ga­ni­seer­der van Graan SA se Nam­po-oes­dag, sê toe hy be­gin het as or­ga­ni­seer­der, kon hy op Bot­ha­vil­le se mu­ni­si­pa­li­teit staat­maak vir ál dié din­ge.

“In dié sta­di­um kan die mu­ni­si­pa­li­teit skaars hul­self help. Ons doen maar ons eie ding. Ons wek self krag in groot­maat op, ver­sprei dit self . . . Ons hou ons he­le in­fra­struk­tuur aan die gang. Soos Nam­po ge­groei het, het ons be­sef ons moet maar op ons­self staat­maak.”

Dit is van­jaar die 50ste keer wat die Nam­po-oes­dag aan­ge­bied word: Die groot­ste land­bou­skou in die Sui­de­li­ke Half­rond, met waar­skyn­lik 80 000 be­soe­kers van­jaar, meer as 650 uit­stal­lers, ’n vlieg­veld waar meer as 400 vlieg­tuie en he­li­kop­ters kom land en ’n ter­rein wat so groot soos die Heer se ge­na­de is.

Co­bus van Col­ler, voor­sit­ter van die Oes­dag-ko­mi­tee en self ’n boer van die Vil­joens­kroon-dis­trik, sê: “Vir ons gaan dit nie oor ge­tal­le nie. Ons kyk nie hoe groot kan ons word nie. Wat be­lang­rik is, is sta­bi­li­teit. Ont­hou een ding, boe­re word min­der, nie meer nie, tog bly ons sy­fers sta­biel en groei selfs ma­tig.”

Vyf jaar lank al is hy die voor­sit­ter en ne­ge jaar lank dien hy in die ko­mi­tee. Hy ver­tel toe die Oes­dag die eer­ste keer in 1967 ge­hou is, was dit drie buur­boe­re wat on­der meer wou sien wat is die jong­ste teg­no­lo­gie en wou on­der meer trek­kers met me­kaar ver­ge­lyk.

“Hier staan ons nou. ’n Half­eeu la­ter en dit is ’n land­bou-han­delsten­toon­stel­ling van wê­reld­for­maat.”

Die eer­ste uit­stal­lers des­tyds, stal steeds uit: Mal­co­mess (nou Ar­go), Sen­traal­wes Ko­ö­pe­ra­sie (nou Sen­wes), John Dee­re, In­ter­na­ti­o­nal Har­ves­ter (Northmec), John Ro­de­rick & Southy (Bar­lo­wor­ld), Lam­bons (New Hol­land) en Man­golds (Northmec).

Vol­gens Co­bus is die in­ter­na­si­o­na­le be­lang­stel­ling in Nam­po baie groot.

“Ons het ’n klomp uit­stal­lers van Ar­gen­ti­nië, A­me­ri­ka, Is­rael, Frank­ryk, I­ta­lië, De­ne­mar­ke, C­hi­na, Ka­na­da, In­dië, Tur­kye, Duits­land en Po­le.”

Jo­han sê uit die res van A­fri-

Soos Nam­po ge­groei het, het ons be­sef ons moet maar op ons­self staat­maak.

ka, ver­al suid van die Sa­ha­ra, is die be­lang­stel­ling in Nam­po ook e­norm.

“Ons het ver­le­de jaar ge­help dat Zam­bië ook sy eer­ste land­bou­skou kon hou. An­ders as ons re­ge­ring, be­sef die mees­te an­der A­fri­ka-re­ge­rings die be­lang­rik­heid van voed­sel­se­ker­heid en be­lê in en kyk na hul land­bou­ers.”

Vol­gens Jo­han was die groot­ste ver­an­de­ring wat hy die af­ge­lo­pe 20 jaar as or­ga­ni­seer­der ge­sien het, die teg­no­lo­gie­se ont­wik­ke­ling en die groei van Nam­po.

“Ons moes by­bly. Dit is al­ge­meen be­kend – as ’n land­bou­maat­skap­py ’n nu­we pro­duk in A­fri­ka wil be­kend stel of die mark daar­mee be­tree, is Nam­po die aan­ge­we­se plek.”

Co­bus lag uit sy maag: “Al wat vir my ver­an­der het, is vroue het je­ans be­gin dra.

“Op ’n erns­ti­ger noot. Die teg­no­lo­gie het dras­ties ver­an­der die laas­te paar jaar. Al is dit droog, be­sef die boer hy moet aan die voor­punt bly. Boe­re is sa­ke­man­ne wat mee­ding teen boe­re van oor­see wat ge­sub­si­di­eer word. So, hul­le moet kom kyk wat is die bes­te teg­no­lo­gie wat hul­le nou kan kry om me­de­din­gend te blý. Nam­po is in kri­sis­tye soos dié (met die droog­te), ook ’n wek­roep vir boe­re om aan te pas na ’n la­er ri­si­ko toe deur te di­ver­si­fi­seer vir gro­ter sta­bi­li­teit, deur by­voor­beeld ’n meu­le ook te be­dryf of ’n vee­voer­fa­briek.”

Co­bus sê Nam­po bied ook aan boe­re, wat al­mal in die­self­de pe­na­rie is, ’n kom­mu­ni­ka­sie­net­werk waar hul­le me­kaar raad kan vra.

“My pa het al­tyd ge­sê jou geld kan op­raak, maar net so­lank jou plan­ne nie op­raak nie. En hier, by Nam­po, kry boe­re plan­ne as hul eie aan die min kant raak.”

Men­se uit ste­de be­soek Nam­po ook toe­ne­mend en vol­gens Jo­han is dit om­dat ver­brui­kers wil sien hoe lyk ’n boer en boer­de­ry­me­to­des dees­dae.

“Hul­le is be­ïn­druk deur die teg­no­lo­gie en goed soos die reu­se­trek­kers en -stro­pers. Van­jaar speel die droog­te ook ’n rol – wan­neer die ver­brui­ker in Pick n Pay of Wool­wort­hs kom en hul­le sien die pry­se van pro­duk­te, of die skaars­ste daar­aan, be­sef hul­le die im­pak van die droog­te en waar die kos eint­lik van­daan kom.” “Ek wil net met die oog koop, Pa,” paai ’n tan­nie ’n ie­se­grim­mi­ge ou­e­ri­ge boer, waar­skyn­lik haar man, toe sy by die John Dee­re-win­kel en stal­le­tjie wil in­stap en hy brom hy het nie geld of lus vir die ver­trap­ping nie.

Hy oor­dryf nie as hy sê die John Dee­re-stal­le­tjie is ’n ver­trap­ping nie.

Die men­se maal soos ska­pe in ’n kraal en die kre­diet­kaar­te word ge­bruik soos daar kle­re, speel­goed, be­kers en wie weet wat nog – als met ’n John Deere­lo­go op – ge­koop word.

Een tran­sak­sie wat nie som­mer met ’n kre­diet­kaart af­ge­han­del kan word nie, is die aan­koop van die nu­we John Dee­re 9570RX. Dit is ’n mon­ster­ag­ti­ge, in­druk­wek­ken­de nu­we trek­ker van John Dee­re wat in Au­gus­tus in A­me­ri­ka be­kend ge­stel is.

Suid-A­fri­ka is een van die eer­ste lan­de bui­te A­me­ri­ka waar dié reus be­kend ge­stel is.

Vir Nam­po, en tot ein­de Ju­nie, is die 9570RX teen ’n spe­si­a­le aan­bod van R6,315 mil­joen be­skik­baar. Daar­na sal jy in die om­ge­wing van R8 mil­joen vir die trek­ker be­taal.

Reeds bin­ne die eer­ste 15 mi­nu­te ná die be­kend­stel­ling van die trek­ker, Dins­dag op Nam­po, is die eer­ste een be­stel.

Teen Don­der­dag was daar reeds 15 van dié die­ra­sies, wat vier rus­per­ban­de ( quad tracks) as wie­le het, be­stel.

Vol­gens Wes­sel Vi­sa­gie, ’n ver­koop­man wat die trek­ker smous, le­wer die trek­ker ’n ste­wi­ge 419 kW krag.

“’n Ge­mid­del­de trek­ker le­wer so 120 kW krag.”

Een van die boe­re wat erns­tig be­lang stel in die trek­ker, sê die reus sal ’n be­spa­ring van tot 25% op die­sel mee­bring.

Hy wil om ver­skeie re­des nie sy naam ge­noem hê nie.

“Daar waar ek boer, in die Wes­sels­bron-dis­trik, het ek hom no­dig om die grond diep los te maak. In an­der de­le van die land, soos in M­pu­ma­lan­ga, is dit nie no­dig om die grond so diep los te maak nie. En sy brand­stof­ver­bruik is goed. Jy kan die be­re­ke­nin­ge doen. As jy net vyf li­ter die­sel per hek­taar be­spaar op 4 000, 5 000 hek­taar of meer wat jy plant, hoe­veel geld gaan jy nie be­spaar nie?”

Vol­gens sy som­me, sê die boer, sal die trek­ker vir hom ’n 30%-ver­ho­ging in pro­duk­sie mee- bring.

“Ont­hou, die ding doen die werk van vier mid­del­slag-trek­kers. Dit be­te­ken jy moet vir vier diens­te be­taal, vier dry­wers be­taal.

“As die trek­ker 500 uur se werk doen, doen hy die­self­de werk in die 500 uur as wat vier mid­del­slag-trek­kers in 2 000 uur doen. Dis net lo­gies.”

Hy sê hy be­sef die aan­koop van die trek­ker ter­wyl daar ’n droog­te is, kan die wenk­broue laat lig, maar daar moet aan die toe­koms ge­dink word.

“Jy kan nie om­dat dit nou droog is, als laat staan nie. As dit vol­gen­de jaar re­ën? En be­ne­wens dit, word die pry­se wat ons vir ons graan­pro­duk­te kry deur die in­ter­na­si­o­na­le mark­te be­paal.

“Die e­nig­ste tool wat ons het om met graan­boe­re oor­see te kom­pe­teer, is om ons pro­duk­sie te ver­hoog. Dis die e­ko­no­mie van skaal,” sê die boer met sy grow­we hot­klou wat op een van die reu­se-rus­per­ban­de rus. Tus­sen die hon­der­de uit­stal­lers, on­der meer die boe­re­pa­ten­te, kos­stal­le­tjies en die muur van he­rin­ne­ring vir boe­re en plaas­wer­kers wat ver­moor is, skuil daar ’n in­te­res­san­te man: Tim Le­at­her­man, die uit­vin­der van die Le­at­her­man-ge­reed­skap.

Die ble­ke­ri­ge A­me­ri­ka­ner het al die pad ge­kom om men­se wat ’n Le­at­her­man het, of een by Nam­po koop, te ont­moet en hul stuk ge­reed­skap te gra­veer.

Die 67-ja­ri­ge Le­at­her­man, ’n op­ge­lei­de me­ga­nie­se in­ge­ni­eur, ver­tel hoe hy met va­kan­sie was in Eu­ro­pa en toe be­sef het, hy kort ’n knip­mes mét ’n tang. Te­rug in A­me­ri­ka het hy aan die werk ge­spring en pro­to­ti­pes van die be­faam­de Le­at­her­man wat ons van­dag ken, uit kar­ton be­gin sny, la­ter hout en uit­ein­de­lik me­taal. Dit het hom agt jaar ge­vat om die eer­ste Le­at­her­man te maak.

In 1983 het hy die eer­ste een ver­koop en daar­die jaar al­te­sa­me 200. Van­dag ver­vaar­dig sy fa­briek daag­liks 8 000 Le­at­her­mans.

En hoe­veel ver­koop hul­le el­ke dag?

“8 001,” skerts hy. “Ons is al­tyd ag­ter!”

Dit is die vier­de keer wat hy in Suid-A­fri­ka is en die twee­de keer by Nam­po.

Sy in­druk van Nam­po ver­woord el­ke be­soe­ker aan dié skou se in­druk: “It’s hu­ge. It is re­al­ly hu­ge. Next ye­ar I’ll be back,” sê hy in sy swaar A­me­ri­kaan­se ak­sent.

An­ders as ons re­ge­ring, be­sef die mees­te an­der A­fri­ka­re­ge­rings die be­lang­rik­heid van voed­sel­se­ker­heid.

Fo­to’s: CON­RAD BORNMAN

In­druk­wek­kend uit die lug: Nam­po, wat met ’n hand­jie­vol uit­stal­lers en be­soe­kers be­gin is, is van­dag die groot­ste in sy soort in die Sui­de­li­ke Half­rond.

Meer as 400 vlieg­tuie en he­li­kop­ters land en styg jaar­liks op by Nam­po.

Jim­my Tal­jaard van S­chwei­zerRe­ne­ke is van­jaar vir die tien­de keer by Nam­po.

Blaas­kans. Jo­han en Trui­da Voigt van Roo­de­poort skep a­sem met ’n fles kof­fie. Lie­na Mo­le­mi en Ma­ba­to Mo­a­nak­we­na van Rus­ten­burg laat rus ook die seer­ge­loop­te voe­te ’n bie­tjie.

Tim Le­at­her­man, die va­der van die Le­at­her­man, by van sy pro­duk­te op Nam­po.

’n Nam­po­be­soe­ker kyk na die na­me op die muur van he­rin­ne­ring vir ver­moor­de boe­re en plaas­wer­kers.

’n Reus­ag­ti­ge John Dee­re 9570RX­trek­ker wat in Suid­A­fri­ka op die Nam­po­oes­dag be­kend ge­stel is teen so­wat R6,3 mil­joen.

Laat­mid­dag ver­trek die vlieg­tuie en he­li­kop­ters een­een, net om mô­re weer te­rug te keer.

Jo­han Lox­ton, die or­ga­ni­seer­der van Nam­po die af­ge­lo­pe 20 jaar, en Co­bus van Col­ler, die voor­sit­ter van die Nam­pooes­dag­ko­mi­tee die af­ge­lo­pe vyf jaar. Nam­po is van­jaar vir die 50ste keer aan­ge­bied.

Drie mie­lie­boe­re het die Oes­dag in 1967 be­gin en steeds word daar mie­lies ge­praat. Klaas van Wyk van Jan Kemp­dorp be­kyk die ver­skil­len­de mie­lie­kul­ti­vars.

S­te­pha­nus de Beer van P­re­to­ria is ’n smul­paap wat die ver­soe­king van wa­ter­tand­so­sa­ties nie kon weer­staan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.