Dié wat werk ver­loor se skuld dalk af­ge­skryf

Beeld - - Front Page - – Jan Ger­ber

Kaap­stad. – Die ANC wil ’n een­ma­li­ge pro­gram van skuld­kwyt­skel­ding vra vir men­se wat hul werk ver­loor.

“Ons wil nie die he­le e­ko­no­mie in duie laat stort nie,” het Jo­an Fubbs, ANC-LP en voor­sit­ter van die ANC-stu­die­groep oor han­del en ny­wer­heid, ge­sê.

Die fo­kus gaan groot­liks op on­ver­ant­woor­de­li­ke le­nings wees.

Fubbs het in ’n ver­kla­ring ge­sê die on­lang­se af­na­me in kom­mo­di­teits­pry­se en “an­der wê­reld­wye fak­to­re het die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie ne­ga­tief ge­raak”, wat daar­toe lei dat ver­skeie sek­to­re wer­kers moet af­dank.

Baie la­e­in­kom­ste­wer­kers wat ont­slaan is, het on­ge­se­ku­reer­de en kort­ter­myn­le­nings, maar nie ba­tes nie. Daar­om vra die ANC vir ’n een­ma­li­ge skuld­k­wys­t­skel­dings­pro­gram om al­le men­se wat uit diens ge­stel is, te help.

“Daar moet oor­weeg word om die oor­skot­te van staat­sen­ti­tei­te te ge­bruik en om le­ners aan te moe­dig om vry­wil­lig aan die pro­gram deel te neem.”

Vir le­ners wat kre­diet on­ver­ant­woor­de­lik toe­ge­staan het, het Fubbs nie veel sim­pa­tie nie.

“Dit is soos om te sê jy moet my boe­te be­taal om­dat ek ’n rooi lig ver­keers­lig ge­ïg­no­reer het.”

Fubbs meen ook die Na­si­o­na­le K­re­die­tre­gu­leer­der (NKR) moet ver­sterk word. Die NKR moet die le­nings van af­ge­leg­de wer­kers on­der­soek en dié wat roe­ke­loos toe­ge­staan is, i­den­ti­fi­seer.

Dr. Rob Da­vies, mi­nis­ter van han­del en ny­wer­heid, gaan nou met ’n wye kon­sul­ta­sie­pro­ses be­gin om die moont­lik­heid van so ’n skuld­kwyt­skel­dings­pro­gram te on­der­soek en die wet­ge­wing aan te pas om die NKR se mag­te te ver­sterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.