Oud­Tuk­kie sterf op E­ve­rest

Wou punt oor vega­nis­te be­wys

Beeld - - Front Page - Pau­li van Wyk

’n Oud-Tuk­kie is Sa­ter­dag dood na­dat sy die piek van berg E­ve­rest be­reik het.

Dr. Ma­ri­sa (Ma­ria) S­try­dom (34) en haar man, dr. Ro­bert Gro­pel, het die af­ge­lo­pe agt jaar ber­ge op vyf vas­te­lan­de ge­klim en aan pad­wed­lo­pe deel­ge­neem.

Hul­le het hul hu­we­liks­her­den­king op 6 Mei in die Hi­ma­la­ja­berg­reeks ge­vier.

Ma­ri­tha S­try­dom het haar dog­ter se dood op Fa­ce­book be­ves­tig. “Ek is te plat­ge­slaan om te kom­mu­ni­keer,” het sy aan vrien­de en fa­mi­lie ge­skryf en ’n fo­to van haar met haar dog­ter op ’n ple­sier­boot ge­plaas.

Gro­pel het vol­gens sy pa, Heinz, pul­mo­nê­re e­deem wat ver­want is aan hoog­te­siek­te en is met ’n slee af­ge­bring. Hy sou per he­li­kop­ter na Kat­man­doe ge­bring word en dan per vlieg­tuig na Sin­ga­poer of Mel­bour­ne.

Die Mo­nash-sa­ke­skool in Mel­bour­ne, Aus­tra­lië, waar S­try­dom die laas­te paar jaar klas­ge­gee het, het vroe­ër van­jaar ’n ar­ti­kel ge­pu­bli­seer waar­in S­try­dom sê sy en haar man is al­bei vega­nis­te (dit wil sê hul­le eet geen die­re­pro­duk­te nie) en het die uit­da­ging daar­om aan­ge- pak. “Dit blyk men­se het die ske­we i­dee dat vega­nis­te on­der­voed en swak is,” het S­try­dom in die ar­ti­kel ge­sê. “Deur die Se­we Pie­ke te klim, wil ons be­wys dat vega­nis­te e­nig­iets én meer kan doen.”

Die Se­we Pie­ke ver­wys na die se­we hoog­ste berg­pie­ke op se­we vas­te­lan­de.

S­try­dom en Gro­pel, ’n vee­arts, het al Ki­li­man­dja­ro in Tan­za­nië, De­na­li in Alas­ka, A­con­ca­gua in Ar­gen­ti­nië en Ara­rat in Tur­kye ge­klim.

S­try­dom is oor­spronk­lik van P­re­to­ria, waar sy in 2003 ’n han­dels­graad aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria ver­werf het. Sy het Gro­pel in 2007 ont­moet en is in 2009 met hom ge­troud.

Sy het Sa­ter­dag b­lyk­baar tus­sen kamp 4 en 3 siek ge­word na­dat die groep van die piek na die la­er kam­pe ge­loop het, het die sjer­pa Pa­sang P­hoer­ba aan

The Gu­ar­di­an ge­sê. En­ke­le ure te­vo­re, op die Vry­dag, is die Ne­der­lan­der E­ric Ar­nold in die­self­de eks­pe­di­sie dood.

“Na­dat S­try­dom die piek be­reik het, het sy baie swak ge­voel en min e­ner­gie ge­had . . . dit is te­kens van die siek­te wat ’n s­kie­li­ke wis­se­ling in druk bo see­spie­ël (hoog­te­siek­te) mee­bring,” het P­hoer­ba ge­sê.

Hy het S­try­dom én Ar­nold se dood daar­aan toe­ge­skryf.

S­try­dom se fa­mi­lie het op die in­ter­net van haar dood ge­lees.

“Ek het ’n be­rig in Hi­ma­la­y­an Ti­mes ge­sien wat sê my sus­ter is op E­ve­rest dood en dit was die eer­ste woord wat ek daar­van ge­hoor het,” het S­try­dom se sus­ter A­let­ta Ne­w­man aan The Gu­ar­di­an ge­sê.

Die fa­mi­lie vrees nou ook vir Gro­pel se le­we. “Ek bid vir Rob se le­we,” het Ma­ri­tha ge­skryf.

Ma­ri­tha, wat in B­ris­ba­ne, Aus­tra­lië, woon, het op Fa­ce­book ge­de­tail­leer­de dag­boek ge­hou van S­try­dom en Gro­pel se be­we­gings, wat sy met be­hulp van die sei­ne van hul sa­tel­liet­foon ge­volg het.

Die tyd­ver­skil tus­sen B­ris­ba­ne en E­ve­rest is twee uur.

Vol­gens die tydlyn op Ma­ri­tha se Fa­ce­book het S­try­dom en Gro­pel die laas­te tog na die berg­piek op 19 Mei aan­ge­pak. Die sein het van half­pad tus­sen kamp 4 en die Hil­la­ry-punt (baie na aan die E­ve­rest-piek) ge­kom.

Die paar­tjie het die piek vol­gens P­hoer­ba be­reik en Ma­ri­tha het Sa­ter­dag 12:49 nuus oor hul be­we­gings ge­pu­bli­seer.

“Yay, het nou net ’n sein van Ma­ri­sa en Ro­bert se sa­tel­liet­foon ge­kry. Vol­gens die sein is hul­le te­rug by kamp 4!” het Ma­ri­tha ge­skryf.

Min het sy ge­weet haar dog­ter sou en­ke­le ure la­ter sterf.

Nog ’n Aus­tra­li­ër in S­try­dom en Gro­pel se eks­pe­di­sie, A­lys­sa A­zar (19), het die jong­ste mens ge­word wat die piek be­reik het.

S­try­dom en Ar­nold is die eer­ste sterf­ge­val­le se­dert E­ve­rest van­jaar weer vir toe­ris­te oop­ge­stel is. Al­le eks­pe­di­sies is in 2014 ge­kan­sel­leer toe 16 sjer­pas in ’n sneeu­stor­ting dood is, en weer in 2015, toe ’n 7.8-aard­be­wing Ne­pal ge­tref het. Die ge­volg­li­ke sneeu­stor­ting het 19 klim­mers by die ba­sis­kamp ge­ëis.

S­try­dom het voor haar ver­trek na E­ve­rest ge­sê sy sal waar­skyn­lik die mees­te uit­sien na ’n warm stort wan­neer sy van die berg af te­rug­keer.

“En dan, af­han­gend van of ons die piek be­reik (net 30% van die po­gings is suk­ses­vol), sal ek se­ker­lik na ’n nu­we a­von­tuur soek, dalk om E­ve­rest weer uit te klim of om die berg Vin­son in Ant­ark­ti­ka te be­soek.”

)

Dit blyk men­se het die ske­we i­dee dat vega­nis­te on­der­voed en swak is. Deur die Se­we Pie­ke te klim, wil ons be­wys dat vega­nis­te e­nig­iets én meer kan doen.

Sy het ’n mooi stem. Be­heers­te, ge­po­leer­de en fout­lo­se sin­ne spoel oor haar lip­pe.

Dit is as­of Cathy O’Do­wd (48) in die stem­op­na­me wat sy ge­maak het om my vrae te be­ant­woord bot­ter sny, so mak­lik is dit vir haar.

Dit is al ja­re se­dert sy ge­skei is van Ian Wood­all, die eks­pe­di­sie­lei­er wat 20 jaar ge­le­de in Maart tot Mei 1996 die eer­ste span van Suid-A­fri­ka na E­ve­rest ge­lei het.

Sy woon nou al­leen en ge­luk­kig in La Massa­na, An­dor­ra, tus­sen Frank­ryk en S­pan­je, waar sy na­by ber­ge is waar sy kan klim en ski.

Dees­dae is sy a­von­tu­rier, berg­klim­mer en mo­ti­ve­rings­pre­ker – wat “net met groot in­ter­na­si­o­na­le maat­skap­pye oor span­di­na­mi­ka praat. Eer­lik­waar, die mees­te span­ne ver­krum­mel om­dat hul­le met me­kaar ver­skil en swak keu­ses ge­maak word,” sê sy.

Dalk is dít wat op E­ve­rest ver­keerd ge­loop het wat tot die dood van die B­rit­se fo­to­graaf Bru­ce Her­rod ge­lei het? Die lys van aan­ty­gings – oor meer as net Her­rod se dood – ver­al oor Wood­all se lei­er­skap en on­min tus­sen die span­le­de, is ge­noeg ma­te­ri­aal vir ’n ja­re lan­ge hof­saak.

Ver­skeie boe­ke is al daar­oor ge­skryf.

Die on­min het on­der meer daar­toe ge­lei dat Sun­day Ti­mes sy borg­skap reeds ten ty­de van die eks­pe­di­sie ont­trek het. Nog voor­dat die span by die ba­sis­kamp (op 5 200 m) aan­ge­kom het, het ver­hou­dings ver­brok­kel en dr. C­har­lot­te No­ble (die span­dok­ter), Andrew de K­lerk, An­dy Hack­land en Ed­ward Fe­bru­a­ry het huis­waarts ge­keer. Net Ian, Cathy, Des­hun Dey­sel, die kamp­be­stuur­der P­hil­lip Wood­all (Ian se broer) en Bru­ce Her­rod het oor­ge­bly.

’n Paar klim­span­ne het op 10 Mei 1996 pro­beer om E­ve­rest se kruin te be­reik, die Suid-A­fri­kaan­se span ook, maar die SuidA­fri­ka­ners het te­rug­ge­draai toe die weer erg guur ge­word het. Uit­ein­de­lik is agt men­se daar­die dag dood.

Dey­sel het la­ter siek ge­word en het ook be­sluit om op 22 Mei te­rug te keer na die ba­sis­kamp.

Op 25 Mei het Ian, Cathy, Bru­ce en die sjer­pas weer ’n po­ging aan­ge­wend.

Ian het die kruin net voor 10:00 be­reik en Cathy 10:20. Drie van die sjer­pas het ook tot bo ge­klim.

Maar Bru­ce het ag­ter­ge­raak en lui­dens be­rig­te het hy die kruin 17:00 be­reik. Van daar het hy per ra­dio met sy span­le­de ge­praat, maar hul­le het nie weer van hom ge­hoor nie.

Tot van­dag toe weet nie­mand wat van hom ge­word het nie.

“Ek is nie se­ker of nog iets oor Bru­ce ge­sê kan word nie . . . Ja, dit is ’n tra­ge­die. Dit is een van daar­die din­ge in my le­we waar ek wens ek kon die tyd te­rug­draai en die uit­ein­de ver­an­der. Dit het so am­per goed af­ge­loop,” sê Cathy.

Maar daar is g’n waar­borg in die le­we nie, voeg sy by.

Sou sy in 1996 e­nig­iets an­ders ge­doen het?

“Ek wens ek het meer ver- troue in my­self ge­had en meer moed om op te staan vir my­self te mid­de van aan­slae.

“As ek te­rug­kyk, moes ons dalk har­der pro­beer het om hom te oor­tuig om nie op sy eie voort te gaan nie; ek het nie die te­kens ge­sien dat hy nie be­hoor­lik in staat was om be­slui­te te neem nie. Ek ver­staan eg­ter hoe­kom hy aan­ge­hou het.”

Baie men­se bla­meer Ian, met wie sy toe nog nie ge­troud was nie, maar sy meen men­se dink ’n eks­pe­di­sie­lei­er het ab­so­lu­te be­heer oor men­se.

“Dit is ’n sport en ons het ge­kies om dit te doen, om ons le­we in ge­vaar te stel. Ons kon ’n Eer­ste vir Suid­A­fri­ka: Ian Wood­all (36), span­lei­er van die 1996­ Suid­A­fri­kaan­se eks­pe­di­sie na E­ve­rest, en Cathy O’Do­wd (28). Hy het die kruin op 28 Mei 1996 net voor 10:00 be­reik en Cathy 10:20. Dié eks­pe­di­sie is in om­stre­den­heid ge­hul weens be­weer­de on­min tus­sen die span­le­de en die dood van die eks­pe­di­sie­fo­to­graaf Bru­ce Her­rod, wat die kruin eers 17:00 be­reik het. Hy het per ra­dio met hul­le ge­praat, maar is daar­na dood. voor­af be­sluit het nie­mand gaan op sy eie nie, maar daar is baie wat ver­keerd kan gaan op ’n berg en net om ie­mand langs jou te hê, is geen waar­borg nie. Selfs al be­sluit jy nie­mand gaan al­leen nie, kan men­se al­tyd la­ter an­ders be­sluit.”

Wat op die berg en daar­na ge­beur het, al die kri­tiek – het haar le­we ná die eks­pe­di­sie ge­vorm. Dit het daar­toe ge­lei dat sy ber­ge op ses vas­te­lan­de gaan klim het.

Sy is nou nog die eer­ste vrou wat E­ve­rest se kruin van so­wel die noor­de (25 Mei 1996) en sui­de (29 Mei 1999) be­reik het.

“Ek het ge­leer om in die o­pen- baar te mis­luk, is nie die ein­de van die wê­reld nie.”

Die kri­tiek was vrees­lik, maar la­ter het sy be­sef daar skuil boei­en­de ge­leent­he­de in wat ge­beur het.

“Ek oor­deel dit (die kri­tiek) vir wat dit is, waar dit van­daan kom en of dit waar is. Is dit op­reg as dit van ie­mand kom wat nooit van jou gaan hou nie? Nie al­le kri­tiek word om ’n goeie re­de ge­le­wer nie.”

Sy is weer te­rug na E­ve­rest – vier keer. En op een so ’n tog het sy en Ian op Fran­cys Ar­sen­tiev af­ge­kom.

Fran­cys was die eer­ste A­me­ri­kaan­se vrou wat die kruin son- Sou s­pan­werk háár ge­help het? Cathy O’Do­wd woon dees­dae in An­dor­ra. Haar jong­ste eks­pe­di­sie was na die berg Lo­gan, wat die hoog­ste berg (5 959 m) in Ka­na­da is. Sy is ook ’n mo­ti­ve­rings­pre­ker vir in­ter­na­si­o­na­le maat­skap­pye om men­se te help om be­ter in span­ne saam te werk. der die ge­bruik van ’n suur­stof­hou­er be­reik het, maar met die af­kom­slag het sy in­me­kaar­ge­sak. Dit was in 1998.

“Toe ons op 8 400 m op haar af­kom – ons was op pad boon­toe – was sy reeds ster­wend. Ons kon haar nie red nie. Men­se won­der hoe­kom ’n mens nie méér doen nie. Jy kan nie, daar is geen berg­red­ding of ie­mand wat jou kan uit­vlieg nie.

“Maar (die) Fran­cys(-er­va­ring) was vir my moei­lik, se­ker om­dat sy ’n vrou was. Ek weet dit moe­nie ’n ver­skil maak nie, maar dit is vir my soos ’n spie­ël van my eie er­va­ring. Dit was ’n aak­li­ge er­va­ring.”

Hul­le kon haar nie suur­stof gee nie, want haar mas­ker het nie op hul bot­tels ge­pas nie; en ’n paar teue sou nie help nie. Daar was geen ra­di­o­kon­tak nie.

Hul­le het haar daar ge­los na­dat hul­le ’n uur by haar ge­staan het.

Sy kon praat. Sy het ge­sê: “Moet my nie los nie,” het Cathy in haar boek Just for the Lo­ve of It ge­skryf.

Na­dat “dit ge­lyk het of sy weg­ge­gly het in be­wus­te­loos­heid” is hul­le ná ’n lang ge­sprek oor wat om te doen saam met sjer­pas berg­af daar weg. Fran­cys is al­leen dood. Dit laat ’n mens won­der: Sal jy ’n ge­vaar­li­ke berg saam met Cathy gaan klim? )

Ma­ri­sa S­try­dom en haar man, Ro­bert Gro­pel, in 2015.

Le­de van die ramp­spoe­di­ge E­ve­resteks­pe­di­sie klim teen die piek op. Ma­ri­sa S­try­dom en E­ric Ar­nold is kort hier­na dood.

Ma­ri­sa S­try­dom en haar ma, Ma­ri­tha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.