Sko­te klap oor U­ber; 5 ge­wond

Beeld - - Nuus - – Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

Drie me­tro­po­li­sie­be­amp­tes en twee U­ber-tax­i­be­stuur­ders is gis­ter bui­te die Sand­ton­se Gautrein­sta­sie be­seer toe me­ter­tax­i­be­stuur­ders op hul­le ge­skiet en hul­le met klip­pe ge­gooi het.

Max Co­hen, ’n woord­voer­der van die E­mer-G-Med­nood­diens, sê die Jo­han­nes­burg­se me­tro­po­li­sie het die si­tu­a­sie on­der be­heer pro­beer kry toe die me­ter­tax­i­be­stuur­ders die U­ber-be­stuur­ders om­streeks 12:30 in We­st­straat aan­ge­val het.

“Drie be­amp­tes en twee U­ber-be­stuur­ders is be­seer en op die to­neel be­han­del voor­dat hul­le na na­by­ge­leë hos­pi­ta­le ver­voer is,” sê Co­hen.

Min­stens twee mo­tors is ook be­ska­dig.

’n Groot ge­bied om die sta­sie is af­ge­sper ter­wyl die voor­val on­der­soek is.

Min­stens twee mo­tors is ook in die sker­mut­se­ling be­ska­dig, soos dié U­ber­taxi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.